Page 1 of 1

So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Sun Apr 12, 2015 7:38 pm
by Uys
My meisiekind skiet saam my, sy is 9, en sy is fyn, so om n geweer te kry wat vir haar werk is n nagmerrie! O ja, en sy is links!

So kom ek toe af op Adolf Laubuschagne in Kroonstad deur n 4x4Community lid.

Ek ry toe laas Saterdag deur en gaan sien die man, en besluit hy gaan vir ons n kolf bou. Betaal hom Dinsdag en Vrydag kry ek die fotos.
IMG-20150410-WA0001.jpg
IMG-20150410-WA0000.jpg

En vanoggend toe is die in my mailbox:

"
Goeie naand UYS
Die verstelbare meganisme op die kolf is nou in plek.
Sal more die passing doen en finale shaping en afwerking

Groete "





Hoe gaan ek slap vanaand?




Edit: Nee hel, ek kan nie by bly met die PM's nie. ;D

Die kolf kos R5500 met die verstelbare butt en cheek. Dit hang af van die hout was mens gebruik, en ander werk wat jy ekstra laat doen.

Adolf se nr is: 073 711 3391

Kyk ook op Facebook by Adolf Labuschagne

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Sun Apr 12, 2015 8:09 pm
by JTM
Pragtig Pappa! Seker sy sal dit geniet.

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Sun Apr 12, 2015 8:41 pm
by tripodmvr
Watter kaliber word bo-op monteer?

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Sun Apr 12, 2015 10:24 pm
by Baasvark
Uys pm my se besonderhede asb....
Hy is maar 60km van my af.

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 5:42 am
by Bakkies303
Baie mooi kolf. Ek is seker sy gaan trots wees.
Hoekom vra oom Tripod die kaliber? Wil oom solank vir haar gaan ladings uitwerk op QL?

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 6:52 am
by Uys
tripodmvr wrote:Watter kaliber word bo-op monteer?
Parker Hale, 22-250

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 2:24 pm
by Uys
Update, kolf is klaar. Ek laat kourier hom more.

unnamed2.jpg
unnamed.jpg

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 7:30 pm
by LouisR
Uys dit lyk sommer na 'n spoggerige kolf daai, dink sy gaan dit vir baie jare kan gebruik. Wil jy my nie ook asb die besonderhede pm nie.
Groete
Louis

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 7:43 pm
by Nico Harris
Wat kos so kolf as ek mag vra?

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 8:20 pm
by Uys
Details in post 1 bygesit

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon Apr 13, 2015 8:31 pm
by LouisR
Dankie Uys

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Wed Apr 22, 2015 9:07 pm
by Swys14
dis werklik besonders

Re: So opgewonde soos n klein seuntjie

Posted: Mon May 18, 2015 4:41 pm
by TOKELOS
Is daar enige ander lede wat al kolwe van Adolf gebruik?

Kan julle hom aanbeveel?