Page 1 of 2
Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Apr 07, 2015 8:43 pm
by 1lum1nat1
Hi almal
Ek het bietjie hulp nodig. Ek het vir my 'n CZ 455 Varmint in 22LR gekoop en nou kort ek 'n teleskoop.
Ek het nie veel om mee te vergelyk nie, maar ek het tans 'n Vortex Viper HS LR 4-16x50 op my .300 en baie happy met hom, R9000 is net bietjie styf vir die .22
As ek so R4500 op teleskoop, basis en ringe wil spandeer, waarna kan ek kyk? Ek kan die budget effens rek as dit werklik die moeite werd is.
Dit is net 'n lekker roer om mee te karring en om my oog in te hou, wat effens meer bekostigbaar is om baie te skiet as die 300WM
Groete
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Apr 07, 2015 8:54 pm
by Ashley
Ek het in die maand n Nikon Prostaff 4-12x42 nuut gekoop by ARMS hier in Pta vi R3200. Het geen ringe benodig nie, so gedink dit vas n goeie prys.
Ekt n Nikon M3 BDC ook op die .06,(hy was so R6000) so is nogal n fan van Nikon. Nog nooit probleme gehad met hulle en dink hul pryse is nie sleg.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Apr 07, 2015 9:30 pm
by Arnold
Vir my was dit belangrik dat die scope se paralaks moes kon af stel tot 10m vir my .22. Min scopes doen dit egter en baie begin op 25 of 45ydsas paralaks kan verstel. Ek wou ook minstens n 12x vergroting as minimum maksimum vergtroting hê. My oplossing was n Bushnell 6500 2.5-16x50 ... bietjie buite jou budget maar dalk kan jy meer vertel van wat jy wil hê en jou vereistes of dalk laat dit jou hieroor dink

Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Apr 07, 2015 9:56 pm
by 1lum1nat1
Arnold, ek lees graag, maar weet baie min. Ek het eerlikwaar net eenvoudig te min ervaring om vir jou in 'n kort en kragtige sin te sê wat ek wil hê, want ek weet nie.
Dit is heelwaarskynlik almal se doel (om beter te skiet), so dit is seker n helse "cliché", maar ek wil iets hê wat my gaan help sodat ek my 300WM met sy bdc reticle beter kan benut. As ek enigsins verder moet uitbrei gaan ek net nonsens praat.
Toe ek my Vortex gekoop het was die volgende op my kort lysie, goeie "eye relief", goeie waarde vir geld en n uitstekende waarborg.
Dankie Ashley, ek sal bietjie loer.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Apr 07, 2015 11:44 pm
by Hein M.
1lum1nat1 wrote:Hi almal
Ek het bietjie hulp nodig. Ek het vir my 'n CZ 455 Varmint in 22LR gekoop en nou kort ek 'n teleskoop.
Ek het nie veel om mee te vergelyk nie, maar ek het tans 'n Vortex Viper HS LR 4-16x50 op my .300 en baie happy met hom, R9000 is net bietjie styf vir die .22
As ek so R4500 op teleskoop, basis en ringe wil spandeer, waarna kan ek kyk? Ek kan die budget effens rek as dit werklik die moeite werd is.
Dit is net 'n lekker roer om mee te karring en om my oog in te hou, wat effens meer bekostigbaar is om baie te skiet as die 300WM
Groete
Wat wil jy doen met die geweer?
Dit sal help met die keuse van 'n teleskoop.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 7:15 am
by JTM
Kyk beslis ook na die Hawke reeks telescope vir jou .22 . Ek sal jou spesifiek verwys na die Varmint SF 4-16x44 om by jou huidige vergroting te pas. Hulle is lekker lig en kom ook met 'n goeie wêreld wye waarborg. Dit kan ook tot 10m parallax verstel soos Arnold genoem het. Die parallax verstelling is teen die sy van die teleskoop nes jou Vortex.
Safari het van hulle in voorraad vir R3150 en as jy dan die balans van jou begroting neem en op goeie montering spandeer soos Burris Signature Z of Sportsmatch wat kan vertsel , dan kan jy jouself baie mooi inrig. Die CZ kom reeds met 9-11mm gleuwe gesny , dus het jy nie basisse nodig nie.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 7:22 am
by Arnold
Kyk dalk na iets soos hierdie:
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_mill_dot
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/images/stock/big/HK5133.jpg
Die 4-16x44 soos Jannie voorstel kan ook mooi werk en sou my keuse wees indien sy paralaks tot naby kan stel.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:06 am
by 1lum1nat1
More almal, baie dankie vir die terugvoer, ek waardeer dit opreg.
Hein, in alle waarskynlikheid gaan hy net vir teiken skiet gebruik word.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:37 am
by Doomslayer
Ek het 'n Lynx op my .22 CZ 455 varmint - hy het adjustable objective wat kan stel vanaf 10 of 15 yard tot infinity. Hy werk baie lekker vir die .22 en kos ook nie arm en been nie. EK dink ek het so R4000 ongeveer betaal so drie jaar terug.
Lynx LX 4.5-14x40AO - kyk maar op hulle website.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 10:02 am
by Hercules Louw
1lum1nat1,
Jy kan gerus na Lynx LX2 4.5-14x40ao kyk.
http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... 5-14x40ao/
Ek het so een op my .22 en die teleskoop is werklik besonder helder, dit stel ook perfek. Ek het die hold over reticle wat lekker werk vir 'n .22 tot 100m. Hierdie spesifieke model is na my mening 'n totaal onderskatte teleskoop in die mark.
Vir 'n effens laer prys kan jy ook kyk na die Lynx LX 4-16x42D AO. Hierdie teleskoop is ook heeltemal voldoende vir jou behoeftes.
http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... -4-16x42d/
Lynx teleskope kom met 'n lewenslange waarborg en enige herstelwerk word vinnig plaaslik gedoen.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 5:48 pm
by Spanner
Jy kan ook die een oorweeg, ongeveer R2900 sonder basisse of ringe. Ook baie goed en ideaal vir .22
Parallax vanaf 10 yds
Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 Precision Riflescope
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Wed Apr 08, 2015 6:54 pm
by dsmerrills
You can also have a look at the leupold vx1 2-7x28 rimfire but I'm not sure who would stock leupold rimfire range of scopes, you may have to order one!
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sat Apr 11, 2015 4:13 pm
by 1lum1nat1
Dankie almal, ek waardeer dit terugvoer.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sat Apr 11, 2015 5:16 pm
by Fluffa
Hi 1lum1nat1,
Ek het die Nikon ProStaff 3-9x40 op my BRNO mod 2. Daar is geen Side Focus nie, die parallaks is vas op 100m. Baie goeie helderheid, skiet amper elke naweek meerkatte tussen 75-100m afstande, almal kopskote. Kon seker nie beter doen vir R2,050 nie.
Ek het die Nikon ProStaff 4-12x40 op die 7x57 Mauser, werk fantasties vir R2,400. Nog nooit naverkoop diens benodig nie, maar die ouens sê dis goed.
Groete Fluffa
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sun Apr 12, 2015 5:10 pm
by Basie2
Het self 6x42 Lynx met paralax op 50 op my.22. Skiet bosduiwe en teiken, maar het vortex diamond 3-9x40 vir vriend gekoop vir R2700 en op sy 3006 gesit die vortex het goeie kwaliteit helderheid ek was verbaas, het self NF en Leupold op my gewere, maar baie groot $ verskil. Ongelukkig is $ jou vyand. Bostaande manne gee goeie raad.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sun Apr 12, 2015 5:37 pm
by Leon Crous
Sorry , maar ek dink enige ou wat paralaks nodig het vir .22 is effe deumekaar!
My genade, hoe ver wil 'n mens nou met 'n .22 skiet!!!
Daar is menigte scopes wat teen R1000 oor goed genoeg vir .22 is.
Kies enige een.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sun Apr 12, 2015 5:49 pm
by Frikkie Coetzee
Arnold wrote:Kyk dalk na iets soos hierdie:
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_mill_dot
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/images/stock/big/HK5133.jpg
Die 4-16x44 soos Jannie voorstel kan ook mooi werk en sou my keuse wees indien sy paralaks tot naby kan stel.
Ongelooflik hoe baie die teleskoop lyk na die SAJ teleskope. Ek sweer hy is op selfde basiese ontwerp gedoen.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Sun Apr 12, 2015 6:28 pm
by Basie2
Leon, ek voel soos jy, maar ons is maar verskillend met 'groter' beursies ek het oop visier leer skiet tot ek 26 was!!
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Thu Apr 30, 2015 3:51 am
by Piet Breedt
Leon Crous wrote:Sorry , maar ek dink enige ou wat paralaks nodig het vir .22 is effe deumekaar!
My genade, hoe ver wil 'n mens nou met 'n .22 skiet!!!
Daar is menigte scopes wat teen R1000 oor goed genoeg vir .22 is.
Kies enige een.
Leon, die rede hoekom dit absoluut belangrik is om paralax wat van 10 yards af, of daar naby is op n .22 geweer scope te he is die volgende.
Meeste scopes wat gemaak word is paralax vry op 100y of m gestel, en as jy so scope op n .22 sit en jy wil naby skiet, soos by meeste jagtersverenigings se .22 tabelle gaan jy nooit so akuraat kan skiet as met een wat paralax vry gestel kan word op so kort afstand. Dit kan baie duidelik gesien word wanneer jy aanle, en dan jou kop effens na links en regs beweeg, en op en af. Jy sal sien dat die kruishaar dan lyk of hy baie op en af en links en regs beweeg. Dit is agv die paralax wat nie reg gestel is. As jy dan jou kop nie presies in die regte plek hou en jou wang nie elke keer presies op die regte plek en hoek hou teen die wangstuk, gaan jy beslis n paralax fout he. Dit is bykans onmoontlik om jou wang op presies dieselfde plek te he in al die verskillende skietposisies soos, sit staan en le.
Dit gaan die verskil tussen n wen score en net n goeie score maak, glo my.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Thu Apr 30, 2015 6:54 am
by joe rocket
Ek sal ook na die hawke scopes kyk hulle paralaks stel van af 10 tree. Hulle glas is ook goed.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Thu Apr 30, 2015 7:17 am
by Dirkvh
joe rocket wrote:Ek sal ook na die hawke scopes kyk hulle paralaks stel van af 10 tree. Hulle glas is ook goed.
Sou my keuse ok gewees het, het al baie Hawke scopes gehad op my PCP geweertjies en hul is awesome.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Thu Apr 30, 2015 9:49 am
by Spanner
Ek by S&O vir my 'n Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 Precision Riflescope gekoop op hulle spesiale aanbieding, R1 600. Ek dink dis ;n bargain, meer as R1 000 afslag gekry.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Thu Apr 30, 2015 9:09 pm
by Piet Breedt
Spanner wrote:Ek by S&O vir my 'n Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 Precision Riflescope gekoop op hulle spesiale aanbieding, R1 600. Ek dink dis ;n bargain, meer as R1 000 afslag gekry.
Ek het self so een op my .22 en is baie tevrede met hom.
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Fri May 01, 2015 9:15 am
by Armand Steenkamp
Ekt n Hawk 3-9x50 AO gekoop... Moet se eks bietjie teleurgesteld. Kruis is vir my baie duk en hy is nie so helder soos my Nikko Sterling game king op my 303 nie..
Groetnis
Re: Teleskoop vir .22LR
Posted: Tue Jun 02, 2015 12:53 pm
by Pestpatrol
Ek het 'n BSA Sweet 22 op my .22 hy is lekker goedkoop en het nie te slegte helderheid nie. Ek hou van die "Balistic Turret" wat reeds reg is vir die meeste van die patroontjies wat beskikbaar is. Het al duiwe op 150m met hom geskiet. Hi-Tec Arms in Benoni verkoop hulle vir R1700.