Page 1 of 1
Net na die reen
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:05 pm
by mossie
Gisteraand vinnig na n reenbui n draai gaan ry en na so kort rukkie op die fluitjie maak twee jong jakkalse n fout en val toe. Nog meer interessant was om in die lig n jakkals te sien halfpad ophardloop teen n hoekpaal se trekdraad en ewe rats oor die ogiesdraad heining spring - nogal toe dit lekker reen.
MOSSIE
Re: Net na die reen
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:09 pm
by tripodmvr
Praat jy van my wat ook op die jakkalse se spore begin loop. Het die gogga jou nou ook gebyt?
Re: Net na die reen
Posted: Sun Apr 05, 2015 8:25 pm
by mossie
Ek doen die ding mos al n wyle, maar Afrika het my mos van my bakkie ontneem so is tans bietjie skaars in die veld. Gisteraand vriend se bakkie bietjie laat werk!!
MOSSIE
Re: Net na die reen
Posted: Tue Apr 07, 2015 8:01 am
by KSV
Mossie na so reenbui is dit omtrent altyd die moiete werd om n draai te gaan ry. Goedjies is lekker aktief na so reentjie.
Mooiloop,
Hein