Page 1 of 1
Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 12:47 pm
by Gerhard
Ek het laas week groot skade gehaad deur dat ek my Leatherman Wave verloor het wat ek al sedert 2004 saam met my dra.
Ek moet dringend kyk na n nuwe leatherman.
Wat sal julle voorstel moet ek na kyk.
Weer die Wave ?
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 12:51 pm
by James Wilson
Die wave 2.
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 12:56 pm
by Gerhard
Wat is die verskil tussen die 2 modelle ?
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 1:09 pm
by Hein M.
Gerhard
Ek het 'n Sleletool CX. Fantasiese mes, kleiner tang en skroewedraaiers. Nie so groot soos die Wave nie, maar ook nice. Die Wave is egter die beste tool omdat hy meer funksies het.
Hein M
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 3:54 pm
by DWB
There can be only one... WAVE
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 10:10 pm
by Foxcreek
Die Leatherman MUT(Millitary Utillity Tool) is baas.
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 10:58 pm
by JPS
DWB wrote:
There can be only one... WAVE
Moet Saamstem, het myne ook al vanaf 2004 en nog geen steke met hom nie.
Re: Leatherman multi tool
Posted: Tue May 03, 2011 11:24 pm
by Rfourie
Die military tool het spanners by wat net op n AR15 Pas, ek kan dus geen rede sien hoekom iemand in sa dit sal koop nie!
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 7:09 am
by blaser
SMK
MOENIE SO SEKER WEES NIE DAAR IS WEL OUENS WAT DIE R15 HET
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 7:19 am
by Gerhard
Die MUT is beskikbaar vir R2200 en die Wave 2 vir R1000...
Vir alle praktiese redes wen die Wave 2.
Wie gebruik die Wave 2 en wat is anders op hom as die oorspronklike Wave?
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 8:41 am
by DWB
Die Wave 2 het 'n kleiner sker, maar hy is baie sagter op die hande, dis soos om die ou supertool te gebruik wat jou hande weggekou het en dan die nuwe wave vas te vat....
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 4:35 pm
by Stefan764
hey hey hey, stadig maat, daai supertool is baas.......
Myne kannidood... Het nog die harde dik leersakkie
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 4:47 pm
by DWB
My tool le in die kluis, het net een keer amper my vinger afgesny met die blade wat nie haak nie....
Dis oor jy nie 'n wave het dat jy nog in die ou dae leef

Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 5:59 pm
by Gerhard
Stefan764 wrote:
hey hey hey, stadig maat, daai supertool is baas.......
Myne kannidood... Het nog die harde dik leersakkie
Om jou n idee te gee...
Ek moes my eerste leer sakkie vervang omdat hy deur geskuur het so baie ek hom gedra het...
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 6:02 pm
by Geno
Wat van die Supertool-300?
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 6:11 pm
by Plasmodium
Ek het die surge, en dis 'n BUL van 'n tool.
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 6:24 pm
by Monrique (SJ)
Ek het die FUSE met n leer sakkie 5jaar terug gekry as geskenk.
Maar ek moet bieg ek het die tool seker nog net 3 keer gebruik. Is te jammer vir hom. Gaan hom wragtig nou begin gebruik.
Groetnis
Re: Leatherman multi tool
Posted: Wed May 04, 2011 6:52 pm
by Foxcreek
Ek het 'n Supertool en 'n Charge. Altwee se tange se kake het dubbel gevou toe ek nommer agt draad geknip het. Die MUT sny daai draad soos 'n "paperclip". Myne werk hard, elke dag op die plaas. VIr my is die MUT baie harder as sy sagter klienboeties (wat my ook goeie diens gegee het).
My MUT het my R1600-00 uit die sak gejaag.
Re: Leatherman multi tool
Posted: Fri May 06, 2011 11:34 pm
by thys 3006
Plasmodium wrote:
Ek het die surge, en dis 'n BUL van 'n tool.
Surge skop die wave 1&2 se gatte 10/0
Ek het al 3 maar surge loop sam met my kerk en werk toe
Re: Leatherman multi tool
Posted: Sun May 08, 2011 9:29 am
by Robert
Ek het my Super tool in 1998 gekry en het hom elke dag gedra en mee gewerk D K W
Ek het hom jaarliks op skoue laat diens by Leatherman stalletjies en vrydag op Upington skou moes ek hoor dat my "toolbox" out dated is en nie meer gemaak word nie.
Hulle maak nie meer sy parte nie. Ek was teen die grond
Die man haal toe 2 ander toolboxe uit , die supertool 200 en die 300. Ek sien al hoe loop u beursie leeg en die brno moet oorstaan tot volgende keer

Die ou se my toe as ek R100-00 gee kan ek upgrade na die S\t 200 en as ek R200-00 gee upgrade ek na die Supertool 300. Nutteloos om te se ek is die eienaar van 'n natnuwe SUPERTOOL 300.
My toolbox werk bitter hard en loop elke dag saam met my. Krippe regmaak en droppers insit tot die Mahindra op die pad hou. Na 13jaar diens het ek oue in geruil vir n seksy model.
Robert
Re: Leatherman multi tool
Posted: Sun May 08, 2011 10:15 am
by Gerhard
Robert wrote:

Robert,
Dis mos nou kliente diens!!!
Geniet hom !!!
Re: Leatherman multi tool
Posted: Sun May 08, 2011 10:29 am
by Monrique (SJ)
Robert
Daai is mos n bargain my maat. Geniet daai terdee.
Groetnis
Re: Leatherman multi tool
Posted: Mon May 09, 2011 6:09 pm
by Hein M.
Robert wrote:
Ek het my Super tool in 1998 gekry en het hom elke dag gedra en mee gewerk D K W
Ek het hom jaarliks op skoue laat diens by Leatherman stalletjies en vrydag op Upington skou moes ek hoor dat my "toolbox" out dated is en nie meer gemaak word nie.
Hulle maak nie meer sy parte nie. Ek was teen die grond
Die man haal toe 2 ander toolboxe uit , die supertool 200 en die 300. Ek sien al hoe loop u beursie leeg en die brno moet oorstaan tot volgende keer

Die ou se my toe as ek R100-00 gee kan ek upgrade na die S\t 200 en as ek R200-00 gee upgrade ek na die Supertool 300. Nutteloos om te se ek is die eienaar van 'n natnuwe SUPERTOOL 300.
My toolbox werk bitter hard en loop elke dag saam met my. Krippe regmaak en droppers insit tot die Mahindra op die pad hou. Na 13jaar diens het ek oue in geruil vir n seksy model.
Robert
Leatherman se nadiens is uitstaande. Daardie rande spandeer is regtig baie jare se goeie diens werd. Ongelooflik!
Gerhard
Jy het nie dalk versekering nie? Moontlik help hulle met 'n paar rand?
Hein M