Page 1 of 1
Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 7:51 am
by Uys
More almal. Dis my eerste post die. Ek is n nuwe herlaaier wat nou baie terme probeer leer en verstaan. Die belangrikste huidiglik vir my is veiligheid en waneer om te besluit n ronte is nie meer veilig nie.
EK het Maandag my eerste 7x64 self gelaaide ammo geskiet.
Punte: 150 gr Lapua
TPL: 83.5
Jump: 0.5mm
Ek het 3 elk gelaai van (Begin op minimum waarde van Somchem boekie)
47.5 gr - gemiddeld 2580 fps
48 gr - Chrony nie gelees nie.
48.5 gr- Chrony nie gelees nie.
49 gr - Was te bang om verder te skiet.
49.5 gr
50 gr
50.5 gr
51 gr
Op 48gr het ek alreeds druk tekens gekry maar die 47.5gr het my n 20mm groepering op 90m gegee, so ek is nie ongelukkig daarmee nie.
Verstaan ek reg dat n langer jump my druk kan verlaag?
Wat is die effek daarvan om die jump te verleng?
Die foto onder is op n dop wat 48.5 gr gelaai was:
http://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=20282&sid=3f8c488b070fd19e861ed97f14a0e487
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:26 am
by Capt. Yoda
Die plat primer? Kan baie dinge wees
Watse kruit het jy gelaai, ek ken nie regtig daai kaliber nie maar daai spoed klink nie vreeslik nie
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:42 am
by tripodmvr
Baie welkom hier. As jy jou nog nie voorgestel het nie gebruik hierdie skakel
http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126
Gee asb meer volledige inligting alvorens ons menings kan lug. Looplengte, tipe drymiddel ens.
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:47 am
by THOMAST
Hallo Uys, welkom hier op die forum.
Waar bly jy? Miskien is daar iemand in jou omgewing wat kan help. 4 oë is beter as twee
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:50 am
by Jakkels 223
More,
ek laai self ook vir my 7x64, dope PMP, S365, 51.4gr, 160gr Nosler Acc, CCi200 primers, Spoed 2700f/s. TPL is 87mm omtrent 4mm weg van lande anders pas hul nie in magasynkas nie. Kry ook geen druktekens nie.
Kan dit nie dalk wees dat die koeel te diep "ge-seat" word en onnodige druk veroorsaak nie??
Groete
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:17 am
by Capt. Yoda
FL size jy jou doppe?
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 10:03 am
by Alwin
Daai slagdop lyk vir my of daar 'n bietjie kopspasie was a.g.v. "FL size". Meer inligting sal help.
In die afwesigheid van 'n gekalibreerde drukmeter, is trompspoed is die eerste kriteria om te oorweeg, om te bepaal waar die drukvlakke lê.
Stel jou chronograaf ten minste 5m van die tromp af op, dit behoort beter lesings te gee.
Op die 7 x 64 (en 7 x 57) moet 'n mens baie versigtig wees met die Somchem laaidata. Die data in die boekie is ontwikkel met PMP koeëls, wat gewoonlik 0,283" diameter is. Die standaard op Amerikaanse (SAAMI) 7mm's is 0,284". Europese (CIP) spesifikasies gee koeël en groefdiameters van 0,285" aan. Die verskil in diameters maak 'n groot verskil in druk. (Lees die nota onder aan die 7mmRM laaidata in Somchem se boekie, dit word daar ook geenoem.)
Ek aanvaar jou Lapua koeëls is op 0,285" diameter? Hulle sal dus meer spoed en druk in jou loop maak as die PMP's wat in die boekie gelys word. Wees uiters versigtig en meet die spoed so akkuraat as moontlik.
As jy al die afmetings en ander data kan gee, kan van die manne met QL jou dalk help met beter inligting.
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 2:12 pm
by Uys
Capt. Oblivious wrote:Die plat primer? Kan baie dinge wees
Watse kruit het jy gelaai, ek ken nie regtig daai kaliber nie maar daai spoed klink nie vreeslik nie
S365
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 2:12 pm
by Uys
THOMAST wrote:Hallo Uys, welkom hier op die forum.
Waar bly jy? Miskien is daar iemand in jou omgewing wat kan help. 4 oë is beter as twee
Ek bly in Centurion
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 2:13 pm
by Uys
Jakkels 223 wrote:More,
ek laai self ook vir my 7x64, dope PMP, S365, 51.4gr, 160gr Nosler Acc, CCi200 primers, Spoed 2700f/s. TPL is 87mm omtrent 4mm weg van lande anders pas hul nie in magasynkas nie. Kry ook geen druktekens nie.
Kan dit nie dalk wees dat die koeel te diep "ge-seat" word en onnodige druk veroorsaak nie??
Groete
Dankie
Ek het n 87mm Max TPL gemeet met die skoonmaak stok, maar Somchem reken 84mm Max TPL, hoekom is dit?
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 2:23 pm
by dsmerrills
Uys wrote:Jakkels 223 wrote:More,
ek laai self ook vir my 7x64, dope PMP, S365, 51.4gr, 160gr Nosler Acc, CCi200 primers, Spoed 2700f/s. TPL is 87mm omtrent 4mm weg van lande anders pas hul nie in magasynkas nie. Kry ook geen druktekens nie.
Kan dit nie dalk wees dat die koeel te diep "ge-seat" word en onnodige druk veroorsaak nie??
Groete
Dankie
Ek het n 87mm Max TPL gemeet met die skoonmaak stok, maar Somchem reken 84mm Max TPL, hoekom is dit?
Somchem load to saami spec so they make there TPL saami so that the reloaded round can fit into any rifle of the same calibre! Hope that helps remember no rifle in the same calibre is ever the same that why my TPL in the same calibre will be different to yours using the same components
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:46 pm
by vossie1
Uys watse lot nr is.daai S365 want dit is ons swart skaap.van kruite. Welkom hier by die gunne site, jy dink 4x4 is verslawend jy het nou n beel ander perd opgesaal. As iemand jou kan kom help of as jy jou goed safari and outdoor toe vat sal hulle jou mooi help. S365 moet jy maar altyd lott nrs bysit.
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:20 pm
by Cobus(Cobb)
Jy vra:
Wat is die effek om jump te verleng??
Teen die lande, is soos om 'n kar wat se handbriek op is, te probeer stoot....jy sal dit seker reg kry met moerse druk, maar mag dalk 'n aar in jou kop bars..
Weg van die lande, is jou enigste weerstand, die knypkrag van die dop se nek op die koeël se skag, dus is jou "handbriek af" en kan jou koeël wegtrek met laer, veilige druk...
Hoop die maak effe sin...
Cheers
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Thu Apr 09, 2015 6:05 am
by tripodmvr
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Thu Apr 09, 2015 6:06 am
by tripodmvr
Cobus(Cobb) wrote:Jy vra:
Wat is die effek om jump te verleng??
Teen die lande, is soos om 'n kar wat se handbriek op is, te probeer stoot....jy sal dit seker reg kry met moerse druk, maar mag dalk 'n aar in jou kop bars..
Weg van die lande, is jou enigste weerstand, die knypkrag van die dop se nek op die koeël se skag, dus is jou "handbriek af" en kan jou koeël wegtrek met laer, veilige druk...
Hoop die maak effe sin...
Cheers
I like!!!! Baie praktiese uiteensetting
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Thu Apr 09, 2015 7:08 am
by Uys
Ok, so soos ek verstaan:
n Korter TPL gee jou laer druk.
Die slag doppie wat ek bo wys is nie noodwendig n probleem nie.
Solank my snelheid in n redelike range bly hoef ek nie te worry oor druk nie?
Re: Leer my van druk tekens asb
Posted: Thu Apr 09, 2015 7:53 am
by japievan
Uys
In korter TLP met dieselfde lading gaan ook meer druk gee volgens my, aangesien jy die dopvolume verklein as die koeël dieper ingedruk word.