Page 1 of 1
Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Wed Mar 25, 2015 8:18 pm
by Jackalsniper

Lag ek nou vir my self. Die stoel vir n vriend gebou en sy handheld spotlight voor op sy stoel gemount
weet nie hoe helder hy is nie maar hy is op en ek glo hy gan mooi werk vir af en toe n ondier op die plaas roer.
Eenvoudiger stoel wat ook lekker gaan sit!
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Wed Mar 25, 2015 8:22 pm
by Jackalsniper
Sy "gunrest" werk met n ball joint en n gas shock om hom te stabaliseer. werk baie mooi. Die skuins pyp is vir my vriend se linker hand. hy hou van sy arm gekruis skiet, amper soos op n benchrest. sy batery kom sommer agter op die stoel vas so niks sliprings ens nodig nie.
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Thu Mar 26, 2015 1:39 am
by Finfan
Baie netjies gedoen!
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Thu Mar 26, 2015 6:06 am
by toelie
Netjies man het jy hom stone chip geverf?
Groete
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Thu Mar 26, 2015 8:49 pm
by Jackalsniper
Ja eers sandblast, toe etch primer en toe stonechip
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Fri Mar 27, 2015 9:08 am
by toelie
WERK REGTIG LEKKER SO GREAT STOEL DAAI
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Fri Mar 27, 2015 2:08 pm
by andre007
Jackalsniper wrote:
Lag ek nou vir my self. Die stoel vir n vriend gebou en sy handheld spotlight voor op sy stoel gemount
weet nie hoe helder hy is nie maar hy is op en ek glo hy gan mooi werk vir af en toe n ondier op die plaas roer.
Eenvoudiger stoel wat ook lekker gaan sit!
Jackalsniper, hoe kwaai is die sywaartse bewweging op daai rig?
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Fri Mar 27, 2015 5:40 pm
by Jackalsniper
Andre, dis n as wat tapered bearings het, so ek het sy moer net lekke vasgedraai. draai hom tot hy strip en n kwart draai terug haha. as jy beweeg is hy lekker glad en as jy stop dan staan die stoel mooi stil,maar my ander stoel het n aandraai nylon briek wat op die as loop, dit werk beter, veral as die bakkie redelik skuins staan.
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Fri Mar 27, 2015 7:16 pm
by andre007
Jackalsniper wrote:Andre, dis n as wat tapered bearings het, so ek het sy moer net lekke vasgedraai. draai hom tot hy strip en n kwart draai terug haha. as jy beweeg is hy lekker glad en as jy stop dan staan die stoel mooi stil,maar my ander stoel het n aandraai nylon briek wat op die as loop, dit werk beter, veral as die bakkie redelik skuins staan.
Jackalsniper ek het soos my agterstewe getik, met die beweging op die ''rig'' het ek eintlik van die geweer rus gepraat
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Sun Mar 29, 2015 1:10 pm
by Jackalsniper
Andre, daai balljoint werk baie lekker, die gas lift is sommer die stop ook sodat die geweer nie te ver vorentoe oor le nie, en hy kan gemaklik 40 grade links en regs kantel, hys nie los of pap nie, as die geweer op is bly hy in die posisie wat jy hom los, die joint het lekker wrywing so sodra hy hom beweeg is hy styf maar sodra die beweging begin beweeg hy glad tot jy die geweer in plek het dan hou hy hom in plek vas, mens het baie lekker beheer oor jou wapen.
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Sun Mar 29, 2015 8:41 pm
by Jackalsniper
Ek sien ek het effens deurmekaar gepraat. Die ball joint is styf en die geweer sit lekker in plek en as jy moet skiet is hy doodstil dooierus, jy kort redelike krag om hom te laat beweeg,maar sodra die beweging begin gly hy lekker tot in die volgende posisie. hoop dit maak dieslag meer sin haha
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Sat Apr 04, 2015 8:57 pm
by johans
nice,vervang net daai lig met n lightforce
Re: Nog n skietstoel met n DIY lightforce scopemount
Posted: Sat Apr 04, 2015 9:09 pm
by Jackalsniper
Janee ek gebruik self net lightforce die stoel was vir n vriend wat seker later darm n lightforce gaan aanskaf,