Page 1 of 1

zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 4:14 pm
by joe rocket
Ek het vandag gaan skiet. Wil die geweer zero op 200 m skiet op 25 vergroting. Die teiken kom eers in fokus as die parallaks op 400 yards gestel word. Mirage was erg. Skiet een skoot lyn reg maar hoog. Stel scope af dan is hoogte reg maar skiet 6 duim links. Stel niks skiet die geweer regs. Draai vergroting af na 12 dan skiet ek die A 4 papier mis. Parallaks werk beter van 18 vergroting af. Die aksie skroewe is vas, die geweer is gebed, die koeel raak nie die demper nie, basis en ringe is vas en die loop raak nie die kolf nie. Kan daar iets fout wees met die scope? Ek was vandag n provisiale skut, elke skoot was in n ander provinsie. Ek het die scope januarie gekoop. Julle hulp sal waardeer word want ek is nou raad op.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 5:47 pm
by tripodmvr
Kontakdie verskaffer en vind uit of daar raad is.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 5:52 pm
by PWV
Gee hom vir my. Ek hou van bontskiet! ::)

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 6:02 pm
by Pvdw
Joe is dit jou 1ste skiet met hom??

Ek het ook gesukkel om paralaks reg te stel op my NIKON 5-20x44. Hom ingestuur en hulle het toe bevestig daar is iets fout op die scope. Daai 400y verstelling om op 200m helder/sonder paralaks te wees laat die rooi ligte vir my aangaan.

As jy kan sit hom op geweer wat jy weet skiet reg en probeer weer anders leen 'n scope by 'n vriend en maak seker jou geweer is reg.

Ek onthou dat daar minder as 'n maand terug hier op die forum ook klagtes oor daai spesifieke scope en model was.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 6:09 pm
by MONTIE
Het ook so 'n scope. Ek dink jy gebruik te 'n groot vergroting Myne werk 100% op 200 meter met 15x vergroting. Op 300m gebruik ek 20x. Probeer. Ek skiet 40 mm groepering op 300m so. Groetnis Montie

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 6:33 pm
by joe rocket
Ek het die kolf afgehaal van die loop en aksie en opgelet daar is n merk onder die loop waar die swivel stud se skroefdraad die loop raak wanneer n skoot afgevuur word, maar sal maandag verskaffer kontak vir parallaks van teleskoop.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sat Apr 11, 2015 6:41 pm
by joe rocket
Pvdw wrote:Joe is dit jou 1ste skiet met hom??

Ek het ook gesukkel om paralaks reg te stel op my NIKON 5-20x44. Hom ingestuur en hulle het toe bevestig daar is iets fout op die scope. Daai 400y verstelling om op 200m helder/sonder paralaks te wees laat die rooi ligte vir my aangaan.



As jy kan sit hom op geweer wat jy weet skiet reg en probeer weer anders leen 'n scope by 'n vriend en maak seker jou geweer is reg.

Ek onthou dat daar minder as 'n maand terug hier op die forum ook klagtes oor daai spesifieke scope en model was.
Nee skiet al van januarie met hom maar kla by vriende ek kry hom nie lekker gefokus nie. Ek het al op n vorige post genoem dat my vriend se Hawke helderder is as my zeiss. Ek het nog nog n scope wat ek gaan opsit en toets. Met my vriend se night force kom die teiken al op 125 tree mooi in fokus. Myne kom eers op 400 tree in fokus, maar wat my pla is as ek hom afdraai van 25 vergroting na 12 vergroting mis ek die A 4 papier teiken heeltemal.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 7:19 pm
by Jurie Vermaak
Watse ringe gebruik jy?

Warne ringe werk nie met die scope nie. Daar is op n ander post ook daaroor gepraat. Ek het dieselfde probleem gehad. Die Warne ringe vir intussen sommer met Vortex ringe vervang en probleem opgelos.

Moet ook nie die ringe te styf vasdraai nie

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 8:12 pm
by joe rocket
Jurie Vermaak wrote:Watse ringe gebruik jy?

Warne ringe werk nie met die scope nie. Daar is op n ander post ook daaroor gepraat. Ek het dieselfde probleem gehad. Die Warne ringe vir intussen sommer met Vortex ringe vervang en probleem opgelos.

Moet ook nie die ringe te styf vasdraai nie

Ek het Thor ringe op.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 8:58 pm
by phb
Hoe akkuraat skiet die ammunisie wat jy gebruik?

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 9:17 pm
by joe rocket
phb wrote:Hoe akkuraat skiet die ammunisie wat jy gebruik?

Ek herlaai self weeg doppe, weeg punte, neck size, outer neck cutting is gedoen, skiet oor kronograaf en kry konstant 12 mm groeperings op 100m en 30mm groeperings op 300m. Soos ek genoem het in my eerste post as ek die scope afdraai van 25 na 12 vergroting skiet ek nie eers die a4 bladsy raak nie dus verskil die point of impact so dit sê vir my daar is iets fout met die scope.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 9:21 pm
by phb
Ek verstaan. Wou maar net seker maak. Ek gebruik self so teleskoop, sonder probleme. Die fokus stel tussen 40m en 280m, verder as dit is dit maar op oneindig. Sou ook daarvan gehou het as daar meer afstand was op die fokus.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun Apr 12, 2015 9:30 pm
by joe rocket
phb wrote:Ek verstaan. Wou maar net seker maak. Ek gebruik self so teleskoop, sonder probleme. Die fokus stel tussen 40m en 280m, verder as dit is dit maar op oneindig. Sou ook daarvan gehou het as daar meer afstand was op die fokus.


Sou ook daarvan gehou het die scope se parallaks is nogal sensitief.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Tue Apr 21, 2015 8:46 am
by joe rocket
Ek naweek my Hawke 8x32x56 opgesit en gaan skiet. Geweer skiet weer mooi 12mm groeperings.Het zeiss ingegee by Safari en hulle het hom weggestuur. Moet ook by sê Safari se diens is puik!

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Tue Apr 21, 2015 9:16 am
by sako 30-06
Maak n mens bekommerd as so DUUR scope soveel probleme gee.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun May 24, 2015 12:08 pm
by joe rocket
Ek doen bietjie navraag oor my zeiss en vra wanneer kan ek dit terug kry. Daar word vir my gesê zeiss Suid Afrika wag nou op n kwotasie van Zeiss Duitsland om die teleskoop reg te maak. Is dit normaal? Maak hulle dit in Suid Afrika reg of stuur hulle dit Duitsland toe? Lyk my zeiss het nie 'n omruilings waarborg nie.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun May 24, 2015 1:34 pm
by Francoisv
Bel vir Craig, Hy gaan uit sy pad on te help.

Craig Smith, Carl Zeiss Sports Optics, Randburg
Tel: +27(0)11 886 9510
Cell: 083 256 7321
Email: craig.smith@zeiss.com

Hoop jy kom reg.

Re: zeissconquest 5x25x50

Posted: Sun May 24, 2015 4:10 pm
by joe rocket
Dankie Francois sal hom more bel