Page 1 of 1

TPL Bepaling

Posted: Sun May 01, 2011 7:31 pm
by Jaco Swart
Naand Manne.

Ek het nou net klaar gemaak om die herlaai DVD van Dr Maurits Coetzee te kyk. Dit gee 'n baie goeie oorsig oor herlaai, maar daar is goed wat 'n nuwe herlaai man soos ek nog sal wil weet.

Hy illustreer 2 maniere om die TPL te bepaal en ek het een al gebruik wat vir my maklik is. Hy laai 'n "dummy" rondte en maak dan sy slot toe. Haal die rondte uit en meet die rondte. Sy 7x57 wat hy in die DVD gebruik se TPL meet dan +/- 90mm, maar hy "seat" sy punte op iets soos 78.6mm.

Ek het al vir Geno verduidelik dat ek maar op die Somchem boekie werk op my gewere maar dat my TPL baie langer is as ek die bg metode gebruik as wat die boekie aandui.

Ek het ook al raakgelees dat manne hier op die forum praat daarvan dat jy jou TPL met bg metode bepaal en dan die punt ongeveer 1 mm dieper "seat". Wel die DVD wys dat hy hom baie meer as 1mm "seat".

My vraag : Hoe bepaal jy nou die TPL van jou spesifieke wapen?

Ek luister graag.

Groetnis

Jaco

Re: TPL Bepaling

Posted: Sun May 01, 2011 8:37 pm
by tripodmvr
Om koeel in dop te sit en dan te pas in kamer is nie altyd so maklik nie. Koeel sit vas ens.

Ek vat skoonmaakstok en plaas hom in geweer waarvan die slot gespan is - die slagpen moet teruggetrek word. Sit versigtig 'n stuk maskeerband (masking tape) om die stok gelyk met die bek van die geweer. Verwyder slot en gooi koeel in kamer met punt na voor. Stamp hom liggies vas met stok. Plaas nou weer stok in loop om op die punt van die koeel te rus. Maak nou weer merk met maskeerband of meet direk tussen onderpunt van maskeerband en punt van loop met vernier. Dit is jou maksimum patroonlengte vir die' spesifieke koeel. Bepaal al die afstande vir die verskillende koeels en maak nota daarvan. Nou kan jy jou TPL aanpas soos jy wil - -1mm of wat ookal.

Dar is akkurater apparate, maar die' manier gee goeie praktiese resultate.

Tripod

Re: TPL Bepaling

Posted: Sun May 01, 2011 8:38 pm
by Francois Marais
Jaco S

TPL is ook nie die alfa en omega nie, het gesien dat sommer so van 6.5mm cal af die TPL nie groot invloed het nie, ek het n 458 WM Winchester gehad wat n 25mm free bore het. Dit gese het ek ook ondervind dat die 20, 22, en 6mm kalibers like om veral lig per kaliber punte naby of selfs teen die groewe beter te skiet as met 2-3mm jumps.......

Om na Mauritz se voorbeeld toe terug te kom, die 7X57 Mauser is ook n geweer wat bekend is vir groot FB, veral in ouer gewre,en reken ek Mauritz het die koeels so kort moes maak om in sy magasynkas te pas. Die somchem boekkie se aaanduidings is, net soos hulle ladings, n goue middeweg en ook nie die be all and end all nie.

Die maniere om TPL te bepaal is al op die forum bespreek, en reken ook in die DVD, maak dan jou  patroon 0.5-1mm korter as dit, vir die kleiner kalibers, en so 2-3mm vir die groteres, vir die heel grotes 375 en op is die krimp groef op die koeel gewoonlik n goeie aanduiding van tot waar om die koeel te seat.......as die patroon so geseat nie in die magasynkas pas nie, druk dieper in tot hulle pas, as die punt net-net in die dop se nek ingaan, moet jy dit deaper seat sodat ten minste kaliber size binne jou dop is vir veilige grip op jou koeel.......

Hoop dit help, slegs my 2c........

Mooi loop
Francois

Re: TPL Bepaling

Posted: Sun May 01, 2011 10:28 pm
by erx
Ek het vir elkeen van my kalibers 'n dop gevat wat gesize is en die regte lengte is sodat dit reg in my geweer pas.
Ek sny dan met 'n dremmel 'n gleuf op twee kante van die nek wat maak dat die punt makliker in druk maar nogsteeds goed genoeg sit sonder om uit te val.
Vat nou die punt wat jy wil laai en plaas hom in die dop sodat hy net daar hou, sit hom versigtig in die kamer en maak die slot toe. Die punt sal dan teen die lands vas druk en die slot sal dus die dop instoot tot waar hy kan.
Die lengte wat jy nou meet is jou en jou alleenlik se totale patroon lengte vir jou geweer, dit is ook slegs van toepassing op daardie spesifieke punt!
Met ander maak, gewig ens punte moet dieselfde prosedure gevolg word.
Jy het nou dus die TPL van jou geweer tot teen die lands met die spesifieke punt, en nou kan jy van daar af verder toets watter diepte werk beter.
Soos die ander manne ook gese het, let ook net op watter maksimum lengte in jou magesynkas kan pas, dit is dus nie 'n probleem op enkelskoot gewere nie.

Dis maar wat ek doen, as daar iets kort moet die ander manne my asb reghelp.

Groete
erx

Re: TPL Bepaling

Posted: Mon May 02, 2011 8:07 am
by 222
Ek gebruik dieselfde metode as erx. Soos hy s? is dit ook net vir jou geweer. Ek vat net 'n dop maak die bek so dat 'n koeel styf daar kan inpas, sit in die slot maak toe, maak oop meet die lengte van die hele rondte en trek dan 1mm of wat jy ook die jump wil h? af.

Ek het gevind dat my ketties almal van 'n .5mm tot 1mm jump hou. Ek weet dat Rhino se aanbevelings s? dat jy die koeel 1mm van die lande af moet seat.

My .222 hou van 'n .75mm jump op die Hornady's en 'n 1mm op die GSC's.

Re: TPL Bepaling

Posted: Mon May 02, 2011 8:15 am
by Jaco Swart
Dankie manne.

Al die raad word ingeneem. Ek sal nou ook dan al die gewere so meet. Ek het nie n groot probleem met die 22-250 en die 243 nie , dis die 300 WIN wat my kop bietjie plat gemaak het.

Sal ek dan reg wees as ek se dat ek my TPL kan bepaal deur die dummy rondte te meet en hom dan effens terug te seat. Wat dan net ook NB moet wees is dat die rondte in my magasyn sal moet pas.

Manne gooi nog raad ek luister aandagtig

Re: TPL Bepaling

Posted: Tue May 03, 2011 10:27 pm
by Jaco Swart
Naand almal.

Ek het vannand my 300 win mag se TPL gemeet deur n dummy rondte in kamer te laai en die slot toe gemaak.

Haal die rondte toe uit en meet hom  (90.30mm).

My probleem kom egter daarin dat my rondte baie korter moet wees om in my magasyn in te pas. As ek hom so 85mm maak dan pas hy. Ek het gekoopte ammo gemeet en hulle het toe 84 mm gemeet.

Vertel asb nou vir my hoe ek my TPL kan meet en dan van daaraf kan begin om te laai.

Ek luister

Groetnis

Re: TPL Bepaling

Posted: Tue May 03, 2011 10:47 pm
by erx
Hi JacoS

Jy kan ongelukkig dan nie langer laai as wat in jou magesynkas sal pas nie. My voorstel is om hom op daai maks wat pas te los en dan moet jy maar met ladings begin speel.
Ek vat maar altyd die maks en min van spesifieke punt gewig en begin so in die middel rond. Beweeg dan maar in inkremente van 0.5 grein op en toets almal. Wan jy in daai reeks die beste groep kry kan jy in jou geval die punt dan begin dieper seat in so 0.2mm inkremente met die lading wat jou die beste groep gegee het.
Ek het al gevind dat 'n verskil in punt diepte van plus 0.2 of min 0.2 'n groep van 25mm na 55mm kan vat, so 'n ou het baie ruimte vir verbetering.

Dis ma wat ek doen, sal graag my spoed  wil meet maar het nie chrony nie. Luister wat die ander manne ook ga se, tussen die klomp sal jy iewers iets kry wat werk.

Lekker laai!
Groete
erx