Page 1 of 1

Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 5:25 pm
by Dwight375
Hello Manne

Ek is opsoek na Monrique hier op die forum, is daar iemand wat meer besonderhede vir my het. Ek wil n teleskoop by hom aankoop en pryse kry.

Dankie en groete

Re: Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 5:56 pm
by Hein M.
Dwight375 wrote:Hello Manne

Ek is opsoek na Monrique hier op die forum, is daar iemand wat meer besonderhede vir my het. Ek wil n teleskoop by hom aankoop en pryse kry.

Dankie en groete
Ek dink nie SJ is tuis nie. Dink hy werk op 'n olieboor iewers...

Re: Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 6:20 pm
by Hercules Louw
Hallo Dwight

VLT wapens was tevore die enigste agent vir Burris in Suid Afrika en ek het verstaan dat Monrique deur hulle gewerk het. Die Burris agentskap is onlangs na African Outdoor Sports ( http://aosports.co.za/ ) geskuif en Burris produkte behoort dus binnekort deur verskeie handelaars landswyd bemark te word, maar die prys gaan verseker hoër wees. Ek sal jou aanbeveel om vir VLT te kontak (012-3330171) en te hoor of hulle nie dalk nog voorraad het van die scope waarin jy belangstel nie.

Re: Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 8:53 pm
by Chop
Vlt het niks meer voorraad nie.

Re: Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 9:33 pm
by Fanta300
Optics International verkoop Burris

Re: Burris agent

Posted: Tue Apr 07, 2015 9:33 pm
by Dwight375
Dankie

Ek het reg gekom.

Groete

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 11:26 am
by DriesdlR
Dwight

sal graag wil weet by wie het jy reggekom?

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 11:30 am
by matewis
Ek ook asb, en teen watter pryse as jy nie omgee nie?

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:02 pm
by Dwight375
Hello Manne

Nee ek bedoel net ek het met SJ gepraat, klink asof niemand meer van die teleskope het nie.

Groete

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:16 pm
by matewis
Ek dink die teleskope verkoop baie goed en ons hier moet maar geduldig wag op voorraad. Interessant, ek lees oor Optilocks op Sako se website en sien nogals dat hul op die foto die ringe met 'n Burris vertoon. Puik advertensie vir Burris. Ek dink hul is groter oor die waters as wat ons hier plaaslik besef.

http://www.sako.fi/scope-mounts

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:18 pm
by Swede
matewis wrote:Ek dink die teleskope verkoop baie goed en ons hier moet maar geduldig wag op voorraad. Interessant, ek lees oor Optilocks op Sako se website en sien nogals dat hul op die foto die ringe met 'n Burris vertoon. Puik advertensie vir Burris. Ek dink hul is groter oor die waters as wat ons hier plaaslik besef.

http://www.sako.fi/scope-mounts
Het dit ook gesien 'n ruk gelede, se iets oor Burris ;)

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:24 pm
by Dwight375
Ja ek hou baie van daai einste 14x E11 reticle, ek is nou stadig maar seker opsoek na 2 van hulle.

Ek is nie mal oor die 20x teleskope nie, die kruishaar is vir my n bietjie dun.

Re: Burris agent

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:49 pm
by Fanta300

Re: Burris agent

Posted: Tue Jun 09, 2015 10:56 am
by Induna
Hi,

ek is ook n groot Burris "fan"... goeie waarde vir geld en het nog geen probleme met myne gehad nie.. ek het Burris op twee van my gewere, en nommer drie is oppad...!

Jacques