Page 1 of 1
Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Tue Mar 24, 2015 8:16 am
by Petrie303
Dagse,
Het iemand al ooit van die punte in SA gesien, indien wel, waar koop mens dit?
Dit sal soos stroop loop uit my 300WSM met 31.5 duim loop....
Groete,
Petrie
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Tue Mar 24, 2015 8:28 am
by Capt. Yoda
Daai koel is baie sag en die BC is ook nie so hoog soos hul dink nie.Sy G1 BC is ader aan .610
Hier is jou stroop
https://brtshooterssupply.com.au/storage/27728/$$$Berger%2030cal%20210gr%20Match%20Hunting%20VLD$0.jpg
of as jou loop reg is
https://brtshooterssupply.com.au/storage/27728/$$$Berger%2030cal%20230gr%20Match%20Hybrid%20Target%20(100qty)$0.jpg
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Tue Mar 24, 2015 9:19 am
by Petrie303
Dagse,
Ek is opsoek na goeie jag punte vir my skyfskiet geweer, vir daai LANG skote op vlakvarke op plaas... Ek het Berger 210gr Long Range BT target waarmee ek skyfskiet, gan die naweek hoeveel vleiskade dit sal gee op daai varkies as ek een kry.
Gedink ma om barnes tipped TSX te probeer, ma moet nog baie kyk wat mens kry...
Ek het 'n 31.5duim 1:10 brougton loop so will so swaar as moontlik laai vir jag doeleindes...
Groete,
Petrie
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Tue Mar 24, 2015 9:41 am
by Capt. Yoda
Ons skiet baie varke met CC en Bergers en die skade is nie so erg nie, ek het die laaste tyd heel anders na Nosler se Custom Comps begin kyk. My maat pinkes skiet die 140gr CC uit sy 264WM en hy jag net met die Cusotm Comps in hom.Dit is n baie sterker koel as wat ek gedink het maar mens moet maar weet hy gaan nie so mooi werk op n groot been as jy diep wil penetreer nie.Ek gaan self met Bergers jag die jaar en glo hul sal werk, pp langer afstand werk hul baie mooi weet maar net as jy hom uit n 300WSM met spoed teen n harde been gaan vas skiet gaan hy baie skade maak.Daai ALR is n baie sagte koel gemaak vir ver jag waar die inpak spoed baie laag is so hy gaan net so baie skade maak as hy n been tref teen spoed. Daai bergers loop mooi anders kyk na 208Amax of n lekekr swaar Game King.
Die Barness kan ook werk maar dit is n heel ander koel as die Bergers en die ALR.Kopskoot gebruik hulle om ver te skiet en hy het baie sukses met hulle
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Wed Apr 01, 2015 10:31 am
by Willem Grobler
Petrie ek het tans gestandardiseer op 200 gn Peregrine VRG4/5 op my WSM.
Hulle werk vir my baie goed.
Grootste rede vir dit was konstante beskikbaarheid van punte. 28.35 duim 1:10 Krieger loop, 59 gn S365, tpl 73.60, 2770 vps
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Mon Apr 06, 2015 11:08 am
by Broadbandboer
Heeltemal van die punt af. Jammer. Wat dink julle sal 'n 300gn Scenar punt maak? Ek is ook opsoek na 'n lekker jagpunt vir lang afstand maar ek kry op die stadium nie iets wat so konstand is met my geweer soos 'n scenar nie.
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Mon Apr 06, 2015 1:42 pm
by Capt. Yoda
Die probleem met baie otm koels is dat hul hulself nie elke keer dieslfde gedra soos n premium jag koel nie.Partykeer ontplof hy ander keer werk hy soos ons wil he en hy "blom" mooi ander keer buig hy soos n fmj wat n plank slaan.n 300gr koel is n groot stuk lood wat baie energie dra so ek dink dit kan dalk werk.Skiet so paar in n wetpack in om net n idea te kry van wat aan gaan as daai koel iets tref.
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Fri Sep 11, 2015 3:23 pm
by jjmare
Het Kaptein al van die Berger .30cal 230gr Hybird Tactical OTM probeer - Dit loop nou ook soos stroop. Hulle tactical koeels het n dikker jassie as die ander koeels. In my ervaring het die scenars en Nosler CC's n te dun jassie en was ek nog altyd bang om hulle te gebruik vir jag (maar dis goed om te hoor dat hulle sterker is as wat ons dink - juis omdat hulle so bekostigbaar is). Sierra MatchKings is natuurlik n ander storie... Ek gebruik hulle in omtrent al my kalibers om mee te jag. Ek wonder hoekom het die .30cal 240gr SMK nie aanklank gevind in die skietgemeenskap nie? Het iemand hulle al probeer?
Re: Nosler 210gr Accubond Long Range
Posted: Sat Sep 12, 2015 11:58 am
by Capt. Yoda
Yes Jj, ek skiet die 175gr Otm Tactical en 185 OTM tack/Juggernaut en soos jy se hul mantels is dikker en hul skiet baie lekker.Bitter akuraat en hul werk mooi self vir jag.Ek wou nou die 230s ook probeer ma hul prys het my so bq laat skrik vir die hoeveelheid wat ek skiet.