Page 1 of 2

Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Wed Apr 22, 2015 4:54 pm
by Hein M.
Nog meer druk op boere -en beheermetodes >:(

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-04-2 ... r3sw%3D%3D

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Wed Apr 22, 2015 6:59 pm
by Dewitt
Ek is lus en sit 'n paar foto's op van lammers wat gebyt en verskeur is dat hul kan sien hoe lyk roofdier vriendelike vleis, maar dit sal seker weer baie reaksie uitlok uit verkeerde oorde.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 10:39 am
by Mac
Roofdier vriendlikke vleis is mos makklik, laai net die karkasse af in hulle vleis afdeling van diere wat gevang is deur roofdiere. Dit is mos roofdier vriendlik, of hoe?

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 1:53 pm
by Jassie
Mac

Jy's 100% reg, ons het hulle die hele tyd net verkeerd verstaan!

Groete
JAS

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 4:36 pm
by Bakkies303
Jou plaas moet net so roofdier vriendelik wees soos hulle slagpale skaap vriendelik is. Alles kom op hulle eie bene daar in en gaan agter op 'n bakkie daar uit.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 4:42 pm
by ROBBIE1
Dit is so belaglik mens kan dit amper nie glo dat sulke strond in die media geplaas word nie, wys jou hoe mi weet die klomp klot koppe van boer af!

Hulle moet dalk meer insek en knaagdier vriendelik word. Die air curtains by die deure afsit, die gogga vangers en pest controle stasies wat rot pille voer verwyder, en kyk wat bly van hulle vars produkte, bakery, deli en slaghuis oor as mens net alle beheer maatreels afskaf!!

Verder kan hulle ook die alarm stelsel by die uitgang verwyder, hulle CCTV kameras uithaal, want as n jakkals n skaap mag vang, kan ou Piet wat in pyp 6 in Danville slaap, mos maar n gaar hoender ook hak om vanaand kos te he.....

LMGA.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 5:00 pm
by Geno
//images.tapatalk-cdn.com/15/04/23/4f8f833474231b1b8432544aefe6e177.jpg

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Thu Apr 23, 2015 5:04 pm
by Xplicitly
Ek verstom my aan hoe ons wereld waansinnig raak en uitrafel. As meer korporatiewe idiote hul hande wil vuil kry en kom sien waaroor dit werklik gaan sal hul minder tyd he om sulke str@nt uit te dink.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 6:07 am
by tripodmvr
Hier is 'n berig vanaf 'n Ozzie forum oor honde se impak op hul boerderye. Jakkalse is maar wilde honde en daarom wys hierdie berig op die onpraktiese redenasie dat roofdier en prooi saam kan bestaan sonder inter aksie.

850 wild dogs captured in three years on 150,000 hectares in western Queensland


A professional trapper has caught 850 dogs in the last three years on eight properties in western Queensland, an area of about 150,000 hectares.

Chris Egerton is from Hanley, north-east of Barcaldine, one of the properties involved with a syndicate of neighbours that has employed a full-time trapper.

Mr Egerton said wild dogs forced him to change his grazing operation.

"At the moment, we run 50/50 sheep and cattle. We were a total sheep production up until about 20 years ago but wild dogs shifted that," he said.


"We had to introduce cattle into the areas where the dogs were taking the most production away from us, so now we have half and half sheep and cattle, but we are struggling with the sheep at the moment the dog problem is still there.

"When I first went to work at Hanley, we had 11,000 sheep. That has gradually been reduced over the years to about 3,000 now.

"The wild dogs weren't just killing. They were separating the ewes from the lambs and the lambs were dying. It was an ongoing issue."

He said the issue was so bad they had to do something immediately.

"Three or four years ago a few of us got together and said 'we have to do something about this, we have to stop this dog invasion'," he said.

"So a syndicate of eight properties got together and employed a full-time trapper, who started three years ago.

"The first year he trapped my place, Hanley, he got 88 dogs and that has gradually reduced in the last 12 months. He is down to about 15 now.




We found that putting a professional trapper on has reduced the problem down to where it is manageable, right now we feel like we are on top of the dogs to a certain extent.

Western Queensland grazier, Chris Hanley


"But the overall dog scalpings he has taken off the majority of the places [in the syndicate], about five places, has risen to about 850 dogs."

Mr Egerton said because of the trapper, the dogs were now at a manageable level.

"He [the trapper] has made a terrible difference to our sheep operation. We can actually run sheep now without having the decimation that was there before," he said.

"It was something that we had to do to move ourselves now into this fencing era.

"Now we may be able to get into some cluster fencing and do the job properly."

Mr Egerton believed trapping was the most effective method of controlling wild dogs

"Trapping is the only way if you want to get rid of dogs," he said.

"Bating is an option, but it is a very marginal tool to use. In high density areas, you may get some results, but we baited for 20 years with no results.

"We found that putting a professional trapper on has reduced the problem down to where it is manageable now.

"We weren't getting those results before.

"Right now we feel like we are on top of the dogs to a certain extent."

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 7:35 am
by Hein M.
;)

Baie dankie Tripod vir die insiggewende post. Dit vanuit Aus. - 'n super eerstewêreldland met hoë waardes.
Ek kan nie verstaan wat Woolies probeer bereik met hulle eng benadering nie...

Die enigste iets waaraan ek kan dink is om die groenes se guns probeer wen. Hulle wil duidelik die hoë-inkomstegroep se harte wen met hulle benadering... Ek dink net dat hulle hulle mark onderskat - en dat dalk kan boemerang...

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 8:16 am
by Gawie(13mm)
Woolies se woordvoerder is vandag in die Burger aangehaal deur te sê dat hul nie nét "roofdier-vriendelike" skaapvleis gaan bemark nie. Hy is ook nie seker wanneer die eerste van die tjoppe op die rakke gaan verskyn nie. Hy erken dat Dr. Bool en se adjudante al die eer vir die inisiatief moet kry.

Onthou net dat rekenmeesters net na die profyt kyk op papier. Dit is vraag en aanbod. Ek dink daar is maar min mense wat nie aan 'n R80.00 se saal-tjop sal wurg nie. ;D

Vir my is dit net soos "free range" produkte; die dier word nog steeds doodgemaak sodat ons hom kan eet. Ek hou ook nie daarvan dat dier ly nie, maar om agter elke skapie aan te loop en die roofdiere te verjaag gaan nie werk nie. Die skapies gaan dus in klein kampies aangehou word soos hoenders in batterye en oor tien jaar maak Landmark daarteen kapsie.
Volhoubare werkskepping vir die ridders teen alles wat boos en sleg is in die wereld. >:D

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 8:46 am
by joe rocket
Dit is n sales pitch vir die groenes. Dit geld ook vir hulle organiese groente en free-range hoender. As daar siektes is dan spuit hulle. En die hoendertjies loop so n paar uur buite dan weer hok toe. Hulle vra mos duurder vir free range en organiese produkte

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 11:13 am
by Francois Hugo
Goeie dag almal,

Ek moet erken toe ek die berig in die koerant lees, dat ek regtig begin wonder het wat met ons as 'n samelewing aan die gang is?? Lyk my of ons die werklikheid van hoe dinge werk aan die verloor is??

Terug by die roofdier vriendelike vleis. Ja ek stem saam daar is praktyke wat na my mening nie erg gaaf is nie.... Maar in die lewe is daar altyd 'n maar of twee.....

Indien die vleis produsent nie sy diere beskerm teen ongediertes nie, moet die gemiddelde groente en vrugte boer dan nie ook nie meer chemiese middels spuit ter beskerming van sy oes nie?? Ons ou dorpenaars moet dan ook nie meer ons huis en haart beskerm nie teen insekte, rotte en sommer terwyl ek op 'n ""roll" is teen booswigte nie????

Nee kyk ek neem aan daar is 'n premie op die klas van vleisie vir die produsent wees, maar of dit werklik die skade werd sal wees betwyfel ek ten sterkte.

Wel ek weet darem dat my roofdier onvriendelike tjoppie erg lekker smaak, daardie premie gelaaide en heel waarskynlik "skelm" roofdier vriendelik verklaarde tjoppie, sal so effens swaarder afgaan, want Woolies sal sy sy minstens 50% op karkas gewig by reken voordat snitte se prys bepaal word!!!! :): So ek neem aan die produsent sal maar weer al die risko dra en die Woolies klant sal BETAAL!! :'(

Groete uit die Namakwaland en lekker roofier onvriendelike tjoppies eet die naweek!!!

Francois Hugo

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 11:43 am
by Dirkvh
Sal vir Woolies moet kontak, my pa se skape is ALMAL roofdier vriendelik!!! Nie EEN van sy lammers het al ooit 'n jakkels of rooikat seergemaak nie!!!

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 11:49 am
by Frikkiedbr
http://landbou.com/nuus/woolies-soek-ro ... ike-vleis/

"As ons boere kan oortuig die vriendeliker metodes help om die delikate balans in die omgewing te bewaar én dit maak finansiële sin, sal ons binnekort wildvriendelike lamsvleis op ons rakke hê." ( Ja nee die dorps mense weet nie wat daar buite gebeur op die plaas nie.)

"Mnr. Harry Prinsloo, nasionale voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Roofdierbestuursforum (RBF), was nie bewus van hierdie projek nie, maar meen die doelwitte sal dieselfde wees as wat die wolskaapbedryf se kode vir beste praktyke voorskryf: "Wat my betref, is al ons vleis eintlik roofdiervriendelik omdat ons dié kode nastreef."

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 11:51 am
by Frikkiedbr
Dirkvh wrote:Sal vir Woolies moet kontak, my pa se skape is ALMAL roofdier vriendelik!!! Nie EEN van sy lammers het al ooit 'n jakkels of rooikat seergemaak nie!!!
Goeie een Dirk hahaha

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 5:26 pm
by DinoF
Dit is duidelik dat nie een van die knape met die slim planne maak al ooit vir langer as n naweek op n plaas was nie.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 7:11 pm
by tripodmvr
Die mens meng in met die natuur van die koms van die mens hier op aarde.

As jy nou groen wil dink dan :-

Bees en skaap het die konflik veroorsaak en dat die wild en roofdier uitgeskiet is - as jy dan nou werklik groen wil wees moet jy die bees en skaap wegmaak wat die wild en roofdiere se probleme veroorsaak het.

O hel, waar kom ons tjoppie nou vandaan??????

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 9:26 pm
by theedge
ek noem daai skape net canned sheep

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Fri Apr 24, 2015 10:20 pm
by Hein M.
;)

Volg die voorbeeld. My tjop vannaand was ook nie roofdier vriendelik nie...

http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/Tjop.jpg

F#k Woolies...

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Sat Apr 25, 2015 2:00 pm
by bertie
woolies se dit maar net vir 'n sekere tipe koper wat sulke goed wil hoor. ons skaap gaan meestal vir woolies, ons kry r1 per kilo meer as ons aan hulle verkoop. al voorwaardes is dat hulle nie gemule mag word nie, nie in voerkrale mag wees nie, nie groei hormone mag kry nie, net sekere doserings mag kry en jou water moet 'n sekere ph wees. hulle laatweet my die dag voor hul kom inspekteer. dan staan die 2 manne met hulle "clip borde" en check als, ek maak my voerkraal se hek oop dan stap die lammers in die kaal land en vreet in die kraal, dans dit reg. hul vra is jou water getoets, ja se ek dis reg, ok hulle aanvaar. doserings meneer, nee ek doseer niks se ek, ok dis reg se hulle , hormone, nee se ek, ok dis reg meneer.punt wat ek wil maak is woolies maak hierdie uitlatings om 'n sekere tipe koper tevrede te stel, woolies self steur hulle min aan die snert.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Sat Apr 25, 2015 5:11 pm
by Alwin
Ek weet nou eintlik niks van skaapboerdery nie (dis wel meer as wat daai slimjannies weet). Maar daai jakkals-vriendelike skape, klink vir my baie soos winkeldief-vriendelke winkels. Kom Wolwerke, stel sommer self die voorbeeld!!!

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Sat Apr 25, 2015 10:24 pm
by wlm
Bertie
My ervaring van hulle oudits is as volg. Ek laai lammers vir 'n slagpale wat karkasse aan WW lewer. Daar is 'n ellelange vraelys wat ek moet invul. Die lammers kom van meentgronde langs 'n dorp wat ek huur. Ek is moedswillig en antwoord as volg. Ervaar die diere stres? "Ja, hulle stres baie want die honde en skaapdiewe jaag hulle elke nag rond". Gebruik jy slagysters? "Ja, en sommer gif ook."
Niemand het my ooit gekontak oor die antwoorde nie en ek my lammers is seker in Woolies verkoop.

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Sat Apr 25, 2015 10:31 pm
by Gawie(13mm)
Wlm, daai gestreste lammers van jou smaak voorentoe! ;D

Re: Woolworths soek roofdier-vriendelike vleis...

Posted: Sun Apr 26, 2015 8:15 am
by bertie
hi wlm, ja neewat hulle steur hulle min. maar ons kla nie, pas ons so!