Page 1 of 1
Ystervark beheer
Posted: Sun May 01, 2011 1:01 pm
by Gerhard
Ek het nou die laaste week 4 nagte geroep en 20 jakkalse af gehaal vir die boere hier in die Dullstroom omgewing.
Ek het egter op gemerk dat die ystervarke baie vol op is en skade aan rig op gesaaide lande.
Wie kan my help met voorstelle vir die effektiewe beheer van ystervarke?
Net soos jakkals skade maak onder vee het die boere ook groot skade onder gesaaides...
Ek sien uit na terugvoer...
Re: Ystervark beheer
Posted: Sun May 01, 2011 3:43 pm
by Robert
Vang hokke met aartapel of pampoen gestel. Daarna herlokeer of illimineer. Jou keuse
Die skrapne varke vreet ons waterpype op en ek vang daar waar hule skade maak en dan eet die werkers weer blinkbek.
Sterkte
Robert
Re: Ystervark beheer
Posted: Sun May 01, 2011 3:48 pm
by prohunt
Hi Gerhard, wees net versigtig....die goed is in sekere provinsies sover ek onthou nou "beskerm". Jy het my nommer, gee my 'n lui dan gesels ons.
Groetnis
Johan
Re: Ystervark beheer
Posted: Sun May 01, 2011 9:41 pm
by Gerhard
Dankie vir die info...
As die ystervarke in Mpumalanga beskermed is sal ek baie verbaas wees want laaste ordinansie wat ek gesien het is hulle geklasifiseer as probleem diere.
Vang hokke was probeer en was nie effektief nie.
So laat weet asb wat nog gedoen kan word...
Re: Ystervark beheer
Posted: Mon May 02, 2011 8:21 am
by 222
Gerhard
Die bure hier boer met artappels. Nou daai vark hou van die goete. Hulle het al manne met honde aangery van die lokasie af, die vang lekker ystervark todat dit nou nie meer lekker genoeg is nie.
Ons ry maar in die aande met die spotlight en die haelgeweer en skiet hulle, nie groter as nr 5 hael nie AAA werk ook lekker. Die meeste wat ons by een ou in 'n aand geskiet het was 17.
O laai hom net op as jy voor gaan sit, hy het nogal lekker goggas wat op jou kan rondloop. So kleinerige een wat flenter geskiet is sleep hom agter die bakkie aan, sit jou roeper uit en roep, werk nogal om jakkals in te kry, hy kom so al met die sleep aan.
Re: Ystervark beheer
Posted: Mon May 02, 2011 8:39 am
by prohunt
Hi Gerhard,
'n Boer van Bethal het my so 'n tyd gelede ges? dat dit in Mpumalanga nou op die beskermde lys is. Ek het dit nie self opgevolg nie so dit kan net baat dat ons bevestig. Ons het nog op ander metodes goeie sukses behaal. PM of skakel dan kan ons gesels.
Groetnis
Re: Ystervark beheer
Posted: Mon May 16, 2011 7:17 am
by marno
Hokke en al daai goed werk, maar die effektiefste manier wat ons hulle al mee gekry het is goed opgeleide honde. Hulle blaf vir die ystervarke.
Maak dit net partykeer bietjie moeilik as 3 honde op 3 verskillende plekke begin blaf.
Re: Ystervark beheer
Posted: Mon May 16, 2011 7:32 am
by Yalair
Spoor die gate op sit pyp in gooi toe, sit pilletjie in pyp en trek pyp uit, al wat werk.
Groete
Ben
Re: Ystervark beheer
Posted: Mon May 16, 2011 9:56 am
by SmitH
Het jare terug toe ek so 12jaar oud was hulle met my skaaphond en kierrie in volmaan gejag.Ons het in die Koue Bokkeveld geboer met aartappels het op n aand so +- vier dood geslaan
Groete
SmitH