Page 1 of 1
Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 7:02 am
by engels
Ek kry nie die lense van my teleskope skoon nie. Ek gebruik van daardie lappies wat die brilmakers vir mens gee om die brille mee skoon te maak maar daar bly strepe op die lense. Die brilmaker het aanbeveel dat ek Sunlight skottelgoedwasmiddel gebruik maar ek is skrikkerig daarvoor. Kan iemand dalk help asb?
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 7:09 am
by marco
Alchol patches wat n mens kry by apteke vir die skoon maak van vel voor n mens ingespuit word... hulle werk baie mooi op lense... jy kan ook niks krap as jy jou lense skoon maak met n sagte kwassie voor jy die afvee met die patches nie.
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 7:10 am
by tripodmvr
Gewoonlik is die merke op die lense iets met 'n olierige basis. Gebruik liefs dan alkohol en die nodige lens skoonmaak "pen" of borsel.
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 8:08 am
by dsmerrills
marco wrote:Alchol patches wat n mens kry by apteke vir die skoon maak van vel voor n mens ingespuit word... hulle werk baie mooi op lense... jy kan ook niks krap as jy jou lense skoon maak met n sagte kwassie voor jy die afvee met die patches nie.
This is what I do to clean my lens but you can also get lens wipes made by Zeiss from your local optometrist and the last time I bought a box I think I got maybe 50 wipes in a box, each individually sealed for R80
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 8:16 am
by VdWalt
dsmerrills wrote:marco wrote:Alchol patches wat n mens kry by apteke vir die skoon maak van vel voor n mens ingespuit word... hulle werk baie mooi op lense... jy kan ook niks krap as jy jou lense skoon maak met n sagte kwassie voor jy die afvee met die patches nie.
This is what I do to clean my lens but you can also get lens wipes made by Zeiss from your local optometrist and the last time I bought a box I think I got maybe 50 wipes in a box, each individually sealed for R80
Ek het die selfde lappies gebruik tot my vrou besef het hoe lekker die haar donker bril en
lees bril skoom maak.....
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 8:19 am
by dsmerrills
VdWalt wrote:dsmerrills wrote:marco wrote:Alchol patches wat n mens kry by apteke vir die skoon maak van vel voor n mens ingespuit word... hulle werk baie mooi op lense... jy kan ook niks krap as jy jou lense skoon maak met n sagte kwassie voor jy die afvee met die patches nie.
This is what I do to clean my lens but you can also get lens wipes made by Zeiss from your local optometrist and the last time I bought a box I think I got maybe 50 wipes in a box, each individually sealed for R80
Ek het die selfde lappies gebruik tot my vrou besef het hoe lekker die haar donker bril en
lees bril skoom maak.....
Hahahaha
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 1:50 pm
by Gian_dP
engels wrote:Ek kry nie die lense van my teleskope skoon nie. Ek gebruik van daardie lappies wat die brilmakers vir mens gee om die brille mee skoon te maak maar daar bly strepe op die lense. Die brilmaker het aanbeveel dat ek Sunlight skottelgoedwasmiddel gebruik maar ek is skrikkerig daarvoor. Kan iemand dalk help asb?
Sunlight werk goed en kan nie skade maak nie, maar is meer moeite-opsit, afspoel en wag dat lens droog word.Die alkohol lappies soos in ander "posts" werk net so goed en makliker-vee af, paar tellings later droog en reg vir aksie.
Ander opsie is n lens pen, ek het n Rudolph een as geskenk gekry, werk baie lekker. Kwassie aan een kant vir los stof en so felt pad aan ander kant vir die strepe.
Re: Skoonmaak van teleskoop objektiewe/lense
Posted: Fri Mar 27, 2015 5:22 pm
by Mellies
Koop vir jou n goeie lens skoonmaak kit. Alles wat nodig is, is daarin.
Zeiss en Swarovski sn werk baie goed!