Page 1 of 1
Buffels te jag
Posted: Thu Apr 02, 2015 8:26 pm
by sPRINGHAAS
Goeie naand!
Ek weet van geleentheid om buffel bulle te skiet as iemand sal belangstel. Daar is ongelukkig net 2 oor aangesien die ander reed gebook is.
Daar word uit n trop gejag in Komatipoort omgewing. Jy kan enige grootte skiet(behoort maklik n 36" te kry en daar is n paar 38"). Dit sal in die omgewing van R47 000 wees met die PH fooi ingesluit vir 4dae. Jy vat jou eie kos en die boskamp is R300/nag.
PM/bel of whatsapp(0824830316) my as julle meer inligting wil hê. Ek kan ook n fotos aanstuur van die laaste paar wat geskiet is.
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 02, 2015 9:08 pm
by Pappabeer
As dit n solid jag is is hierdie n moerse bargain
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 02, 2015 9:12 pm
by DWB
Goeie prys!
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 16, 2015 4:14 pm
by sPRINGHAAS
Daar is nog 2 beskikbaar!
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 16, 2015 4:17 pm
by DWB
Skuus, ek wil jou nog die heeltyd vra, waar word die buffels gejag? Is dit op 'n plaas of reservaat? Val hulle ook nog binne die Rooi lyn of is hulle skoon?
Re: Buffels te jag
Posted: Fri Apr 17, 2015 9:54 am
by sPRINGHAAS
Hulle val binne rooilyn. So jy kan die vleis daar laat verwerk en later kry. Trofee kan ook kom as hy droog is en dan kan jy hom by n taksidermus van jou keuse ingee. Die PH het kontakte om als te laat doen ook as jy dit sou verkies.
Re: Buffels te jag
Posted: Fri Apr 17, 2015 10:29 am
by kopskoot
Hi Sprinhaas, kan jy dalk sê, hoe groot die plaas is waar hulle loop, is hulle mak of nie ( het hulle oortags)
Jammer as ek jou beledig met my vraag, maar daars baie van dii goed met naampiees en oortags, wat gewoond is om lusern van n bakkie af te vreet en voor ek so buffel skiet, jag ek eerder tortelduiwe!
Indien dit wilde diere is, sal ek belangstel
Groete
Ronald
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 23, 2015 9:33 am
by sPRINGHAAS
Hi kopskoot!
Dit is n geldige vraag, glad nie belediging nie. Sal hulle nie graag wil probeer nader lok met lusern nie... haha!
Dit is glad nie mak buffels met tags nie... Die grond is 1000ha.
Groete
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 23, 2015 9:38 am
by kopskoot
Tnx Springhaas
kan jy asb vir my die nodige kontak besonderhede aanstuur
groete
Ronald
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 23, 2015 11:59 am
by douw
Sjoe Ronald. Gaan mos lekker wees met een van daai mooi Verney's van jou!
Eendag as ek groot is! Hopelik kan ek solank eendag saam met iemand op so jag gaan.
Groetnis
Douw
Re: Buffels te jag
Posted: Thu Apr 23, 2015 5:05 pm
by sPRINGHAAS
kopskoot wrote:Tnx Springhaas
kan jy asb vir my die nodige kontak besonderhede aanstuur
groete
Ronald
Het vir jou n PM gestuur Ronald.