Meopta meopro HD 8x42 terugevoer.
Ek het die laaste 2 maande myself in die wereld van verkykers ingeleef. Die doel was om vir my n stel te kry wat baie goed is maar binne my begroting val. Dit het natuurlik die Leica's , swaro's en die top punt Nikons' uitgesluit wat almal hier van 17-30k kos.
Die opsies wat ek na gekyk en vergelyk het was die Nikon monarch 7, Zeiss Terra, Zeiss conquest, Vangaurd endevour II Hd, Bushnell Elite, Vortex Viper en die Meopta meopro HD. Almal wissel hier tussen R5500-R13500.
My doel was om die beste bang for buck te kry.
Ek gaan nou nie in detail ingaan op cromatic abberation en al die fancy "bino lingo" wat ek oor die tyd opgetel het nie. Ek het iets gesoek wat op my gesig pas, goeie field of view het, verkieslik n metaal struktuur, goeie eye relief en beter as gemiddelde optiese vermoens het.
Van die wat vir my uitgestaan het was die Nikon 7 wat n ongelooflike filed of view het, die Vangaurd wat net n great pakket oor die algemeen is ,die Zeiss conquest en die Meopta weens hulle glas. Op die einde het ek met die Meopta's gegaan vir die volgende rede, hulle is n rapsie ligter as die Zeiss, het ook n metaal struktuur en bou kwaliteit van die twee is lig jare voor die res.
Wat wel opmerklik is en die besluit baie maklik gemaak het is dat die Zeiss R13500 kos en die Meopta kon ek by Huntex kry vir R7000. In die Vsa is daar n $100 verskil tussen die twee verkykers so huidiglik is die Meopro in suid Afrika goedkoper as wat jy hom direk in die Vsa kan koop.
Dit is duidelik dat die twee baie van dieselfde genetika deel en ek kan nie die verskil opties tussen die twee sien nie. Altwee is metaal met rubber oorgetrek en basies dieselfde grote. Die Meopta is n paar onse ligter maar as on na field of view en eye relief kyk is die twee duidelik gebou om direk met mekaar te kompiteer. En teen amper die helfte die prys glo ek die Meopta meopro HD reeks huidiglik die grootse bargain wat jy in die wereld van verkykers kan kry.
Jy gaan in my opinie 20k plus moet spandeer om beter te kry en dan praat ons nie van merkbare verbetterings nie en ons is diep in die wereld van "diminishing" returns
[IMG]
//images.tapatalk-cdn.com/15/05/07 ... 97abad.jpg[/IMG]