Page 1 of 1

Ringe vir .22

Posted: Mon Apr 20, 2015 5:52 pm
by Tertius Steyn
Naandse manne watse Ringe skiet julle mee op julle .22's? Ek wil vir my Voere .22 win mag n nuwe stel ringe koop maar weet nie wat om na te kyk nie? Sal graag wil weet waarmee julle skie. Soek iets redelik goedkoop,, maar tog kwaliteit, en iets wat verkieslik net aan een kant vas maak.

Lekker aand verder..
Groete


Tertius

Re: Ringe vir .22

Posted: Mon Apr 20, 2015 6:15 pm
by Chris (vdB)
Tertius ek het Linx staal ringe op my .22 Brno, alhoewel hulle nie net van een kant af vas maak nie. Ek is baie tevrede met hulle. Het R600 gekos

Re: Ringe vir .22

Posted: Mon Apr 20, 2015 6:44 pm
by JTM
Hoe monteer die ringe op jou Voere? Is daar groewe in die aksie gesny? Plaas dalk 'n foto as jy kan.

Sportsmatch is goeie ringe om na te kyk. Baie goed vervaardig. Ek het Burris Signature Zee ringe op my .22 en kan dit ook aanbeveel.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 12:28 am
by Tertius Steyn
JTM wrote:Hoe monteer die ringe op jou Voere? Is daar groewe in die aksie gesny? Plaas dalk 'n foto as jy kan.

Sportsmatch is goeie ringe om na te kyk. Baie goed vervaardig. Ek het Burris Signature Zee ringe op my .22 en kan dit ook aanbeveel.
Naandse , kyk hyt mos so Dovetail wat in die geweer in gesny is. Dan "clamp" jy hom mos vas en skroef hom vas, maar dit lyk ampers of die agterste gedeelte skeef gesny is, kan ongelukig nie nou n foto plaas nie, maar indie jy dalk whatsapp het kan ek stuur vir jou?


Groete en n lekker Aand

Tertius.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 12:33 am
by Tertius Steyn
Brandewyn Ratel wrote:Tertius ek het Linx staal ringe op my .22 Brno, alhoewel hulle nie net van een kant af vas maak nie. Ek is baie tevrede met hulle. Het R600 gekos
Naandse, jis dis nie n slegte prys nie, maar ekt het sulkes wat so aan weerskante vasmaak, hulle is al bietjie oud en uit gewerk en wil nou nuwes opsit, ekt die geweertjie gekoop (gered) by mense wat nie regtig omgegee het oor hom nie, so ek is nou besig om so stuk stuk vir die outjie n nuwe look te gee en mooi reg te maak, dis tog die moeite werd as mens dink dis n Voere..
;D.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 7:06 am
by JTM
Jy moet net kyk na hoe die groewe gesny is. Party vervaardigers sny nie die gedeelte plat wat bo-op tussen die groewe is nie. Dit gaan maak dat nie alle dovetail ringe gaan werk op jou geweer nie. Indien die aksie nog sy ronding behou tussen die groewe sal jy moet oplet daarna vir wanneer jy ringe koop en dat daar 'n ronding uitgesny is in die ringe se onderkant ook.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 11:06 am
by Chris (vdB)
IMG-20150215-00254.jpg
IMG-20150215-00251.jpg
Tertius, so lyk die linx ringe wat ek op het

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 12:20 pm
by Tertius Steyn
JTM wrote:Jy moet net kyk na hoe die groewe gesny is. Party vervaardigers sny nie die gedeelte plat wat bo-op tussen die groewe is nie. Dit gaan maak dat nie alle dovetail ringe gaan werk op jou geweer nie. Indien die aksie nog sy ronding behou tussen die groewe sal jy moet oplet daarna vir wanneer jy ringe koop en dat daar 'n ronding uitgesny is in die ringe se onderkant ook.
Middagse JTM, ja hy het so ronding op die aksie. Maar ekt nou gesien dat dit lyk asof my teleskoop agter na die linker kant is, dus wat dit bedoel hy is nie gelyk met die geweer nie.. Kan die groewe nie dalk bietjie dieper gesny word n wapensmede nie?

Groete

Tertius

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 12:30 pm
by Tertius Steyn
Brandewyn Ratel wrote:
IMG-20150215-00254.jpg
IMG-20150215-00251.jpg
Tertius, so lyk die linx ringe wat ek op het
Daai ringe Lyk baie smart, maar as hy net aan een kant kon vas maak sou dit nou nice gewees het. Hoe sit mens n foto op dan kan ekke sommer wys watse ringe ek het. Die ding se vir my dat die image te groot is.. ::)

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 2:51 pm
by Chris (vdB)
Tertius ek laai maar eers die fotos op my rekenaar en dan resize ek hulle daar en dan upload ek dit van my rekebaar af

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 3:22 pm
by ruaanb
Op jou Android foon install ImageShrink App werk soos 'n bom. Daar is 'n free en paid version.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 5:42 pm
by Tertius Steyn
Brandewyn Ratel wrote:Tertius ek laai maar eers die fotos op my rekenaar en dan resize ek hulle daar en dan upload ek dit van my rekebaar af
jislaaik thanx baie Jannie. Nee wat die blackberry wil niks weet nie.
Dink fotos sal bietjie meer help as ouens kan sien waarvan ek praat.

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 6:27 pm
by JTM
IMG-20150421-WA0001.jpg
IMG-20150421-WA0002.jpg
14296382125530.jpg

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 7:22 pm
by alecjohnson
ek gebruik thor sn op my .22 brno. het langk met aluminium geskiet, maar toe val my roer en scope en ringe breek...

Re: Ringe vir .22

Posted: Tue Apr 21, 2015 11:48 pm
by Tertius Steyn
alecjohnson wrote:ek gebruik thor sn op my .22 brno. het langk met aluminium geskiet, maar toe val my roer en scope en ringe breek...
jis ekt huidiglik Aluminium ringe op hom, hoeveel kos Thor se ringe?

Re: Ringe vir .22

Posted: Wed Apr 22, 2015 12:03 am
by alecjohnson
Tertius Steyn wrote:
alecjohnson wrote:ek gebruik thor sn op my .22 brno. het langk met aluminium geskiet, maar toe val my roer en scope en ringe breek...
jis ekt huidiglik Aluminium ringe op hom, hoeveel kos Thor se ringe?
R450

Re: Ringe vir .22

Posted: Wed Apr 22, 2015 1:21 am
by Tertius Steyn
alecjohnson wrote:
Tertius Steyn wrote:
alecjohnson wrote:ek gebruik thor sn op my .22 brno. het langk met aluminium geskiet, maar toe val my roer en scope en ringe breek...
jis ekt huidiglik Aluminium ringe op hom, hoeveel kos Thor se ringe?
R450

Waar het jy hulle gekoop?

Groete
Tertius

Re: Ringe vir .22

Posted: Wed Apr 22, 2015 1:24 am
by alecjohnson
Kan nie nou onthou nie maar dit was of wildman cape gate of bay guns mosselbaai gewees. Moontlik safari and outdoor stellenbosh