Page 1 of 1

Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 7:18 am
by Freddie101
Die aand voor ons vertrek na St nowhere het hierdie diertjie heelaand vir Biker wakkergehou. Uiteindelik die volgende oggend het sy voelhonde hom vasgetrek. Die probleem is nie een van ons ken hom nie. Is daar dalk iemand wat weet wat dit is. Oom Am hoe lyk dit?
ImageImage

Groetnis Freddie

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 8:55 am
by raychell
Freddie
Dit is 'n African Doormouse
Raynie

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 9:14 am
by C.J.
Dit was 'n African Doormouse.... ;D

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 9:23 am
by 300Winmag
Cute diertjie.

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 9:24 am
by Francois Marais
Raynie

Het African Dormouse ge Google, die diertjies wat hulle daar wys is heel grys en het NIE die swart in hul gesiggies nie?? Is jy seker, of kom hulle in kleur afwykings voor, ken gladnie die diertjie nie.

http://heritage-pets.tripod.com/id22.html

[img width=560 height=420]http://i729.photobucket.com/albums/ww29 ... ormice.jpg[/img]

Mooi loop
Francois

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 12:45 pm
by raychell
Francois
Ek het presies dieselfde kleurskakering so wel as donker bruines in my huis gekry lyk my hulle het verskillende outfits vir verskillede parties.
Raynie

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 1:40 pm
by Shindzela (Pierre)
Ek ken daai outjie as n Spectacled Dormouse.

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Tue May 03, 2011 7:13 pm
by Freddie101
raychell wrote: Freddie
Dit is 'n African Doormouse
Raynie
Dankie manne. Nou hoekom ken ek hom nie. Is hy skaars en wat is sy gewone habitat en gewoontes?

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Wed May 04, 2011 7:50 am
by raychell
Freddie die goet het hier in my dak gebly toe trek van hulle in my bakkie in, ek sluit nog die bakkie af daar by Wolwefontein toe peel een by die enjinkap uit en hardloop op die bullbar rond.Na 'n liberale toediening van Finale is hulle baie skaars hier by my.
Raynie

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Wed May 04, 2011 9:56 am
by grumpy
Dit lyk amper soos n Sugarglider. As hy n velletjie het van die voor poot na die agterpoot dan is dit een. Ek het met hulle geteel en verkoop teen R 3000 elk. Nou gaan daai honde bars want daar gaan die jag geld begrawe word!

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Wed May 04, 2011 4:25 pm
by Vriendin
raychell wrote: Freddie die goet het hier in my dak gebly toe trek van hulle in my bakkie in, ek sluit nog die bakkie af daar by Wolwefontein toe peel een by die enjinkap uit en hardloop op die bullbar rond.Na 'n liberale toediening van Finale is hulle baie skaars hier by my.
Raynie
Ons het ook 'n probleem met die gedroggies gehad.  Ons het weer Moth Balls (Naphthalene) in die ceilings ingegooi - almal het getrek.  Ek weet nie of dit na die bure toe is of veld toe nie ...... maar hulle is weg!  Ons gebruik die 'wonder' balls ook in ons stoorkamers buite waar daar min beweeg word en daar is nie 'n gogga of kruip dingetjie van 'n dag oud daarin nie.  Die bakkie wat ons min gebruik - sit ons ook 'n paar in - hulle maak mos vir hulself slaapplek en die broeiplek in die enjins en veroorsaak net skade.  Onthou net om die balletjies uit te haal as daar gery word (as hulle nog nie gesmelt het nie)

Ek soek nie 'n mothball in die huis nie - maar in die garage of stoorkamers wat omtrent permanent toe is ..... kan hulle maar rondgegooi word.

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Wed May 04, 2011 7:28 pm
by Biker
Freddie
Daai ene se maat het my vrou die volgende aand vasgekeer en met die blik doom bygekom en toe is hy ook weg. Nog nie weer van hulle gesien nie. Wat snaaks is dat hulle geen gif soos finale of ander muisgif wou vreet nie.
Groete

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Wed May 04, 2011 9:12 pm
by raychell
Biker
Gebruik die Finale vloeistof en sit 'n bakkie meel langsaan daai man eet hom dors aan die meel en sluk dit dan met Finale af.
Raynie

Re: Identifiseer hierdie diertjie

Posted: Thu Jun 02, 2011 1:14 pm
by Ambessa
Hallo Freddie101
Freddie101 wrote:...probleem is nie een van ons ken hom nie. Is daar dalk iemand wat weet wat dit is.
Danksy Geno het ek die teks weer opgespoor. Antwoord is onder St Nowhere... gepost.

Ambessa