Page 1 of 1

Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 9:26 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.
Ek smaak van lê en skiet en lang tye in die son veroorsaak gewoonlik dat ek met rooi ore by die huis kom. ;D 'n Pet is nou wel modern en astrant, maar my twee skotteltjies steek uit en vang meer as klank op.

Ek het my dus na een van Sniper se hoedens gewend en dit werk verseker, maar die pap rand is alewig in die teleskoop se pad. Ek voel soos 'n dekselse Pop-Idol wat alewig sy kuif uit sy oë moet vee.

So wandel ek deur daai buitelug winkel wat ook geld vir Bool gee, toe ek so 'n stywe rand hoed, bedruk met blare gewaar. Net die ding vir Sannie. Teen R500.00 kan daai winkel en Bool mekaar loop vry, maar ek het eers daai hoed mooi bevoel en bekyk.

Terug by die huis het my Trokkie se opvou sonskerm een van sy drade geskenk. Mamma sit nou pal aan die warm kant, maar ek sal vandag 'n nuwe aanskaf. R39.00 by game.

So maak mens:

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20150425_132243.jpg

Vyl die draad se punt tot skerp en druk by voerring in.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20150425_132345.jpg

Wees maar versigtig en geduldig. So lyk die finale produk.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20150425_140801.jpg

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 9:44 am
by Wanna
Uitstekende plan.

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 10:10 am
by Heinz Petersen
Flink gedink.
Wonder hoe die eind produk sou lyk as jy en Oom Pieter dit saam ontwerp het. Daai hoed sou seker kon draai soos n waaier hier bo jou kop.
Soos die gesegde loop, jy kan nie altyd n ander man se kind grootmaak nie :)

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 2:18 pm
by PWV
Daai hoed kos nou net R539.00.
7mm-Inisiatief!!!!

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 2:57 pm
by Gian_dP
Blink plan! Gaan dit verseker probeer

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Sun Apr 26, 2015 11:32 pm
by theedge
Dankie maat sal hom try

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 12:29 am
by Hein M.
As jy nou daai gemodifaaide hoed styf genoeg oor jou kop trek kan jy dalk "kopverloor" of airborne raak as die wind sterk genoeg waai... ++>:

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 11:08 am
by Cobus(Cobb)
Hierdie een weer se rand waai terug as jy agter op bakkie ry of wind effe waai, weetnie wat ek met hom kan doen nie.

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 11:20 am
by PWV
Cobus, 'n hoed is nie vir wind gemaak nie!
As jy 'n kep agterstevoor opsit, waai hy darem nie af nie.
Ek gebruik 'n kep met flappe aan die kante wat my nek teen sonbrand beskerm. Ek jag al jare met hom en hy is ook wild-vriendelik ;)

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 2:06 pm
by Gawie(13mm)
australian-cork-hat-studio-cutout-31725429.jpg
Cobus, miskien so iets. Vervang die proppe met sinkers >:+

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 2:12 pm
by joe rocket
Gawie(13mm) wrote:
australian-cork-hat-studio-cutout-31725429.jpg
Cobus, miskien so iets. Vervang die proppe met sinkers >:+


Skerp vandag. Blink plan wat jy daar gemaak het.

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 2:16 pm
by pietbak
Is daar regtig nie 'n skietbaan naby julle nie, julle lyk verveeld. :laugh:

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 2:35 pm
by Gawie(13mm)
300 rondtes vir die maand. Ek mag Vrydag weer skiet ;D .

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 3:38 pm
by Cobus(Cobb)
PWV wrote: As jy 'n kep agterstevoor opsit,
....dit is die Amerikaanse/Nigro weergawe van 'n hare kam in jou lang kous, dan nie??

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Mon Apr 27, 2015 10:03 pm
by theedge
Cobus(Cobb) wrote:
PWV wrote: As jy 'n kep agterstevoor opsit,
....dit is die Amerikaanse/Nigro weergawe van 'n hare kam in jou lang kous, dan nie??
Daai man beskerm sy nek lol

Re: Houding vir jou Sniper boshoed.

Posted: Tue May 24, 2016 8:13 pm
by DMLubbe
Ek like daai plan dankie