Page 1 of 1

Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Tue Apr 07, 2015 3:29 pm
by ROBBIE1
Wat is die koste tans vir n wild telling in julle omgewings? Per uur of per hektaar?

Ek praat nou van tjopper of grond tel, maak nie saak watter tyd van die jaar nie.

Gee die ou wat die telling doen jou n % georienteerde waarborg vir sy telling, m.a.w. se hy my telling is 100%, 80%, 50% gewaarborg om korrek te wees?

Ek gaan nie nou uitbrei nie, maar werk aan iets saam met n vriend, wat ek dink 90% plus akkuraat gaan wees met telling, maar wil voor ek my kop in dit druk, net mooi berekend somme maak, want dis n duur speletjie!!

Vlakte tel is maklik, ek dink hier meer spesifiek aan bosveld en berg areas.

Sal julle ervarings graag wil sien.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:54 pm
by ROBBIE1
Is hier nou wraggies nie eers een boer wat laat tel nie, of werk hulle dalk te hard en kom nie by die forum uit nie.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 1:57 pm
by Eduard Venter
Ons wou laasjaar laat tel maar het toe op die ou end dit nie gedoen nie dink die prys was R3000 per uur maar ek kan nie mooi onthou nie kon seker 4k ook wees

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:01 pm
by ROBBIE1
Eduard sou dit met fotos wees of net vlieg en tel?

Dan kom die ding natuurlik hoe groot is die grond, hoeveel ure vlug tyd gaan dit jou kos?

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:06 pm
by Eduard Venter
Ek is nie seker of dit fotos insluit nie hullet net vir ons die prys per uur gese maar op die ou end het ons besluit om nie te laat tel nie so het nie regtig kennis daaroor nie

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:07 pm
by Eduard Venter
Hulle het vir ons gese hulle kan ons 1000 hektaar bosveld in bietjie meer as n uur tel

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:11 pm
by ROBBIE1
Dankie Eduard.

Ekt vanoggend met n Thaba boer gesels, hy het verlede jaar Aug R4500.00 per uur betaal. Sy plaas is 1480ha en was die vlugtyd 3.6 ure. Manne met ondervinding, klink dit naastenby reg vir julle?

Die teller gee ook geen waarborge nie, so hy kan of reg of heel in sy mikke verkeerd wees, dis maar die boer se probleem!!!

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:39 pm
by Capt. Yoda
ROBBIE1 wrote:Dankie Eduard.

Ekt vanoggend met n Thaba boer gesels, hy het verlede jaar Aug R4500.00 per uur betaal. Sy plaas is 1480ha en was die vlugtyd 3.6 ure. Manne met ondervinding, klink dit naastenby reg vir julle?

Die teller gee ook geen waarborge nie, so hy kan of reg of heel in sy mikke verkeerd wees, dis maar die hoer se probleem!!!

en het hulle nie baie probleme nie

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 2:46 pm
by Ashley
Capt. Oblivious wrote:
ROBBIE1 wrote:
Die teller gee ook geen waarborge nie, so hy kan of reg of heel in sy mikke verkeerd wees, dis maar die hoer se probleem!!!

en het hulle nie baie probleme nie
:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 3:02 pm
by ROBBIE1
:): ...........

Damm da vang julle my, sorry al die boere niks daarmee bedoel nie, die vingers......

;D ;D .

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 3:27 pm
by Capt. Yoda
ROBBIE1 wrote::): ...........

Damm da vang julle my, sorry al die boere niks daarmee bedoel nie, die vingers......

;D ;D .

Is waar die meeste probleme begin. Sorry was n lang dag ++>:

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 3:48 pm
by Riaan Kriel
ROBBIE1 wrote:Dankie Eduard.

Ekt vanoggend met n Thaba boer gesels, hy het verlede jaar Aug R4500.00 per uur betaal. Sy plaas is 1480ha en was die vlugtyd 3.6 ure. Manne met ondervinding, klink dit naastenby reg vir julle?

Die teller gee ook geen waarborge nie, so hy kan of reg of heel in sy mikke verkeerd wees, dis maar die hoer se probleem!!!
Die hoer se probleem het seker iets te doen met die mikke wat verkeerd is.... >:D ++>: :laugh:

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 3:53 pm
by ROBBIE1
:laugh: Hel ma julle is skerp vandag hoor!

>:+ >:D

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 5:55 pm
by kwagga
Laaste keer wat ek laat wild tel het het dit gemiddeld van so uur per 500 hektaar gevat met die R44 chopper. Hier by ons kan mens baie akkurate telling kry laat winter net voor die eerste reens. Gedurende die somer is dit heeltemal te bebos en kruip van die bokke weg in die bos of onder bome.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Wed Apr 08, 2015 6:41 pm
by Farmer
Ons is maar in die vlakte tussen Dullstroom en Machadodorp, 4 quad bikes en ons werk 2000ha sommer gou gou klaar.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Fri Apr 10, 2015 4:45 pm
by ROBBIE1
Ja nee Farmer vlakte is lekker, dis die bosveld en bergwereld waar manne n tjopper moet kry.

Ek wil n stelling maak dat dit te duur is om te laat tel, en dit die rede is dat baie boere dit nie doen nie, en dan te laat agter kom dat sy wild min raak. As mens dit goedkoper en meer akkuraat kan doen, dink ek meer boere sal jaarliks tel.

Teen R5000 per uur met die tjopper om 500ha te tel, is dit R10 pha. As daai koste kan halveer, en dit die boer R7500 kos om n 1500ha plaas te tel, sal daar meer aftrek wees vir so iets?

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Fri Apr 10, 2015 5:47 pm
by kwagga
ROBBIE1 wrote:Teen R5000 per uur met die tjopper om 500ha te tel, is dit R10 pha. As daai koste kan halveer, en dit die boer R7500 kos om n 1500ha plaas te tel, sal daar meer aftrek wees vir so iets?
Teen daai prys kan mens meer as twee keer per jaar laat tel! En met die huidige waarde van wild is dit 'n moet!

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Fri Apr 10, 2015 7:14 pm
by Farmer
Daar kan dalk plek wees vir die nuwe "drones" die goed is nie sleg nie en van hulle het baie goeie kameras op. Ek het na een gekyk wat jy net die gps co-ords insit dan vlieg hy self na al die punte en kom weer trug na jou toe..........as jy met Gary by Hobby Center in Kempton praat, hy is 'n spesialis in die gebied, ek is seker hy sal daarna kyk!

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Fri Apr 10, 2015 8:44 pm
by ROBBIE1
Dit is juis waarmee em besig is Farmer. Die groot ding is mens moet klaar n ordentlike een koop, met die programme wat nodig is om n plaas te plot, bystand baterye, program om fotos in n kaart te omskep, en kamera wat se pixels so is dat jy kan inzoom en sien wat aangaan sonder dat die foto uit fokus raak, kyk jy na n aardige bedraggie.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Sat Apr 11, 2015 6:25 pm
by Stefan Fourie
Ek het verlede jaar help wild tel uit 'n gyro uit. Dit was ±10,000 hektaar plaas in die Koës Kalahari en ons was baie na aan 2,5 ure besig. Vlieg op die GPS en kan so maklike lyne bepaal, ek sou sê ons was baie na aan 95% reg gewees. Die koste was 1,500/uur en dan moes die boer die gyro by hom vol petrol hou.
Hier is jagters op die forum wat al by die oom gejag het, hy is omtrent 80 jaar oud, maar flymskerp en 'n dierbare mens, ek kan nou verstaan hoekom julle so goed van oom Hennie gepraat het.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Mon Apr 27, 2015 8:32 am
by josh..
Morning we counted here in east cape last month. Used a r22 chopper. Was 5k an hour. We flew plus minus 7000hectares in four hours. Just the pilot and myself. Was my first time so it took a bit longer but we'll worth it. Took loads of photos Aswell as counting. 5grand an hour wet rate.

Re: Wat betaal jy nou vir n wild telling?

Posted: Fri Jul 03, 2015 10:52 pm
by Frikjordaan
Het ook die wild op 4500 hektaar berg veld laat tel
R5000 per uur plus belasting
2 ure vlieg en .8 uur ferry het raps oor R17000 gekos
Kon 90 gemsbokke en meer as 100 kudus tel
Frik