Page 1 of 1

MTC Viper 10x50 ir

Posted: Mon May 02, 2011 6:28 pm
by KalahariKlong
Middag vriende,

weet enige iemand dalk wat die scope werd is(gebruik)?
Is dit 'n goeie scope?

Groete
KK

Re: MTC Viper 10x50 ir

Posted: Mon May 02, 2011 6:49 pm
by Danie Lombard .243
Terminator gaan jou 'n goeie idee kan gee oor die MTC scopes, hy ken hul goed.

Re: MTC Viper 10x50 ir

Posted: Mon May 02, 2011 7:03 pm
by KalahariKlong
Dankie Danie, ek hoop hy lees my raak.

Groete
KK

Re: MTC Viper 10x50 ir

Posted: Mon May 02, 2011 7:44 pm
by Beyers
Naand
Vandag met 8-32x56 geskiet. Baie gevoelig vir paralaks. Hoe vergroting neuk maar om te sien op 100m, maar 300m is duidelik soveel soos die mirage toelaat. Verstellings is positief.
Ek sal eerder kyk na Nikon Monarch X om eerlik te wees, al is die duurder. Kruishaar het te veel strepies. ek sou die mildot eerder gebruik. Ek stel die hoogte as ek afstande wissel dus is die strepies vanĀ  min belang
My 2c
Beyers

Re: MTC Viper 10x50 ir

Posted: Tue May 03, 2011 8:34 am
by James Wright
dis eintlik 'n 10X44.

ek het so scope op my PCP en 'n MTC Taipan op my 22-250.dis goeie waarde vir geld scopes.ek het wel ook 'n 8-32X60 op my 25-06 gehad en het die paralaks afgedraai met die hand,moes fabrieks fout gewees het,wag nog op replacement vanaf die UK,nou al 8 maande :(

Die 10x44's gaan vir om en by R1800 tweedehands afhangende van die kondisie...(persoonlik sou ek eerder 'n nuwe een koop(R2700) om sodoende te verseker jy het waarborg.

Re: MTC Viper 10x50 ir

Posted: Sat May 07, 2011 2:11 pm
by Christo Els
hi KalahariKlong
Ek besit nie 'n MTC Viper of 'n Nikon Monarch nie, maar het wel heelwat navorsing rondom hulle gedoen.

Volgens my sal ek eerder die Nikon Monarch BDC vat.
Hy is nie so besig nie
Nikon is een van die leiers met lens en kwaliteit kameras
Nikon Monarch bdc word met die leopold vx3 vergelyk

Plaaslike manne wat lekker ver houe gooi met hulle en goeie resultate kry