Page 1 of 1
Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 4:58 pm
by Jaco Swart
Middag Manne.
Ek moet ook darem eers bietjie breg. My dogter nou 14 het eers n maand terug begin jag , maar skiet darem al so 4 jaar teiken saam my. Sy het begin April 'n vlakvark in Zeerust geskiet en sou die naweek in die Matlhabas 'n Rooibok skiet. Die Rooibokke het hulle sku gehou en ons het toe op die Blouwildebees afgekom.
Sy het hom perfek op die skouer geskiet en hy het so 200m gehardloop voordat hy neergeslaan het. Dit is voorwaar vir my 'n voorreg om hierdie dinge in die lewe met my dogter te kan deel en nie net met my seun nie.
Groete
[img width=560 height=420]
http://i882.photobucket.com/albums/ac21 ... 0_2400.jpg[/img]
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 5:10 pm
by grumpy
Mooi my meisie. Pa moet baie trots wees op jou. PA! Gee daai dogter van jou n lekker drukkie en n soen en baie mooi groot meisie!!!!

Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:34 pm
by PITSMIT
jaco my vriend

se vir daai meisiekind van jou al die jagters ooms is trots om te sien daar is darem noointjies wat n roer kan reguit vashou ook.
geniet elke trotse oomblik
Jack Smit
uitenhage
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:44 pm
by Wismit
Al wat ek kan s? is: "WOW WOW WOW !!!!!!"
Baie gelluk, jul albei kan regtig trots wees !!!!
Nou gaan jou jagte jou begin kos, maar dis elke sent werd !!!!
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:46 pm
by Monrique (SJ)
Baie geluk, mooi gegooi daar. Hou so aan!!!
Groetnis
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:48 pm
by PITSMIT
kaliber en afstand asb
lyk so na .308?
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:59 pm
by Beyers
Mooi so en baie geluk
Beyers
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:28 pm
by Jaco Swart
Dankie manne.
PITSMIT
Die storie was, soos gese dat sy eintlik n Rooibok moes skiet dus het ons net die 243 saamgedra.(Ek weet dat 'n onervare jagter nie 'n BWB met 'n 243 moet aandurf nie) Ons kon die BWB egter so naby bekruip dat ons so 60 meter van hulle kon kom. Die BWB het gestaan na ons en kyk en moes sy egter wag dat hy kon draai voordat ek haar wou laat skiet. Hy het skuins gedraai en sy het hom mooi op die skouer geskiet en die patroon het op die vel aan die anderkant gesit.
Soos ek nou aan Wouter verduidelik het , het sy sommer "geupgrade" van vlakvark na BWB en het dit laaaaaang verduidelike gekos om te laat verstaan dat ons nou eers gaan "downgrade" na Blesbok en Rooibok.
WISMIT
Dis presies wat ek vir my vrou gese het. Ek gaan haar laat jag en as daar geld oorbly dan sal ek maar ook bietjie lood gooi.
Die BWB het 26" gemeet en sy reken klaar dat hy groter is as die een wat in my lapa hang. Het maar net saamgestem!!!!!
Groetnis
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:31 pm
by PITSMIT
Jaco S wrote:

moenie stry nie ou maat jy gan jou vasloop

Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:38 pm
by Jaco Swart
Moet net die foto ook verder verduidelik as julle nie omgee!!!
Daai is wel n' "Terminator" silencer .
Groete
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:42 pm
by Wouter Roets
Jakkie
Baie geluk met jou dogter se mooi vertoning! Voorwaar iets waarop sy en jy trots op kan wees! Ja-nee nou is jy in vir n ding! Dit is pragtig om te sien dat dogters ook vir pa so trots kan maak.
Groetnis
Wout
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 8:46 pm
by 243Songdaug
Netjies Jaco -= jy maak die meisiekind reg groot.
Wens haar baie geluk, dink sy verdien dit.
Re: Pa se trots!!!
Posted: Thu Apr 28, 2011 10:12 pm
by Sam Kelbrick
Baie geluk Jaco!
Re: Pa se trots!!!
Posted: Fri Apr 29, 2011 12:09 am
by Francois Marais
Jaco
Mooi man, se ook vir haar dis wel gedaan.......daar is min dinge in hierdie ou lewe wat hierdie herrineringe gaan troef......
Mooi loop
Francois
Re: Pa se trots!!!
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:56 am
by Frederik
Dit het sommer my dag gemaak kan nie wag tot my seun iets omgooi met lood nie. Wag net vir die .22 lisensie om hom op te gradeer vanaf windbuks.
Jy kan regtig baie trots wees baie wel gedaan.

Re: Pa se trots!!!
Posted: Fri Apr 29, 2011 7:59 am
by Geno
Mooi man!
Die laaities moet oppas, die girls gooi met die roere!
Groete,
Eugene
Re: Pa se trots!!!
Posted: Fri Apr 29, 2011 11:47 am
by DawieKotze
Mooi bok - Mooi roer - en mooi dogter!!!
Wat meer kan 'n trotse Pa voor vra??
Baie geluk meisiekind en mag daar nog vele wees!!