Page 1 of 1

Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 6:43 pm
by Dewitt
Lyk my hulle is nou totaal en al uitverkoop regoor die land. Wat is min of meer sy gelyke in ander make en prysklas?

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 6:44 pm
by Philip J
Berger 88 gr Varminter.

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 6:48 pm
by tripodmvr
Daar is min in 87gr. Gaan af na 85gr waar daar Sierra, Speer en Lapua is. Selfs 75-80gr is goed vir ongediertes.

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 7:06 pm
by Francois Marais
De Witt

Hoeveel 87gr V-Maxe soek jy???? Ek kan vir jou hier koop en stuur......Kyk my nommer en stuur my WA..

Mooi loop
Francois

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 7:51 pm
by Gawie(13mm)
Ek sal darem self 'n ystervark kaalgat ry vir 'n paar honderd 87grein V-maxe! ;D

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 8:13 pm
by joe rocket
Gawie(13mm) wrote:Ek sal darem self 'n ystervark kaalgat ry vir 'n paar honderd 87grein V-maxe! ;D




Ek bring môre die ystervark en sommer n video kamera ook >:+

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 8:21 pm
by wlm
Gawie(13mm) wrote:Ek sal darem self 'n ystervark kaalgat ry vir 'n paar honderd 87grein V-maxe! ;D
"For you I will fighta ze bull, but for your seester I will ride the porcupine bare-back!"

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Mon Mar 23, 2015 9:22 pm
by theedge
joe rocket wrote:
Gawie(13mm) wrote:Ek sal darem self 'n ystervark kaalgat ry vir 'n paar honderd 87grein V-maxe! ;D




Ek bring môre die ystervark en sommer n video kamera ook >:+
Plaas daai een net hier sal dit graag wil sien

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 1:23 am
by Finfan
Berger 87gr VLD was my replacement vir Vmax! Darem nou weer gestock en kan n entjie weer gaan met die Vmaxe!

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 6:42 am
by Capt. Yoda
PhilipJ wrote:Berger 88 gr Varminter.

Wa o waar kry mens van die in die land? Kry vir my 88gr Bergers en ek stuur vir jou Vmaxe

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 8:13 am
by LUAN
Probeer die ko-op ek seker ek het nog V-maxe gesien en hulle het n groot shipment bergers onlangs gekry.

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 12:50 pm
by Schalk.vdB
Ek dink die 87 V-max'e en 87 gr VLD Bergers is almal by my! :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 1:45 pm
by Francois Marais
Gawie

Kontak my dan maak ons n plan......

Mooi loop
Francois

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 4:04 pm
by Finfan
243RSA wrote:Ek dink die 87 V-max'e en 87 gr VLD Bergers is almal by my! :laugh: :laugh: :laugh:
Nou kort ons net nog jou adres >:D

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Mar 24, 2015 5:33 pm
by Philip J
Capt. Oblivious wrote:
PhilipJ wrote:Berger 88 gr Varminter.

Wa o waar kry mens van die in die land? Kry vir my 88gr Bergers en ek stuur vir jou Vmaxe
Wys jou hoe lanklaas het ek nodig gehad om weer Bergers te soek. Ek het nie eers geweet hulle is skaars nie ++>:

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Wed Mar 25, 2015 8:47 am
by Capt. Yoda
PhilipJ wrote:
Capt. Oblivious wrote:
PhilipJ wrote:Berger 88 gr Varminter.

Wa o waar kry mens van die in die land? Kry vir my 88gr Bergers en ek stuur vir jou Vmaxe
Wys jou hoe lanklaas het ek nodig gehad om weer Bergers te soek. Ek het nie eers geweet hulle is skaars nie ++>:

As ek my backorder kry gaan hul nog skaarser wees maar ja daai 88's is soos n wit boer in Zim.

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Tue Sep 29, 2015 7:58 am
by lategan
Dink mooi, die 88gr FB High BC Varmint is te lank vir die standaard magasyn, diep "seat" ontnugtering is jou voorland of enkelskoot. Wel 'n fantastiese punt. Ek laai ook die 87's, moeilik om te klop. Ek stem saam tripodmvr hierbo. Geniet.

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Thu Oct 01, 2015 11:40 am
by Murray
Jis manne. Humansdorp kooperasie het baie 87 v max. Hulle het iets soos 50 000 hornady punte laas week gekry. R5/ punt. Berger is baie goed, maar duurder.
Elke man vir homself

Re: Hornady 87gr V-Max

Posted: Thu Oct 01, 2015 11:33 pm
by Gernie
Ek.het n paar pakkies as iemand belangstel?