Page 1 of 1

JB weld vir rail bed

Posted: Tue Mar 24, 2015 3:42 pm
by JGZ
Middag manne.

My 2 20 MOA Warne rails is by my en reg vir opsit. Ek gaan wel die een rail op die savage moet bed aan die agterkant siende daar n effense gaping is as ek die rail aan die voorkant vas draai. Waar kan ek JB weld in die hande kry om dit te doen of is daar n soortgelyke produk beskikbaar wat nie vinnig cure nie?

https://www.youtube.com/watch?v=d6RopWI0-GE

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Tue Mar 24, 2015 3:43 pm
by JGZ

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Tue Mar 24, 2015 5:21 pm
by Gawie(13mm)
Steenvas sal mooi loop.

Sit die "rail" op sy plek vas en plak maskeerband rondom die "rail". Haal nou die "rail" af en druk skoenpolitoer of Cobra Wax in die skroefgate op die aksie in. Plaas 'n klein hoeveelheid steenvas om die twee skroefgate op die aksie en plaas "rail" in posisie. Draai nou die vier skroew vas. Neem 'n nat lap en vee die oortollige Steenvas wat uitpeul met 'n klam lap af. 'n Skerp sosatie stokkie kan gebruik word om die storie netjies aftewerk indien nodig.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Tue Mar 24, 2015 5:28 pm
by cassie_calvinia
hoekom koop jy nie een wat pas nie? of is ek nou mal?
nou maak jy net goed wat kan skeef loop

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 7:49 am
by Gawie(13mm)
cassie_calvinia wrote:hoekom koop jy nie een wat pas nie? of is ek nou mal?
nou maak jy net goed wat kan skeef loop
Dagsê Cassie.

Nee maat jou varkies is nog almal op hok ;D

Dit is maar net weer een van die ou geheimpies van die kompetisie skuts. >:D

Al die vervaardigers van "rails" en ringe, roem hulself daarop dat hul produkte van hoogstaande gehalte is en geen spesiale aandag nodig is vir die installasie daarvan nie. Uit eie ondervinding kan ek jou verseker dat selfs die beste en deurste nie 100% pas, soos dit op papier veronderstel is om te pas nie.

Wapens word in een fabriek vervaardig en al die ander aanhegsels waarvoor ons so duur betaal in 'n ander. Ek glo nie dat die twee vervaardigers met mekaar konfabileer nie en al is albei se kwaliteitsbeheer van hoogstaande gehalte, kan ek jou belowe dat die troue van die twee afsonderlike produkte nie altyd soos stroop loop nie.

Baie van die kompetisie skuts bed die relings op die aksie as voorsorg. Dit vergroot die dra-vlak van die reling op die aksie wat nie noodwendig 100% teen dieselfde radius of platvlak gesny is as die aksie nie.

Dit is hoekom pasmaak roere so duur is teen oor "one size fits all" gewere wat op hoë produksie staatmaak om bekostigbaar te wees.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 7:56 am
by Chrisjan
Mooi verduidelik Gawie.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 9:19 am
by JGZ
Dankie manne. Het steenvas en al die ander benodighede gekry en is reg vir operasie 'bedding' die naweek.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 10:59 am
by andre007
Gawie(13mm) wrote:Steenvas sal mooi loop.

Sit die "rail" op sy plek vas en plak maskeerband rondom die "rail". Haal nou die "rail" af en druk skoenpolitoer of Cobra Wax in die skroefgate op die aksie in. Plaas 'n klein hoeveelheid steenvas om die twee skroefgate op die aksie en plaas "rail" in posisie. Draai nou die vier skroew vas. Neem 'n nat lap en vee die oortollige Steenvas wat uitpeul met 'n klam lap af. 'n Skerp sosatie stokkie kan gebruik word om die storie netjies aftewerk indien nodig.
Jammer vir die "Hijack" Hoe sou Epidermix met steenvas vir hierdie applikasie vergelyk?

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 12:17 pm
by Gian_dP
andre007 wrote:
Gawie(13mm) wrote:Steenvas sal mooi loop.

Sit die "rail" op sy plek vas en plak maskeerband rondom die "rail". Haal nou die "rail" af en druk skoenpolitoer of Cobra Wax in die skroefgate op die aksie in. Plaas 'n klein hoeveelheid steenvas om die twee skroefgate op die aksie en plaas "rail" in posisie. Draai nou die vier skroew vas. Neem 'n nat lap en vee die oortollige Steenvas wat uitpeul met 'n klam lap af. 'n Skerp sosatie stokkie kan gebruik word om die storie netjies aftewerk indien nodig.
Jammer vir die "Hijack" Hoe sou Epidermix met steenvas vir hierdie applikasie vergelyk?
My ervaring met steenvas is dat dit nie so loperig soos epidermix is nie. Makliker dus vir werk op so plek waar dit redelik kan uitloop.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 12:22 pm
by Gawie(13mm)
Steenvas het die tekstuur van slap deeg. ABE Epedermix is soos kwyl invergelyking met die Steenvas. Met die Steenvas hoef jy nie dammetjies te bou om te keer dat dit die wereld vol loop nie. Steenvas kan ook met 'n klam lap afgevee word.

My vrou kry die horrie-piep, maar 'n natgelekte vinger trek daai Steenvas mooi glad. ;D

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 1:05 pm
by LUAN
Ek glo nie epidermix sal werk op staal nie dit is baie hard en breek maklik.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 1:13 pm
by JGZ
Wat dink julle van Pratleys (twee buisies wat gemeng word, nie die putty)? Ek het gisteraand n toetslopie met Pratleys ook gehad om die konsistensie te toets en dit lyk ook of dit mag werk (Tog ook n epoxy).

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 2:34 pm
by Gawie(13mm)
Pratley sal ook werk.

Luan, die epoksie dien slegs as vuller tussen twee nie-bewegende dele. Jy soek juis 'n harde epoksie wat nie onder druk saampers en verwring nie. Indien jy so baie epoksie moet gebruik dat dit kan afbreek, pas die reling definitief nie op die aksie nie.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Wed Mar 25, 2015 3:22 pm
by THOMAST
JGZ, ek het JB Weld aangekoop by 'n hardeware winkel in Ou Hoofweg in Observatory. Kan nie nou die naam van die winkel onthou nie. Het gelees op die net dat 'n man sy Alfa se gekraakte top daarmee herstel het.
PM my en ons kan plan maak.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Thu Mar 26, 2015 8:32 pm
by Monrique (SJ)
Goed verduidelik Gawie. Vertel bietjie of jy n tipe van "release agent" ook gebruik en of dit direk op die aksie en rail kom? Hoe maak mens as jy ditndalk later wil afkry?

Groetnis

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Fri Mar 27, 2015 7:32 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Monrique.

Soos gemeld, is skoen politoer of "Cobra Wax", maar my voorkeur "verlossings agente" ;D

Ek smeer dit slegs op die aksie en in die skroef gate. Die skroewe self doop ek in olie. Dit verhoed dat die skroewe aan die Steenvas vassit. Ek verkies dat die epoksie aan die "rail" vassit. Hy is dan sommer ook gevorm vir die volgende roer waarop ek hom wil aanbring.

Ek haal die "rail" in elke geval af nadat ek hom gebed het, om seker te maak dat dit reg gedoen is. Ek verwyder dan ook enige oortollige Steenvas en was van die aksie. Daarvoor gebruik ek terpentyn. Die was kom vinnig af en die terpentyn beskadig nie die blousel of ceracoat nie.

Groetnis.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Fri Mar 27, 2015 11:46 am
by JGZ
Gisteraand solank een van die gewere se rail gebed. Kiwi skoen poletoer gebruik as release-agent. Werk soos n bom. Het die rail op die geweer gehou vir so 3 ure en daarna afgehaal nadat die epoxy verhard het. Het die rail toe eenkant gesit om te verhard.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Sat Mar 28, 2015 8:45 pm
by Rasmus
Het jy dalk fotos wat jy kan plaas?

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Sat Mar 28, 2015 9:38 pm
by Jacko
Gaan Pratley's Quick Steel nie ook lekker werk nie? Ek dink nogals so.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Sun Mar 29, 2015 6:55 pm
by JGZ
Jacko ek het pratleys op die ou einde gebruik. Sal more gou fotos oplaai.

Re: JB weld vir rail bed

Posted: Sun Mar 29, 2015 8:40 pm
by Jacko
Nouja toe.