Page 1 of 1

Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:07 am
by sako 30-06
Ken enige iemand die koeels?
Kyk spesifiek na die 145gr Frontier Range Master Bullets en die 150gr Spartan vir my 30-06.

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:15 am
by Hingsding
Goeie more.

Wil maar net vir jou se dat ek die 200gr Spartans skiet uit my 375 Ruger en kry wonderlike prestasie en akuraatheid. Het letterlik als van Springbok tot Eland geskiet met die kombinasie sonder enige probleme.

Die ander voordeel van die Frontier's is dat hulle darm hier in ons ou landjie gemaak word en dat hulle altyd beskikbaar is en nie aan die "swak Rand" wisselkoers gekoppel is nie.

Dit is n groot kopseer as jy al die moeite doen met lading ontwikkeling ens (soos met van die ander make) en dan eweskielik nie weer van n spesifieke punt in die hande kan kry nie.

Net my opinie.

Sterkte.

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:30 am
by Piet Pille
Jip .
Gebruik 250gr Spartans in my 375. Akuraat en en baie goeie terminale werksverigting. Baie naby aan Barnes TSX werkverigting, maar goedkoper

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:31 am
by Hingsding
Stem 100 %

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:46 am
by Hein M.
Hiet iemand ondervinding van hulle .308 155gr CMJ punte? Sien dit is net R3 per punt...

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 10:57 am
by mossie
Cmj lekker oefenpunt, maar sal nie met dit jag nie. By jag is Spartan koning. Ek is nogal opgewonde oor hulle Rangemaster, toon belowende resultate in die 243 Ackley en is ook nogal bekostigbaar.

MOSSIE

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 11:43 am
by Hein M.
mossie wrote:Cmj lekker oefenpunt, maar sal nie met dit jag nie. By jag is Spartan koning. Ek is nogal opgewonde oor hulle Rangemaster, toon belowende resultate in die 243 Ackley en is ook nogal bekostigbaar.

MOSSIE
Nee, wil net teikenskiet. Is hulle akkuraat?

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:09 pm
by Swede
Hein M. wrote:
mossie wrote:Cmj lekker oefenpunt, maar sal nie met dit jag nie. By jag is Spartan koning. Ek is nogal opgewonde oor hulle Rangemaster, toon belowende resultate in die 243 Ackley en is ook nogal bekostigbaar.

MOSSIE
Nee, wil net teikenskiet. Is hulle akkuraat?
Sal ook graag weet hoe perform die rangemaster op die baan, lyk asof dit kan goed doen. R450/100 is ook nie te duur vir 'n CNC vervaardigde koel nie.

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 3:06 pm
by terven
mossie wrote:Cmj lekker oefenpunt, maar sal nie met dit jag nie. By jag is Spartan koning. Ek is nogal opgewonde oor hulle Rangemaster, toon belowende resultate in die 243 Ackley en is ook nogal bekostigbaar.

MOSSIE
MOSSIE
Ek het die rangemaster in my 243 AI 1/8 "twist" probeer maar die groepe was maar swak ,watse twist is jou Ackley en met watse kruit skiet jy?
Dankie
Terven

Re: Frontier Bullets

Posted: Wed Apr 08, 2015 8:24 pm
by sako 30-06
Het enige iemand al die range masters gebruik?

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 7:36 am
by Klein Chris
Laai die 150gr Spartan HPBT in my 30-06 +-2750vps 18mm groepe op 100m.

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 7:55 am
by japievan
Waar kan mens die Frontiers in die hande kry. Het al e-mails gestuur maar kry geen reply.

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 7:59 am
by tripodmvr
Het 'n lading in my 243AI geskiet met die Rangemaster. Nie slegte groep nie, maar nie naby 'n node nie. Moet nog verder eksperimenteer. Druk lyk heel normaal.

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 8:10 am
by sako 30-06
tripodmvr wrote:Het 'n lading in my 243AI geskiet met die Rangemaster geskiet. Nie slegte groep nie, maar nie naby 'n node nie. Moet nog verder eksperimenteer. Druk lyk heel normaal.
Hoe vergelyk die rangemaster koeel se lengte met die Barnes?

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 9:05 am
by tripodmvr
In praktiese ronde getalle :-
80gr Rangemaster = 27,5mm
Barnes 8TSX = 27mm

Sien nou my 3 skoot groep met die RM was 35mm op 100m.

Re: Frontier Bullets

Posted: Thu Apr 09, 2015 4:48 pm
by Riaan Kriel
Daar is van die manne in Klerksdorp omgewing wat blykbaar punte gekry het om te toets vanaf Frontier, ek het nooit weer iets gehoor of gelees van die resultate van die toetse nie. Dalk kan Eugene of Maxboostsa of van die ander manne meer inligting gee?