Page 1 of 1

Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 2:28 pm
by Sangoma (IAN)
Nou wil ek gou by die slim manne hoor?


Meeste van ons spandeer vreeslik baie tyd en geld om ons gewere so super akkuraat te kry as MOONTLIK. Spandeer groot geld op duur scopes, fancy kolwe, glass bedding, oordentlike ringe en op duur lope. Duisende rande op herlaai toerusting, doppe etc...

Waar trek mens die streep? Waneer is n geweer akkuraat genoeg? Hoe weet jy dat dit die beste groepe is wat die geweer moontlik kan skiet?

Ek praat nou nie van Joe Soap wat met sy boksie PMP koeels 2MOA groepe op 100m skiet nie. Dis mos fine om mee te gan jag..!! ::)
Ek verwys spesifiek van jou meer "ernstiger" skut.

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 2:37 pm
by Ashley
Dis n mooilike een... gaan seker anders wees vir elke skud. Dis mos lekker om daai gaatjies aan mekaar te laat raak!
Ek skiet nie kompetisie nie, so ek voel persoonlik as my 3,4 of 5 skote in n duim groepeer op 100m dan gaan ek nie verder peuter nie.

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 2:44 pm
by Cobus(Cobb)
Sangoma (IAN) wrote: Meeste van ons spandeer vreeslik baie tyd en geld om ons gewere so super akkuraat te kry as MOONTLIK. Spandeer groot geld op duur scopes, fancy kolwe, glass bedding, oordentlike ringe en op duur lope. Duisende rande op herlaai toerusting, doppe etc...
Nêrens lees ek van die ure wat jy(nie jy as sulks nie) by die skietbaan insit nie....eerste ou daar en laaste ou wat loop nie.....oefen oefen oefen...

"jy spandeer 20% om 80% akkuraat te wees......die laaste 20%, kos jou meer as 80% se input."

My gewere skiet klawers en soms 2 in 1 gat met snyer vir 3, soms 10c grote, soms meer in grootte ens....daarmee moet ek genoeë neem en meer oefen
So ek wil aanneem dat my geweer "presies"(akkuraat) genoeg is, nou kort die drywer oefening..

Hoop ek maak sin
Cheers

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 3:03 pm
by Heinz Petersen
Ek reken as jy tot 500m n duim groepering met n geweer kan skiet dan is die geweer akuraat. As jy begin belafstande skiet dan moet jy kan sien waar jy skiet en jou scope raak duur.
Dan begin jou laai toerusting ook duurder raak, want jy wil jou herlaaiwerk presies doen en elke keer dieselfde.
Ek glo nie daar is n streep om getrek te kan word nie. It is a never ending story.
Die res is jou tyd wat jy insit om te oefen en oefen en nie om jou maatjie langs jou te "impress" nie.

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 3:58 pm
by Hein (Haan)
Ludwig ek dink jy slaan hom raak hier.
Ek vat elke dag van die week n konstante half duim groepering bo n groepering wat wissel van 1MOA TOT 0.1MOA.

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 4:34 pm
by Sangoma (IAN)
Ludwig, daai is baie waar woorde!

Re: Akkuraatheid?

Posted: Mon Mar 30, 2015 8:27 pm
by JPS
Met al my jag gewere is ek heel happy met Duim groeperings op 100y of 100m.

Maar met my sporter wat my kompetiesie geweer is soek ek 1/4 tot 1/2 moa. En 1/2 moa moet gehou kan word tot 700y in verskilende kondiesies.

Maar by verre die swakste skakel is ek nie die gewere nie...