Page 1 of 1

Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 6:38 pm
by Breinie
dag se manne
Ek shop al redelike tydjie rond vir 'n nuwe teleskoop vir my .308. Onlangs het ek afgekom op Meopta se Meopro reeks. Ek wil sommer julle insette hoor as enige van julle dalk ondervinding het met so teleskoop. daar is 2 modelle naamlik 4-12X50 en die 6-18X50.
Die 4-12X50 teleskoop kan ek slegs met die #4 Recticle kry wat nie so nice lyk nie. Die 6-18X50 kom met 'n Z-plex recticle wat so bietjie beter vertoon. Kyk op google kry mens gou voorbeelde van die Meopta #4 en die Z-plex recticles.
Ander nadeel is dat die buis diameter 1 inch (25,4mm) is. Behoort hierdie 'n problem te wees vir wanneer ek ringe gaan soek? Hoe beskikbaar is die 1 inch ringe in SA?

Baie dankie en laatweet wat julle dink

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 6:55 pm
by Fanie Nel
Hello breinie
My pel het meopro 4-12*50 hy is baie beindruk met die teleskoop. Die #4 kruis van meopta is nice.
Ek het 3 van hulle
Groete fanie nel

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 7:03 pm
by Supacow
Meostar hom

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 9:47 pm
by Breinie
Supacow: Wat se jy van meostar?

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 9:48 pm
by Breinie
dankie Fanie
En die ringe wat jy gebruik het? Maklik beskikbaar in SA?

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 11:10 pm
by Fanie Nel
Hello breinie ek nie self meopro nie, pel van my het een. Gewone 25mm ringe.
Ek het meostar teleskope het 3 van hulle fantastiese teleskoop.
Groete

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue Mar 24, 2015 11:16 pm
by Supacow
Fanie jyt die lig letterlik die lig voor baie manne gesien

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Wed Mar 25, 2015 8:34 pm
by DiscoBiscuit
Dagsê,

Ek het na die een gekyk, weet net nie of iemand hulle in SA verkoop nie.

http://www.meoptasportsoptics.com/shop/ ... tgRen.html

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Wed Mar 25, 2015 8:40 pm
by Boersonderroer
Ek het die 4-12x50 met 25" buise, lekker scope en glad nie 'n probleem om ringe te kry. Ek het QD Warne op , ook baie goed.

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Wed Mar 25, 2015 9:46 pm
by Breinie
Boersonderroer: Watter recticle het jy in daai 4-12X50? Die #4?

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Sun Mar 29, 2015 2:24 pm
by Maximus
Breinie. Ek het die 6x18x50 Meopta Meopro met die BDC kruishaar. Fantastiese tekeskoop vir die prys. Lens kwaliteit is puik en vergelyk baie goed met die duurder teleskope. Ek het gewone lynx ringe op my Tikka T3 308.

Wees versigtig vir die mildot kruishaar. Die dots is bietjie groot en het al van ouens gehoor wat daaroor kla.

Jou beste allrounder is jou 6x18x50 met BDC kruishaar. Jy sal verseker geen fout maak met die Meopta nie.

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Sun Mar 29, 2015 2:40 pm
by Heinz Petersen
Ek het nou na die 6-24x50 gekyk net vir intresantheid.
Hulle gee net 10 jaar waarborg op hulle scopes. :o :o :):

Meopta Meopro raad?

Posted: Sun Mar 29, 2015 3:47 pm
by Dries101
Heinz dit is n nuwe europese wet tipe ding. Selfs swarovski is nou net 10 jaar. As jy lewenslank soek -vsa mpy doen dit nog.

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Sun Mar 29, 2015 10:36 pm
by Fanie Nel
Meopta se meostar R1 en R2 teleskope het 30 jaar waarborg as jy teleskoop regestreer na aankoop.
Van die meopro is ek nie seker nie
Groete

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Mon May 11, 2015 10:20 pm
by Boersonderroer
Breinie wrote:Boersonderroer: Watter recticle het jy in daai 4-12X50? Die #4?
hy is 'n ZPlex

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Tue May 12, 2015 4:51 pm
by Lamtjop
Breinie, die Meopro het 25mm buis en ringe in SA is volop. Die 4-12x50 kry jy ook met die bdc reticle en myne wat op my 308 is werk lieflik. Met n 100m zero werk sy strepies vir 200m en 300m op n 8,25 vergroting perfek. Die Meostar reeks is so trappie beter as die Meopro en kom met 30mm buis, sover ek weet kry jy nie die bdc reticle in die meostar reeks nie. Groete

Re: Meopta Meopro raad?

Posted: Wed May 13, 2015 9:17 pm
by Swys14
die meopro's waardeur ek al gekyk het was bitterlik helder.