Page 1 of 1

Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 7:37 am
by PWV
Die karakteristieke horingvorm van die springbok (so wil dit voorkom) is besig om te verdwyn - moet plek maak vir horinglengte.

Wonder wat sal 'n smartie-springbok met sulke horings op 'n veiling haal?

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-03-2 ... 6m-verkoop

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 9:13 am
by Finfan
R1.6 miljoen

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 9:29 am
by HoggerNaut
Neewat, hul ruk die dam heeltemal onder die baber uit>

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 9:32 am
by Beretta
Ek is baie bly vir die boer ek hoop hy teel nog meer en groter bokke

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 10:39 am
by Pvdw
Die karakteristieke horingvorm van die springbok (so wil dit voorkom) is besig om te verdwyn
Presies dieselfde as met die buffels.

Daai langhoring bulle het heeltemal daai mooi robuuste voorkoms van 'n natuurlike buffelbul verloor.

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 10:41 am
by win270
Die "hartvormige" horings assosieer ek maar met 'n tipiese springbokram, seker omdat ek al die jare dit so in die Karoo gesien het.

Re: Springbok haal 1,5 miljoen

Posted: Fri Mar 27, 2015 4:13 pm
by Stefan Fourie
Die horing is hartvormig in die tyd wat die bok volwasse en in sy prime is. As die horings lyk soos die een hierbo is hy al oud. Jong rammetjies se horings wys eers vorentoe, van daar die term "kaphoring rammetjie"