Page 1 of 1
Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR II "
Posted: Wed Apr 01, 2015 3:41 pm
by Iceman
Hi ek is opsoek na 'n bietjie raad,
Ek is in die proses om my eerste geweer te koop. Ek kyk huidiglik na twee opsies:
1. Savage Long range Hunter II 300 WSM
2. Remington 700XCR II 300 WSM
My vraag is nie soseer oor die kaliber nie- daarvan is ek oortuig, maar wel oor die spesefieke twee geweer opsies.
Beide make is wat ek kon aflei van menigde reviews op ander websites is puik, maar ek wil meer weet of daar spesefieke Pros of cons is vir elke geweer waarvoor ek op die uitkyk moet wees.
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 3:58 pm
by ruaanb
Kyk ook na die Winchester Model 70 Coyote Light weergawe. Ek is meer as tevrede tans met myne.
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 5:01 pm
by Geno
Ek sou die Remington vat.
Parte is baie meer bekombaar. Soos bv. Jewell snellers, kolwe ens.
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 5:07 pm
by joe rocket
Geno wrote:Ek sou die Remington vat.
Parte is baie meer bekombaar. Soos bv. Jewell snellers, kolwe ens.
+1 alles wat jy na die tyd koop pas op n Remington
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 8:55 pm
by SNIPER
Vat die Remington ek het 3 van hulle en ek bou nou
nog een op Rem700 aksie.
Lekker aand.
Groete
Sniper
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 10:17 pm
by Mellies
Naand Iceman.
Ek het ook so klompie Remingtons waarmee ek baie happy is.
As ek my opinie mag gee....
Die XCR en die SPS is dieselfde roere, behalwe vir die trinyte corrosion system (en groen plastic kolf) van die xcr wat jou alleen n klomp geld gaan kos. Jy gaan inelkgeval die sneller moet vervang en ook die kolf. Die x-mark pro waarmee hulle spog werk nie so lekker nie (ek het timneys op al myne) en die sintetiese kolwe het ek met n verskeidenheid van boyds en stocky stocks kolwe vervang.
Jy gaan n klomp geld betaal (17-18k as ek raai) net vir daai trinyte system wat anders is. Koop n SPS @ 12k en gebruik daai ander geld vir goeie kolf en sneller. Dit is wat ek sou doen en ookal gedoen het.
Met n timney van 2k en n kolf van boyds, ook 2k gaan jy by dieselfde prys uitkom met n roer wat lekker gaan skiet.
Soos Geno gese het, parte is daar hope van.
Ek ken nie Savage nie... Hoor net goeie goed.
Hoop dit help.
Met n vleisie....
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Wed Apr 01, 2015 10:23 pm
by Mellies
As jy n 300 wsm soek in daai prysklas van 18-20k sal ek ook na Nosler se M48 Patriot kyk @ 19500.
Die volgende hoor ek net en weet nie hoe waar is dit nie, so sorry as ek nonsens praat.
Nosler gebruik Pacnor lope, aksie is op Rem 700 gebaseer, kolwe is fibre glass met aluminium bedding, trigger is timney.
Vir 19500 is bg n roer en n half dan. Dit is maar net MY opinie!
Met n vleisie...
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Sun Apr 05, 2015 3:19 pm
by Swys14
Mellies270 wrote:As jy n 300 wsm soek in daai prysklas van 18-20k sal ek ook na Nosler se M48 Patriot kyk @ 19500.
Die volgende hoor ek net en weet nie hoe waar is dit nie, so sorry as ek nonsens praat.
Nosler gebruik Pacnor lope, aksie is op Rem 700 gebaseer, kolwe is fibre glass met aluminium bedding, trigger is timney.
Vir 19500 is bg n roer en n half dan. Dit is maar net MY opinie!
Met n vleisie...
kyk gerus na die Savage 12 VLP in 300wsm (as gewig nie vir jou 'n probleem is nie want die bul is gewigtig)...hy het 'n 26" bull barrel...nog nooit 'n fabrieks geweer sien skiet soos die ding nie! Die Nosler 48 gewere is semi-pasmaak (as daar so iets bestaan

) gewere met hul B&C kolwe, pacnor match lope en rifle basix snellers...hulle skiet self bitterlik akkuraat, ek's baie gelukkig met myne. Rem 700 gee nou weer vir jou 'n magdom ander opsies as platform.
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Sun Apr 05, 2015 3:47 pm
by Supacow
Daai vlp's skiet!
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Sun Apr 05, 2015 4:09 pm
by ruaanb
vir stap jag net swaar behalwe as jy Chuck Norris is andersins 'n lieflike geweer.
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Mon Apr 06, 2015 3:33 pm
by Mellies
Iceman het jy al jou besluit gemaak? Ek is nuuskierig...
Dankie.
Met n vleisie...
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Mon Aug 10, 2015 9:06 pm
by Iceman
Mellies270, ongelukig nie!
Ek is nog tussen 'n klip en 'n harde plek oor die maak geweer wat ek moet vat. Dis tussen Savage of remington, en om baie eerlik te wees ek weet nie.
Daar is so baie pro's vir elk en dan is daar ook natuurlike die cons hier en daar. Dan is daar die prys wat in ag geneem moet word, want 'n man werk mos ma ongelukig met 'n budget! Ek moet bieg, toe ek begin kyk het na 'n geweer was my prys klas vir net die geweer bietjie hoog. Ek het in tussentyd my prys klas bietjie verlaag en kyk nou na die volgende gewere in elke maak:
SAVAGE AXIS II XP
Remington SPS
Beide in die 300 kaliber!
As daar dalk manne is wat 1 van die gewere besit of dalk al mee geskiet het, sal ek graag hul opinie/ervaring oor en met die gewere wil hoor!
Lekker aand!
_________________________
Aim Small Mis Small!
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Mon Aug 10, 2015 9:45 pm
by Mellies
Iceman welkom terug!! Bly jys nog met ons.
Gaan lees weer wat ek voorgestel het.
Ekt n 300 WM sps stainless. Bobby Hart Laminated stock met pillar bedding van Stocky Stocks opgesit. Sneller vervang met n timney. Loop soos stroop!!!
Hoop jy kom reg!
Met n vleisie...
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Mon Aug 10, 2015 9:49 pm
by Mellies
Iceman gaan loer hier...
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=43133
Dis n roer wat oom Piet Breedt namens n vriend adverteer. As ek nie reeds so roer gehad het nie het ek hom wraggies gekoop. Dink dis n huge bargain.
Met n vleisie...
Re: Savage Long range Hunter II 300 WSM VS Remington 700XCR
Posted: Sat Aug 15, 2015 6:19 pm
by Iceman
Baie dankie Mileies, ek waardeer die raad en die verwysing dis 'n bargain soos jy sĂȘ ja!
__________________
Aim small mis small!