Page 1 of 1

Lee aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 5:26 pm
by tripodmvr
Het nou op verskeie gesprekke die kommentaar gehoor van die swakheid van die Lee aksie. Moet daarom antwoord deur te noem dat 'n vriend van my 'n 308 op sy aksie gebou het en hy skiet reeds vanaf 1993 met die geweer sonder om kopspasie probleme te ondervind. Werksdruk vir 308 = 55 000 psi.

Hy kry ook uitsekende akkuraatheid en gebruik die geweer vir teikenskiet en jag. Moontlik is daar ander persone wat dit ook al gedoen het.

In Australi? word 'n moderne Lee aksie gebou wat al die goeie eienskappe bevat en wat ook verbeter is. Hul toetse het eers die breek van die uittrekker op 110 000 psi laat gebeur. Sien Australian International Arms vir besonderhede. Hul gewere is ook in 308.

Re: Lee aksie

Posted: Thu May 05, 2011 3:41 pm
by fanie17
Daar was op n stadium 308 gewere op daai aksies gebou,ook skerpskut gewere.Van die later aksies is wel sterker.

Re: Lee aksie

Posted: Thu May 05, 2011 5:19 pm
by Armand Steenkamp
Ek haat hom nogsteeds :-X

Re: Lee aksie

Posted: Fri May 06, 2011 5:32 pm
by fanie17
Ek stem saam

Re: Lee aksie

Posted: Sun May 08, 2011 9:32 pm
by Steiner
Goeie dag

In Indie is Lee Enfields in 308 gebou.  Die Lee Enfield word nou natuurlik vergelyk met die Mauser aksie wat ongetwyveld die mees invloed rykste aksie is van alle tye.  Daar is bitter min jaggewere vandag wat al so veel rondtes deur hulle het soos ou .303s en ek het nog nie gehoor van baie 303s wat opgeblaas het nie.  Ek het self 'n No 4 mk 1 en mens moet dit sien vir wat dit is , dit is 'n oorlogs werkstuig wat Brittanje vir baie jare baie sukselvol gedien het.  Ja ongetwyfeld is dit nie 'n Mauser M98 nie, maar vir die doel waarvoor dit ontwerp is 100%. 

Re: Lee aksie

Posted: Sun May 08, 2011 9:44 pm
by Penkop
Welkom op die forum Steiner,

Wat jy s? oor die Lee aksie is heeltemal reg- dis 'n oorlogs wapen, gebou om vinnige opvolg skote te skiet. Daar is nie 'n ander grendel aksie wat so vinnig gewerk kan word soos die Lee nie. Soos alles in die lewe het elke voordeel ook 'n nadeel en in hierdie geval is dit dat dit nie heeltemal so sterk is soos die Mauser aksie nie en jy bietjie op akkuraatheid inboet ivm die Mauser aksie. Maar dit maak dit nie 'n swak aksie nie!

Bly vir my 'n lekker roer om mee te skiet, veral vinnige opvolg skote, oopvisier, na valplate.