Page 1 of 2
Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:19 pm
by Uys
Ek soek n jag teleskoop in die omgewing van R4K - R5K.
Hoe is die Nikon teleskope?
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:27 pm
by Pvdw
kyk na die NIKON en Burris reeks. Jy gaan verseker iets mooi daar kan optel.
Watse kaliber en vir watse tipe jag soek jy scope?
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:31 pm
by Uys
22-250.
Seker meer vlaktejag as Bosveld, en baie skietbaan.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:37 pm
by tripodmvr
Probeer om nie 4x as minimum vergroting te oorskry nie. Dit help om in die bos vinnige skote te kan skiet en om die prooi in die visier te kry. Oor 200m weet die bokke gewoonlik nie van jou nie en het jy tyd om verstellings te maak. Jou skietposisie kan jy dan ook meer stabiel maak. So 'n 4-14/16 is 'n goeie mikpunt - vermy ook parallaks verstelling as jy kan. Die Burris teleskope het baie helder glase en het goeie reputasie. Het 'n 3-9 op my 375. Ek dink die uitdrukking is "hy kyk 'n parra uit 'n pyp."
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:39 pm
by Uys
Ek het self n Burris op my 7x64 en is baie gelukkig met hom. EK sien ek kan daai 3-9 x40 kry vir R1800 op E bay.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:48 pm
by tripodmvr
Klink bietjie min vir 'n egte Burris. Pasop maar vir grys produkte. Monrique op die forum verkoop Burris.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 12, 2015 8:57 pm
by Pvdw
Uys as ek jy was sou ek mik vir die 4.5-14x42 FFII. Op 14x jag jy met gemak op 300m en skiet gonge tot 500m.
Vir algemene papierskiet is dit OK maar as jy meer ernstig wil teiken skiet op 200m+ sal jy sterker moet gaan maar dan gaan jou begroting ook in die hek duik.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 9:25 am
by henka
Uys van waar is jy?jy moenie van Vortex vergeet nie baie goeie kwaliteit waarborg en prys is reg ek het n rukkie terug n 3-9×40 vir R2400 aangeskaf
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 9:28 am
by Omnia
Jy gaan mooi bargans optel by Huntex, ... kyk gerus na die Rudolph
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 9:29 am
by Uys
henka wrote:Uys van waar is jy?jy moenie van Vortex vergeet nie baie goeie kwaliteit waarborg en prys is reg ek het n rukkie terug n 3-9×40 vir R2400 aangeskaf
In Centurion. Waar het jy gekoop?
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:20 pm
by henka
Hinterland/afgri heidelberg hulle het goeie kope selfs Redfield kan jy na kyk
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:24 pm
by JohanvB
Nikon Monarch... 6-24x50,dan gebruik jy die Nikon Spot on Program om vir jou skiet kaart te maak vir elke koeël wat jy gaan skiet.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 7:57 pm
by LouisR
Krokkolilspruit wapens het vandag Burris 3-9 gehad en naweek by Vlt ook gesien.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 8:17 pm
by Uys
LouisR wrote:Krokkolilspruit wapens het vandag Burris 3-9 gehad en naweek by Vlt ook gesien.
Ja, ek was Vrydag daar, maar hulle is nogal duur.
Ek leun na die Nikon 4-16 x 42 Monarch 3. Kan hom kry vir R4700.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 8:27 pm
by Pvdw
Uys ag vir Huntex, Safari het hier op die forum laat weet hulle gaan monster specials hê op NIKONS by Huntex. Puik keuse, jy gaan lekker skiet met hom. Nikon se naverkoop diens is ook fantasties.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 8:36 pm
by Uys
Die ouens by Safari beweer die IS die Huntex special.
Maar nou sien ek hy is goedkoper op iWarehouse.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 8:54 pm
by Pvdw
Hoeveel goedkoper?? Hou net Safai se backup in gedagte as iets sou gebeur met die scope.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 8:55 pm
by Pvdw
R5100 sien ek is die normale prys op hul webblad
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 13, 2015 10:06 pm
by Steppenwolf
Het nou onlangs n Nikon Prostaff 5 aangeskaf (3.5-14 x 50) met die illuminated BDC kruishaar en man is dit nou n lekker scope. Hulle gaan vir so tussen R5-6K. Vixen scopes is ook n kyk werd.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Tue Apr 14, 2015 7:06 am
by Uys
Dankie vir almal se advies, ek sien gisteraand eers daar is n teleskoop afdeling op die forum.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Tue Apr 14, 2015 7:31 am
by Johan308
Wat van die Lynx teleskope, jy kan 'n goeie een kry vir jou budget.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 19, 2015 2:13 pm
by Henrie_270
Lynx of Burris. Het n Nikon en sal nie weer een koop nie.
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Sun Apr 19, 2015 5:00 pm
by Baasvark
Ek het 3 x lynx en 1 x leupold.
Die lynx is meer as goed genoeg vir die meeste manne se vermoeens!
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 20, 2015 10:31 am
by evdberg
Gaan loer na die special - Nikon Monarch 6-24x50 SF Plex @ R4900.00 normal price R8900.
https://www.facebook.com/safariandoutdoor?fref=ts
Re: Watter jag teleskoop?
Posted: Mon Apr 20, 2015 10:50 am
by dsmerrills
Went to the Johannesburg branch on Sunday morning and they where sold out on Saturday already but I was advised that they are getting more!