Page 1 of 1

Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 9:32 am
by evdberg
Dagse Manne

Ek wil vir my n HOG Silencer op my HOWA 308 laat opsit. Kan enige van julle vir my terugvoer gee oor die HOG Silencer ?
Ek kyk na die Reflex model.
Die man adverteer op Facebook en sy prys is billik.

Sal graag wil hoor wat julle te se het asb ?

Groete

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 3:46 pm
by JohanvanZyl
Ek ken nie van HOG nie, maar ek ken vir Henk. Sit vir jou i Silent Hunter op en dan is jy klaar gesoek!!!

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 3:55 pm
by joe rocket
Sit n silent hunter op!

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 5:05 pm
by Dries101
Yup- daars nie rede om die wiel oor te ontwerp nie. Henk se reflex silincer is puik

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 5:20 pm
by PWV
evdBerg
Ek Google HOG Silencer - lyk my dit is 'n KD vir varke skiet?
Verduidelik bietjie, asseblief.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 8:15 pm
by evdberg
Oom PW - dit is n Silencer wat in Johannesburg vervaardig word. Hy word vir 1000 skote gewaarbord. Buite is hy hoe graad aluminium en binne vlekvrye staal. Die een wat ek in belang stel , die Hog Reflex, gaan 155cm by my HOWA 308 voeg en 480g.
Gideon maak hulle en gaan my 308 draai en die silencer vir my pas ook. Alles vir R2300.
https://www.facebook.com/profile.php?id=100009327095678
Die nuwe HOG DIFUSOR knaldempers is nou beskikbaar. Hierdie nuwe tegnologie kombineer verskeie unieke kenmerke om aan die jagter en sportskut n kwaliteit produk te bied teen n goeie prys. HOG dempers word vervaardig uit hoe graad aluminium en vlekvrye staal.
Die modulere ontwerp maak dit moontlik om die lengte van die demper te verstel soos wat omstandigdhede vereis. Die ingeboude ‘muzzle brake’ verminder terugskop tot 60 persent.
Die konstruksie van die HOG DIFUSOR gee aan jou n demper met n baie lae gewig in verhouding met volume en dB vermindering van 30 – 40.
Hog dempers is beskikbaar vir wapens van .22 tot .375 kaliber in 5 verskillende modelle.
Ons is in Roodepoort, Johannesburg.
Vir meer inligting kontak Gideon per e-pos of sel:


Daar is 2 x video's op die FB blab wat hys hoe skiet n 375 Ruger met en sonder die Hog Reflex - ongelooflik !

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Fri Apr 10, 2015 8:38 pm
by Rudie
Ek het vandag vir my die HOG op die 375 Ruger gesit, en al wat ek kan sê sover is KOOP HOM. Die vakmanskap is uitstekend, wat ek van die ontwerp hou is die modules wat verander kan word om by jou kaliber te pas en die ingeboude muzzle brake. Ek het al meeste dempers op die 375 gebruik en hierdie een is sover die beste, terugslag is soos my 308 sonder demper op. Die demper het ook stainless rondom die gate so hulle brand nie weg soos die ander alluminium dempers nie.

Ek het nou modules vir die 300WM ook bestel.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Mon Apr 13, 2015 12:18 pm
by evdberg
My HOG Reflex is op en hy loop soos n droom.
Gideon het my saterdag oggend vroeg gehelp - loop is gedraai en silencer is baie baie netjies gefit. Die vakmanskap is eerste klas.
Recoil en Muzzle break is aansienlik minder - en is natuurlik stiller. 25 rontes deur hom gejaag Saterdag, baie gelukkig met die groepering.

Ek sal die HOG Silencer beslis aanbevel.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Mon Apr 13, 2015 12:21 pm
by JohanvB
Lekker as 'n ding mooi werk.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Mon Apr 13, 2015 12:21 pm
by Nico Harris
Foto?

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Mon Apr 13, 2015 12:39 pm
by Riaan Kriel
evdberg wrote:Oom PW - dit is n Silencer wat in Johannesburg vervaardig word. Hy word vir 1000 skote gewaarbord. Buite is hy hoe graad aluminium en binne vlekvrye staal. Die een wat ek in belang stel , die Hog Reflex, gaan 155cm by my HOWA 308 voeg en 480g.
Gideon maak hulle en gaan my 308 draai en die silencer vir my pas ook. Alles vir R2300.
https://www.facebook.com/profile.php?id=100009327095678
Die nuwe HOG DIFUSOR knaldempers is nou beskikbaar. Hierdie nuwe tegnologie kombineer verskeie unieke kenmerke om aan die jagter en sportskut n kwaliteit produk te bied teen n goeie prys. HOG dempers word vervaardig uit hoe graad aluminium en vlekvrye staal.
Die modulere ontwerp maak dit moontlik om die lengte van die demper te verstel soos wat omstandigdhede vereis. Die ingeboude ‘muzzle brake’ verminder terugskop tot 60 persent.
Die konstruksie van die HOG DIFUSOR gee aan jou n demper met n baie lae gewig in verhouding met volume en dB vermindering van 30 – 40.
Hog dempers is beskikbaar vir wapens van .22 tot .375 kaliber in 5 verskillende modelle.
Ons is in Roodepoort, Johannesburg.
Vir meer inligting kontak Gideon per e-pos of sel:


Daar is 2 x video's op die FB blab wat hys hoe skiet n 375 Ruger met en sonder die Hog Reflex - ongelooflik !
Baie geluk met die KD, dit is lekker as 'n man tevrede is met jou nuwe speelgoed en dit werk soos veronderstel. Ek glo die lengte van die KD soos hierbo vermeld is seker bedoel as mm en nie cm nie......... Meer as 1.5m byvoeg op jou geweer gaan hom baie ongebalanseerd maak >:D ;) ++>:

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Mon Apr 13, 2015 8:20 pm
by Shakespierre
Foto???

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 8:03 am
by Farmer
Ek het gister 'n Tewis Klisch silencer opgesit en is BAIE gelukkig met hom. Hier is 'n foto van hom langs 'n Bobaas silencer. Hy is op my .308 en maak 'n baie groot verskil aan hoe die geweer skiet. Die Klisch kan as 'n blank gekoop word en jy doen jou eie threading of hulle doen dit vir jou. R1895 vat ingesluit vir die silencer.
Ons het gister geskiet en daar was 'n Silent Hunter met sy 10 chambers die Bobaas met sy 3 chambers en die Klisch met 5 amper geen verskil tussen hulle nie.......ek wil nou die Bobaas verkoop, hy het 'n 13x1 thread op, sal hom laat gaan vir R1500 plus R100 vir spoed pos, hy het omtrent 25 skote deur hom.
Die Bobaas is die kliener een van die twee. Bernard is die man wat die Klisch verkoop http://www.helber.co.za/wmenu.php

[url=http://s732.photobucket.com/user/Raymon ... 5.jpg.html][IMG]http://i732.photobucket.com/albums/ww32 ... zjcau5.jpg[/IMG][/url]

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 9:02 am
by Carl
Hoe waarborg mens 'n KD vir 1000 skote? Ek verstaan dat jy 'n motor kan waarborg vir tyd of toeretelling lesing maar 'n KD?

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 11:59 am
by Gawie(13mm)
Carl wrote:Hoe waarborg mens 'n KD vir 1000 skote? Ek verstaan dat jy 'n motor kan waarborg vir tyd of toeretelling lesing maar 'n KD?
Kan jou nie sê nie, maar as hy na 1100 skote uit mekaar val sal hy vervang word deur die man wat hom aan my gesmous het. >:D "Mahala"!

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 3:41 pm
by evdberg
Ek sal vanaand n foto of twee neem en plaas.

Oom PW - Ja ek het bedoel 155mm (15.5cm) byvoeg....anders kan ek bokke begin poke voor ek hulle skiet...en myslef vrek dra...

Ja, ek sal moet duidelikheid kry oor hoe die waarborg gaan werk. Gideon het baie toets data - hy het self sy KD gaan toets - hy sal kan sien of n KD 100 of 1000 skote deur hom het - ongeveer. Daar is nog nie een van sy KD's na hom toe terug gestuur / gebring nie - so far so good !

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 3:54 pm
by Finfan
Carl wrote:Hoe waarborg mens 'n KD vir 1000 skote? Ek verstaan dat jy 'n motor kan waarborg vir tyd of toeretelling lesing maar 'n KD?
Dit klink darem nice. Dalk deel van sales strategy.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Apr 14, 2015 6:46 pm
by Capt. Yoda
Nightro boys ;)

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Wed Apr 15, 2015 7:24 am
by evdberg
Hier is n paar foto's soos belowe.

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Mar 08, 2016 3:18 pm
by James Wright
Het 1 van julle die Hogg al op n 338 Lapua probeer?

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Mar 08, 2016 9:39 pm
by BeesBreet
Die manne wat die HOG silencer wel het, smeer die groef draad met "copper slip"... Want as hy vas is kry jy hom nie los nie.
Baie lekker silencers, want hy maak lekker skoon...

Re: Terugvoer op HOG Silencer gesoek

Posted: Tue Jun 14, 2016 2:16 pm
by Sangoma (IAN)
Ek was ook vandag by Gideon gewees. Baie hulpvaardige ou. Sy silencers lyk baie smart. Vakmanskap is 110%. Sy design lyk baie soos die A-Tec silencers wat S&O ten duurste verkoop het.

Ek sal def so silencer aanbeveel. Jy kan die baffels af skroef en meer of minder he, soos jy verkies.