Page 1 of 1
My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:26 pm
by Jaco Swart
Naand Manne.
Hierdie is nou nie die grootste Gemsbok Bul nie, maar dit is my eerste in die Bosveld en my verjaarsdag geskenk van myself aan myself.
Groetnis.
[img width=560 height=420]
http://i882.photobucket.com/albums/ac21 ... 0_2346.jpg[/img]
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:39 pm
by Monrique (SJ)
Jaco
Sommer netjie man!!
Groetnis
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:43 pm
by 243Songdaug
Baie geluk man!
As ek die kleinspan so kyk sal jy beslis meer gemsbokke moet skiet - daar kon nie veel biltonh uit net 1 gemsbok uit nie.
Groete
Songdaug
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:49 pm
by Wouter Roets
Jakkie
Baie geluk man! Wat het jou seuntjie verkeerd gedoen dat hy so gestraf is om daai truitjie te moet dra?
Groetnis
Wout
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:51 pm
by Jaco Swart
Songdaug
Hier by ons in die bosveld is die Gemsbokke maar aan die duuuuuuuuuuur kant.
Julle manne op die ooptes kry die Gemsies vir 'n beter prys. Julle moet maar vir ons skietplek reel dan kan ons al die nageslagte voer.
Wouter
Ek wil nou nie 'n bakleiery begin nie, want ons moet nog groot vrinne raak. My seun ongeag die ouderdom is 'n RUGBY KENNER en nie 'n RUGBY LIEFFEBER nie!!!!
Groetnis
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:57 pm
by 243Songdaug
Ja nee mater, ek het gesien die manne daar by julle voer hul gemsbokke iets wat m@er duur is - ek skiet darem nog gemsbokke die jaar vir R2500, so ek gatie kla nie.
My dinges jeuk nou dat my Epps projek klaar is en hy lieflik werk, so nou soek ek net verskoning om groter bokke te skiet - gaan biltong teen 'n helse spoed moet verkoop!
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:03 pm
by Jaco Swart
Songdaug
Julle moet maar laat weet as daar exstra Gemsbokkies rondloop wat lood kort, ons sal defenitief kan plan maak.
Groetnis
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:20 pm
by 243Songdaug
Sal defnitief vir jou kyk - ek sal bietjie met die oom praat(sy 6mm Musgrave is hoeka oppad hier na my toe - die sding is steeks om te groepeer!) en as hy nog 'n paar bokke oop het sal ek jou laat weet.
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:28 pm
by Monrique (SJ)
Songdaug
Daai is mos mooi pryse vir die gemsies.
Groetnis
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:52 pm
by James Wilson
kaliber?
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:54 pm
by Jaco Swart
300 WIN MAG
169 METER (RANGEFINDER)
220GR PMP
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 9:59 pm
by 243Songdaug
SJ - dit is beslis 'n mooi prys - die klompie kontrakteurs wat hier in in omgewing werk befoeter bietjie ons pryse deurdat van hulle die boere nou die pryse aanbied wat hulle in die Bosveld betaal om Gemsbokke te skiet.
Ken een oom by wie ek jare lank geskiet het - hy het darem verlede jaar 2 gemsbokke teen R4000 elk laat skiet, die res loop nou nog, want die manne hier by ons neuk maar om veel meer as R3000 vir 'n gemsbok te betaal en verder is die pertol nog nie so duur dat ons nie die Suidwes grens kan haal nie.
Het jy die laaaaang pm gekry wat ek jou gisteraand gestuur het?
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 10:03 pm
by Monrique (SJ)
Ja Jaco dis maar n ding met die pryse!!
Baie dankie vir daai mail, het niks geslaap en netnou eers klaar gelees!!

Waardeer dit baie, nou moet ons nog net bladvat.....
Groetnis
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Thu Apr 28, 2011 10:11 pm
by 243Songdaug
Plesier my maat.
Het jy 'n chrony? Indien nie - is dit nie die einde van die w?reld nie - sal jou help om lading ontwikkeling te doen sonder 'n chrony. Jy moet net my werkswyser so ietwat aanpas.
Groete.
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:53 am
by Frederik
Net so bietjie van die topic af maar die manne wat al gemsbokke in die Swartwater Alldays Pondrift omegwing geskiet het, het julle gesien hoe mooi die gemsbokke raak in daardie omgewing ?
Dit lyk of hulle baie goed aard in die omgewing ek het al twee boere gekry wat vir my se omdat hulle natuurlik daar voorkom omdat dit baie naby aand die woestyn is aan die Botswana kant. Ek het self al daar in Swartwater gemsbok van Botswana se kant af sien kom en water drink in die limpopo maar dis nou al jare terug wat is julle opinies?
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:54 am
by Geno
Jaco,
Mooi bok! Ekself gaan die 11de Mei daar na KSV en Songdaug se wereld toe agter gemsies aan!
Groete,
Eugene
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:58 am
by Geno
Frederik,
Ek stem saam met jou.
Ekself het op Stockpoort gejag, en ons het mooi gemmies daar geskiet.
Hier is 'n koei wat een van my kliente met die boog omgedop het.
[img width=560 height=420]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... 0_2193.jpg[/img]
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:59 am
by Shindzela (Pierre)
En ek einde Junie net duskant Musina! Tyd loop net helemal te stadig na my sin!!!!!!!!!
Re: My eerste Bosveld Gemsbok bul.
Posted: Sun May 01, 2011 3:54 pm
by Christo Els
Nou toe nou welgedaan.
