Page 1 of 1

Takbok Ram!!!

Posted: Wed Apr 27, 2011 9:52 pm
by Gerhard
Ek het vandag my McNab voltooi...

Het die takbok ram op 28 yards geskiet nadat ek oor 100 meter deur n vlei moes kruip. Ek was deur nat.

Nadat ek in posisie gekom het het ek seker n goeie 30 min gewag vir die bok om op te staan tussen sy ooie voor ek kon skiet...

Image

Het later die forel gevang en laat middag die tarentaal met die hael geweer geskiet.

Die boggers hol die hele mielie land vol en wou nie vlieg nie en toe hulle vlieg was dit n ver skoot maar een nommer 4 hael patroon was genoeg om die McNab klaar te maak!!!

Image

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Wed Apr 27, 2011 9:56 pm
by Monrique (SJ)
Lekker man, so ja.

Sal ook nie omgee vir n McNab nie!! :angel:

Groetnis

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Wed Apr 27, 2011 10:01 pm
by 243Songdaug
Netjies Gerhard!

Baie mooi ram daai.

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Wed Apr 27, 2011 10:57 pm
by Rfourie
Awesome.....! Waar is die takbok geskiet, watter area?

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 3:53 am
by Gerhard
Dankie manne,

SMK,

Ek het hom in die Dullstroom area gejag.

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 6:56 am
by marno
Hey mnr!! Dis awesome man!! Baie geluk!!

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 7:03 am
by whisper
Dankie Gerhard, nou is my hele naweek in sy Tjops!!!!!! lol ;D Mooi gedoen man!

Pretty walk.

Whisper.

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 7:05 am
by spekieries
Baie geluk

Soos ek voorheen ges? het, ek het groot respek vir 'n man wat 'n bok met 'n boog bekruip en jag. Voorwaar 'n prestasie. Nogmaals geluk!

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 8:58 am
by henslin
Gerhard. Jy mag maar regtig fyn brag en adverteer. Het seker nie daai mooi blou hemp ( Bowtech ) gedra tydens die jag nie.  ;D Baie netjies !!! Sou ook trots gewees het op daai ram.

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Thu Apr 28, 2011 9:37 am
by Gerhard
Dankie Henslin,

Nee ek het mooi skoon aan getrek vir die fotos...  ;)

Ek is baie trots op die ram net soos op elke dier wat ek gejag het.

Elke oomblik in die veld is vir my n groot voorreg

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 8:42 am
by iceman1982
Jis Gerhard , dis baie nice.
Will die Mcnab ook nog tackle.

Groete

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 8:57 am
by Frederik
Netjies !

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 10:44 am
by DawieKotze
Baie mooi!!

Maar waar is die foto van die forel?? Of is dit 'n visserman storie!! ;D ;D

Grap net!

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:07 pm
by Gerhard
madako wrote: Baie mooi!!

Maar waar is die foto van die forel?? Of is dit 'n visserman storie!! ;D ;D

Grap net!
Daar is hy

Image

Het bietjie gesukkel om die foto te laai met die swak op vangs...

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:09 pm
by Geno
Gerhard,
Is dit die vis, of die live bait?  :P

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Fri Apr 29, 2011 12:11 pm
by Gerhard
Geno wrote: Gerhard,
Is dit die vis, of die live bait?  :P
Ja grap gat...  ;D

Met die koue weste wind wat gewaai het en die swaar reen die vorige nag het daar bitter min vis uit gekom.

Ek kla glad nie oor die pan size forel nie. Hy gaan lekke eet...  ;)

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Mon May 02, 2011 8:39 pm
by Gerhard
Ek het die takbok laat meet vandag by die taksidermis.

Hy meet 28.5 duim...  ;D

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Sun Jun 10, 2012 11:19 am
by Allieman
Well done Gerhard

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Sun Jun 10, 2012 11:34 am
by Zack Benade
Mooi Gerhard

Jy gaan die vleis ook baie geniet.

Boogskiet Groete
Zack

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Sun Jun 10, 2012 5:31 pm
by Reggie Gerber
Zak
Ek dink daai vleis is al klaar ;D2011

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Sun Jun 10, 2012 5:42 pm
by Gerhard
Zack, Reggie,

Ja hy het baie lekker ge eet laas jaar...

Sal daai dag nooit vergeet nie.

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Tue Jun 12, 2012 8:19 am
by Musketeer
Wel gedaan Gerhard

Re: Takbok Ram!!!

Posted: Tue Jun 12, 2012 7:55 pm
by Gerhard
Musketeer wrote: Wel gedaan Gerhard
Baie dankie.