Page 1 of 1

Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Wed Apr 27, 2011 10:11 pm
by Henk
Naands? almal,
My nuwe geweer is in my kluis !!!

[img width=560 height=420]http://i1210.photobucket.com/albums/cc4 ... opejpg.jpg[/img]

Ek moes darem die stof uit sy loop haal....... :angel:

[img width=560 height=420]http://i1210.photobucket.com/albums/cc4 ... oepjpg.jpg[/img]

Foto l? dwars...50m. (Moes eers kyk waar skiet die scope.... ;D)

Probleem:
Van die 5 skote wat ek geskiet het, het net 1 dop reg uitgetrek.....Die ander "val" van die extractor af en bly l? dan bo-op die rondtes in die magasyn. Ek het gekyk of daar nie "vullis" in die extractor sit nie, maar hy is skoon. Die "hakie" van die extractor lyk egter baie fyn en klein. As ek die dop met die hand daar inhaak, glip hy redelik maklik weer uit.
Kan dit maklik reggestel word met n ander extractor plaatjie?

Verder skiet hy soos n droom, en ek het nog nie eers begin met lading saamstel nie !!!!
Clarence moet net roer met daai Terminator..... ;)

Ek wag in ernstige spanning........
Henk

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Wed Apr 27, 2011 10:55 pm
by Rfourie
Danie joubert se die eerste ding wat n ou met n remington aksie doen is om n sako extractor op te sit.....oom kassie se ook so! Dit is glo n probleem!

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Wed Apr 27, 2011 11:02 pm
by Henk
SMK,

Weet jy of dit n groot joppie is, of kan dit maklik/ vinnig gedoen word?

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Wed Apr 27, 2011 11:08 pm
by Rfourie
Klein maar die extractor kos R1200.....en die arbeid 2 ure....r600

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Wed Apr 27, 2011 11:24 pm
by Henk
Eina !!!!!!
As ek NOG R1800.00 moet betaal, is dit my 2de maar LAASTE, LAASTE, LAASTE Remington. >:(........Howa, hier kom ek...!!!

Sal maar eers met Willie gesels by Quenets, miskien kan ons iets uitwerk....?
Dankie SMK

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Thu Apr 28, 2011 7:38 am
by Danie Lombard .243
Dit is nou vir jou 'n ding.


Ek en my vrou het albei Mod 700 Rem aksies en die twee eject seep glad sonder moeite. My aksie het al 5000 plus skote deur en steeds geen probleem nie. Ander maters van my het ook van die Mod 700 aksies sonder enige probleme of dilema.

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Thu Apr 28, 2011 8:00 am
by Henk
Danie .243,

Ek het self ook nog n mod. 700 in .270 (BDL reeks) waarmee ek al so 15 jaar aankom en het nog nooit met hom ENIGE probleem gehad nie. Dis eintlik a.g.v. hom dat ek besluit het om weer vir die Remington te gaan..... ;)
Ek is net onseker wat my opsies nou is, want ek sit met nuwe geweer wat ek gekoop het vir die jakkies en kan nie waag om hom te gebruik vir sy doel, alvorens die probleem nie opgelos is nie... >:(
Ek dink dit is uiters onregverdig dat ek nog enige koste moet h? om n "fabrieksfout" reg te stel.......Ek moet nog vandag die gunshop bel om te hoor hoe ons dit gaan hanteer. Hopelik kan ons iets uitwerk....... :-\
Dankie in elk geval. Ek is bly dat dit dalk nie so n algemene probleem is met die remingtons nie........hopelik. ???

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Thu Apr 28, 2011 9:24 am
by Danie Lombard .243
Henk


Ek stem 100% saam met jou dat jy betaal het vir 'n nuwe geweer wat moet reg funksioneer. Vra die wapen winkel om vir jou die probleem aan te spreek en die wapen te laat reg maak. Dring aan op jou regte as vebruiker. Hier is mos nou 'n nuwe verbruikers vriendelike reg wat seker maak dat verbruikers dit wat hul voor betaal ontvang.

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Thu Apr 28, 2011 2:50 pm
by Henk
Danie .243
Het vanoggend met Willie van Quenets gepraat en hy stem volkome saam dat die fout reggestel moet word. Hy sal nou met Formalito praat om die probleem uit te sort. Ek wag nog steeds in spanning........... :-\

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Thu Apr 28, 2011 10:59 pm
by Rfourie
Hou ons op hoogte.......formalito......ek het laas 9 maande vir n stukkende leupold gewag! Needless to say NOOIT WEER N LEUPOLD OP MY GEWERE NIE, HULLE MAG HOM DALK REGMAAK MAAR NIEMAND HET GESE HOE LANK NIE!

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:04 am
by Francois Marais
Henk

Stem saam met Danie, moenie self aan die geweer laat werk nie, vat die geweer terug na die shop waar dit gekoop is en se jy is nie tevrede nie........hulle moet die probleem regstel.....

SMK
het laas 9 maande vir n stukkende leupold gewag
Dink jy dis Leopold se skuld, of FORMALITO s'n ??? ??? Het n Leopold scope van my in Nam ingegee, en dit was binne 6 weke terug by my, wonner wie laat slaple het. Ditb was n scope wat ek tweedehands gekoop het, en tsv dit het dit my net posgeld gekos.

Mooi loop
Francois

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 6:58 am
by Rfourie
Die antwoord van leupold was as volg,  Hulle wag so 2 tot3 maande tot hulle genoeg stukkende scopes het dan stuur hulle almal saam, dan wag hulle weer tot n besending leupolds inkom en dan word al hierdie " repairs" saam teruggestuur. Nogal erg as jy weet jy gaan in 2 tot 3 maande genoeg repairs he om alles saam te stuur.

Dan mag n mens ook net deur hulle werk, glo die sole agents! Dit is hoekom ons so baie betaal ook! So het Nico vir my gese!

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 11:19 am
by Henk
Danie, FM

Dankie vir die raad!
Ek weet nie veel van ander fabrikate nie, maar die Remington het gelukkig(?) net n los plaatjie wat voorin die slot pas. Uiters eenvoudig om self te vervang. Formalito gaan sommer vir my n nuwe plaatjie pos en dan gaan ek hom sommer self insit. Hopelik vat hulle nie 6 maande om die ding te pos nie....... :P
Sal julle op hoogte hou.......

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 5:34 pm
by Lamtjop
Henk
Watter model en kaliber is daai, goeie resultate so van die rak af.
Groete

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Fri Apr 29, 2011 8:23 pm
by Henk
Lamtjop,
Dis n Remington Mod 700, SPS Varmint in n 223. Lekker dik loop- 20.64mm en 26" lank.
Het vandag nog ladings getoets op 100m en die beste een was 15mm; swakste een: 19mm. Lyk my die outjie is nie baie gevoelig vir die verskillende ladings nie....Het hom nou so 1.2mm van die groewe af, maar gaan nog so bietjie speel......My mikpunt met hom is om n konstante 10mm groep te skiet op 100m. Sal maar moet sien....... :-\
As die silencer net wil kom.... :angel:

Hy het vandag egter nog n probleempie ontwikkel: Die rondtes voer nie altyd uit die magasyn nie; die slot loop bo-oor hulle! Dit gebeur wel net so 1/10 skote, maar dit kan GROOT probleem wees as daar 2 jakkies gelyk opdaag..... :o :o

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Sat Apr 30, 2011 6:37 pm
by foxbat25
Naands? Manne,

Ek hoop nie hierdie is 'n algemene probleem met Remington 700 SPS'e nie.  Ek het my aansoek vir net so ene in 223 Rem omtrent 5 weke terug ingedien.  Is nie lus om te sukkel as ek eendag daai nuwe roer in die hand het nie.

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Sat Apr 30, 2011 6:44 pm
by Henk
Naands?,
Ek het vandag nog bietjie gespeel met die "seating depth" en het hierdie groepe gekry:
Die boks is op 100m en die gong op 300m.

[img width=560 height=420]http://i1210.photobucket.com/albums/cc4 ... mgroep.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1210.photobucket.com/albums/cc4 ... g100mm.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i1210.photobucket.com/albums/cc4 ... ng49mm.jpg[/img]

Daai gong is 5mm mild steel. Is dit normaal dat hy so maklik deur gaan op 300m? Ek skiet met 55gr Sierra Gamekings, 26gr S321.

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Sat Apr 30, 2011 6:54 pm
by Henk
Foxbat25,
Ek hoop ook nie so nie, want die Mod 700 het darem n naam om te hou !! As ek na die groepe kyk wat ek met hom kry, is dit nie seker nie te onaardig nie........ :angel:, maar ook nie iets wat enige rekords gaan breek nie!!
Dit is regtig eintlik n "SWEET" geweertjie en jy sal nie spyt wees nie. Ek is seker maar net ongelukkig met die klein foutjies. Ek sal maar aanhou rapporteer soos hulle opduik..... :-\

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Sat Apr 30, 2011 8:09 pm
by foxbat25
Henk,

Ek sien nogal baie uit na die roer.  My ander geweer is 'n .303Br, is na baie geld en werk redelik akkuraat op 100m (vir 'n .303), maar sal nie naby die .223 kom op 300m nie.  Moet ook in gedagte hou dat ek nou nie die w?reld se beste skut is nie.  Freek en sy swaer Michiel was by gewees toe ek lank terug 'n hele vlakvark op omtrent 75 meter heeltemal mis geskiet het.  :-[  :-[

Re: Probleem met Rem. Mod 700 aksie

Posted: Sat Apr 30, 2011 9:10 pm
by Henk
Foxbat25,
Terwyl jy nou so praat van slegskiet........Ek het net nou die aand n jakkals los mis geskiet op omtrent 60 tree......darem net die eerste skoot..... :angel:
So ons praat hier defnitief nie van die beste skuts nie, maar ons mag mos darem af en toe n gelukkie ook kry!!!
Iemand op die forum het dit al ges?: "The more I practice, the luckier I get." - Gary Player