Page 1 of 1

Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Sun Apr 19, 2015 10:51 pm
by Tertius Steyn
:confused: Naandse manne, hoop dit gaan goed? Man n ding pla my nou diep in my gemoed oor my haelgeweer. Ekt vanaand gehoor dat n ou se die gewere se kolwe kom los as jy hom skiet, en dat hulle kolwe nie so sterk is nie? Weet enige iemand of dit waar is? Van watse hout is die kolwe gemaak? Ek verstaan hulle is goeie haelgewere,, maar ja dit le nou swaar op my gemoet dat ek hom kort kort dalk moet vasdraai en dat die kolwe bietjie swak is? As iemand dalk bietjie inligting kan gee oor die shotty sal ek dit rerig waardeur en dit sal my bietjie tot ruste bring.

Hoor graag van julle

Lekker aand verder.

Groete

Tertius Steyn.


Ps. Ek kan fotos stuur oor whatsapp as dit sal help? My nommer is 072 450 0916

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Mon Apr 20, 2015 6:15 am
by NicoSmit
Ek het my geweer al baie jare en het nog geen probleme opgetel nie behalwe dat hy my vol blou kolle skop maar al wat hy regtig kort is 'n recoil pad hout teen vleis gaan nie so lekker af saam nie

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Mon Apr 20, 2015 7:16 am
by johnf
More, Tertius, pel van my het n Baikal vir meer as 15 jaar en hy skiet baie meer as die normale man. Sy kolf het hom nooit eenige probleme gegee nie. Cheers, John

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Mon Apr 20, 2015 7:48 am
by Pvdw
Tertius kom ons wees maar eerlik. Daai gun het verseker nie die beste kolf op die mark nie, maar swak is hy veeseker nie.

Ek het self een. Al so paar 1000 skote geskiet en niks draai los of neuk uitmekaar nie.

.Hulle kolwe is oor doe algemeen net baie lank selfs vir van die langer manne. Neem hom na 'n bekwame geweersmid en laat hom korter maak en nice recoil pad opsit. Gaan dan huistoe en vergeet van die bollie stories waarvan jy gehoor het.

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Mon Apr 20, 2015 11:43 am
by Tertius Steyn
More manne baie dankie vir die Raad dit help baie. Daai ouens wat dit gese het, het seker hulle gewere mishandel en nie na hom gekyk nie. Daai kolf van myne is perfek vir my, het hoeka vir hom n Bisley skop kussing opgesit. Skiet nes ander haelgewere.

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Tue Apr 21, 2015 11:35 am
by henka
More,ek het so enkel loop in 92 gekoop al baie geskiet en nog nie n dag se probleme nie kolf kom nie los nie ek weet nie eers waar om hom vas temaak nie nou ja vir party manne skop hy maar dis aanvaarbaar vir my ek lief die ou yster!!!!

Re: Baikal Sxs 12boor Haelgeweer.

Posted: Tue Apr 21, 2015 12:38 pm
by Tertius Steyn
henka wrote:More,ek het so enkel loop in 92 gekoop al baie geskiet en nog nie n dag se probleme nie kolf kom nie los nie ek weet nie eers waar om hom vas temaak nie nou ja vir party manne skop hy maar dis aanvaarbaar vir my ek lief die ou yster!!!!
haha nee wat hy trap sommer lekker daai baikals. Ek spot altyd dat dit voel asof ek n olifants geweer skiet
:laugh: ;) ,, ekt net n Bisly pad opgesit. Daai rooi stukkie Plastie/hout?? Af gehaal en hy skop bietjie minder. Ekt die shotty gekoop so 2 jaar terug vir R2500. Nog spotless. Was n ou oom sin gewees. Ek skiet baie baie met hom en het so rukkie terug n Lee Load All 2 herlaai stel gekoop vir R500 met n 100 Swartklip primers by. Dink dit was nogals n bargain.