Page 1 of 1

tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 9:44 am
by baboonstalker
Ek wil graag vir my 'n stel 2rigting radio's aanskaf en het moontlik 'n geleendheid van die VSA mid volgende maand.
Gebruik julle radios in die jagveld? Watter tipe radio moet ek kry en wat moet vermy word?

Ek wil darrem oor 'n goeie afstand kan komunikeer, verkieslik nie gebind wees aan line-of-sight nie, en die radio moet my kan laat weet daar is 'n inkomende transmisie sonder om alles uit die veld te jaag.

Enige raad sal waardeer word.

Pieter

Re: tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 10:03 am
by prohunt
Hi Baboonstalker,

Met al die simplex tipe radios gaan jy ongelukkig aan "line of sight" gekoppel wees. Die enigste manier wat ek van weet om daarvan weg te kom is om dupleks te gebruik (maw 'n repeater stelsel op te sit) of om na HF oor te gaan wat lomper stelle beteken en geregistreerde frekwensies ens. Die meeste simpleks stelle maak gebruik van UHF of grens aan VHF.
Vir normale simpleks "line of sight" kommunikasie het 'n vriend van my Midlands stelle ingevoer wat jou so R900 vir twee uitgewerk het kompleet met herlaaier en nog bietjie ander toebehore.
Ek gebruik gereeld simpleks radio's as ons in 'n groep jag, dit werk baie lekker, maar jy verloor ongelukkig komms met die ou wat agter 'n koppie is.

Hoop jy kom reg
Johan

Re: tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 11:29 am
by Danie Lombard .243
Ek gebruik op die plaas VHF radios op die simplex sisteem. Het lisensies nodig vir die tipe radio frekwensies. Ek het Kenwood hand radios wat baie goed werk en hull praat lekker ver na mekaar toe oor plat terrein. Vannaf die basis (huis) wat 'n di pole mas het praat die Kenwood hand radio sommer baie ver van die huis af. Paar kilos.



Die stelle wat sonder lisensies werk is nie so kragtig nie en praat nie ver nie.

Re: tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 3:34 pm
by grumpy
Ek is n radio amateur en verstaan wat julle se. Het julle al gekyk na die radio coms wat die bikers gebruik? Dit kan tot so ver as 1 km opvang. Gaan kyk by Honda. Dit is soos oorbskerming maar met die coms daarin en is baie stil. Net n voorstel as julle wil coms he.

Re: tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 5:50 pm
by FDJ
Hi

Kyk bietjie na hierdie radio`s   www.vratvark.co.za.
Ons gebruik hulle hier in ons dorpie vir buurtwag en moet se hulle vang ver op,is klein en met die ekstra antenna wat jy by kan koop kan hulle nog verder opvang.Is ook maar net  simpleks radio`s.

Re: tweerigting radio's

Posted: Mon May 02, 2011 7:55 pm
by .220 Swift

Re: tweerigting radio's

Posted: Wed May 04, 2011 4:50 pm
by DWB
Die motorolla stelletjies met die 8km L.O.S. is baie goed, daai ding praat sommer deur die bos en om die berg.

Re: tweerigting radio's

Posted: Wed May 04, 2011 6:19 pm
by Louis Botha
Ek is ook nie regtig n kenner op die gebied nie maar ek het vir myself  n stel KIRISUN PT 4200 aangeskaf toe ek destyds as beroepsjagter gewerk het, en ek moet se ek was regtig verbaas met hulle,ek het nie deur n repeater gewerk nie en hulle het regtig goed opgevang deur die bos, jy kry ook n "earpiece " vir die goed sodat jy nie alles verjaag nie, Kenwood is ook uitstekende radios.

Re: tweerigting radio's

Posted: Wed May 04, 2011 10:44 pm
by baboonstalker
Dankie manne, Ek sal 'n bietjie rondkyk of ek enige van daardie modelle/ name in die hand kan kry.

Groete
Pieter

Re: tweerigting radio's

Posted: Thu May 05, 2011 9:43 am
by MJK
Pieter

Ek is ook op soek. Laat weet maar as jy opgespoor het. Dalk kan ons afleweringskoste deel.

Groete