Page 1 of 1
458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 10:08 am
by Shindzela (Pierre)
Dis wat n 450gr Rhino punt uit n 458 Lott aan a Rooibok doen.
[img width=560 height=420]
http://i1236.photobucket.com/albums/ff4 ... to-001.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1236.photobucket.com/albums/ff4 ... o-0034.jpg[/img]
Re: 458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 11:33 am
by Robert
black-sam,
was daar iets oor om te eet of het net die boude oorleef.
Hoe ver was sy van jou af toe jy haar met die baksteen gooi?
Robert
Re: 458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 11:55 am
by Shindzela (Pierre)
Dit was bietjie van n gemors, was so 60 tree van die bok af.
Re: 458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 12:23 pm
by Armand Steenkamp
Jy moet solids traai op klynwild.Manne se daar is min vleis skade
Groete armand
Re: 458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 1:36 pm
by Wouter Roets
Pierre
Het hy been gevang aan die ingangskant? Ek skiet 500gr Rhino's teen 2200ft/sek met my Lott en daai skade is ongewoon selfs op so n klein dier soos n rooibok ooi.
Groetnis
Wouter
Re: 458 Lott
Posted: Wed Apr 27, 2011 4:31 pm
by Shindzela (Pierre)
Wouter
Ek het haar skuins van links voor, voor die skouer geskiet, was al n ruk terug en ek kan nie mooi onthou of been getref is nie.
Re: 458 Lott
Posted: Thu Apr 28, 2011 12:33 pm
by Wouter Roets
Pierre
Daar moes iets gevang gewees het om daai skade te gemaak het. Ek kan nie dink dat die Rhino alleen kon verantwoordelik gewees het vir daai skade nie. Vir interessandheid wat is die spoed wat jy gekry het op daai 450 greiners?
Ek het gister weer met die Lott oor die Chrony geskiet met die 500gr Rhinos wat se ladingontwikkeling wat ek gedoen het in die somershitte en toe het hy 2200ft/sek gehardloop. Tot my ontsteltenis hardloop hulle toe in gister se koue teen 2320ft/sek! Wat n f*&*P! Sal maar net met hulle op baie koue dae hierdie jaar skiet totdat hulle klaar is! Al wat ek kan dink is dat S321 maar weer sy ware kleure gewys het.
Groetnis
Wouter
Re: 458 Lott
Posted: Thu Apr 28, 2011 3:35 pm
by Shindzela (Pierre)
Wouter
Ek het hom ongelukkig verkoop. Het wel een keer met die 3" Exprees rondtes gemeet - Gemiddled 2250v/s met n 500gr punt as ek reg kan onthou, ek dink ek het die papier werk by die huis iewers.