Page 1 of 1

Teleskoop monteer navraag

Posted: Sat Apr 25, 2015 9:30 am
by Jacquesb
Hi almal.
Ekt verstelbare staal Lynx basisse op my 30-06.
Die teleskoop is reeds op sy verste agter gemonteer.

Met die nuwe langer kolf sien ek nou dat die teleskoop te ver voor sit vir n gemaklike skietposisie.

Vraag: Is die montering van n picatini die enigste manier om die scope terug te skuif as ek nie n langer teleskoop opsit nie?

Wat is my ander opsies?

Ek vra verskoning dat my aksie en scope so vol stof is, maar ek is nog besig met pas en skuur.

Dankie vir die raad.

Groete
Jacques

Re: Teleskoop monteer navraag

Posted: Sat Apr 25, 2015 9:57 am
by tripodmvr
Weet nie of jy "off-set" basisse sal kry wat jy voor kan sit om dan beweging na agter moontlik te maak nie. 'n Rail kan dan die maklikste wees om verskuiwing moontlik te maak.

Re: Teleskoop monteer navraag

Posted: Sat Apr 25, 2015 6:03 pm
by Jacquesb
Dankie oom Marius.

Sal bietjie rondshop.

Re: Teleskoop monteer navraag

Posted: Mon Apr 27, 2015 10:59 am
by henka
More ek het die selfde probleem met my 1 geweer gehad het toe sy kolf korter laat maak my 300 se kolf moet ook gan

Re: Teleskoop monteer navraag

Posted: Mon Apr 27, 2015 9:42 pm
by vbd
Lynx maak n verlengde voorste basis, sodat die knoppie basies aan die agterkant van die twee monteer skroefies sit.