Page 1 of 1
22 K Hornet
Posted: Tue Apr 26, 2011 5:31 pm
by Gerhard
Ek het vandag 4 blesbokke gejag met die K Hornet.
45gr PMP teen 2800fps
Kon lekke bekruip hier op die Hoeveld.
Die ram gesien l?
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok1.jpg[/img]
Kon so 100 meter van hom af kom en gesit en wag dat hy op staan...
Net na ek die ram se keel gesny het sien ek nog ramme wat in my rigting beweeg...
Kon in posisie kom en het die 3 ramme tussen 60 tot 130 meter van my af geskiet binne 3 minute.
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok3.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... esbok4.jpg[/img]
Die Hornet met sy klein ronte moenie onderskat word nie.
Hy is beslus meer as net n jakkals skiet kaliber.
Maar sit jou skote waar dit saak maak... ;)
Re: 22 Hornet
Posted: Tue Apr 26, 2011 6:16 pm
by Nico Harris
Mooi geskiet ou maat!

Re: 22 Hornet
Posted: Tue Apr 26, 2011 7:01 pm
by Michiel(MCR)
Hi,
Moenie die ou agter die roer vergeet nie......
Mooi gedaan mater,dit moet gedoen word.Was seker lekker moeg gewees na daai bekruip spulletjie.
Groete.
Michiel.
Re: 22 Hornet
Posted: Tue Apr 26, 2011 7:18 pm
by Hein M.
Gerhard
Baie geluk pel! Mooi bok!
In jou hande en met die regte bekruipmetodes is dit 'n goeie jagtog. Die Hornet op groter boksoorte is net vir gevorderde jagters. Maar hy bly 'n doring!
Groetnis!
Hein M
Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 5:20 am
by Gerhard
Hein,
Dankie,
Ek sal dit nie aanbeveel as kaliber vir enige persoon om mee te jag nie.
Maar met geduld, regte afstand en skoot plaasing is die kaliber doodelik.
Ek moet nog 3 blesbokke afhaal die week en sal dan die Steward 45gr punte gebruik wat ek by die Aim Skou gekoop het.
Maar soos altyd...
Skiet raak en sit jou skoot daar waar dit saak maak...

Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 6:35 am
by KalahariKlong
Wel gedaan. Die hornet is sowaar 'n roer wat nie moet onderskat word nie. Myne het al menige bosbokke op sy kerf.
Darm lekker as 'n man so warm maak onder die blesse. 3 ramme binne 3 minute, netjies man!
Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 7:55 am
by spekieries
More Gerhard
Ek skiet ook met 'n hornet, maar ek kom nie naby die spoed wat jy skiet nie. Watse doppe lading en primers gebruik jy. Was dit kopskote of het jy die enjinkamer uitgehaal.
Groete
Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 8:28 am
by Armand Steenkamp
Spekieries ek dink gerhard se hornet is n 22HornetK.
Ek het ook al reedelik met n hornet gejag en al n paar springbokke met hom geskiet.
Maar ek moet se dat ek dink nie dat die standaard hornet gemaak is vir 200m skoote op blesbok groote wild nie.
Die hornet werk lekker in die nag waar jy nie verder as 150 skiet nie en net kopskote skiet.
Net my persoonlike opienie
Hornet Groete
Armand
Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 11:10 am
by theedge
mooi gedoen
Re: 22 Hornet
Posted: Wed Apr 27, 2011 3:01 pm
by 243Songdaug
Netjies mater!
Ek siewn dis kwaai plat waar jy gejag het. Maak die bekruip net sdo bietjie meer interesant.
Geniet jou Hornet, skoonpa het een wat op 'n vollengte Pre 64 gebou is, waarop hy erg heilig is - miskien die kleinman voorhou as verskoning om die Hornet na my kluis te laat verhuis.
Re: 22 Hornet
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:35 am
by Gerhard
spekieries wrote:
More Gerhard
Ek skiet ook met 'n hornet, maar ek kom nie naby die spoed wat jy skiet nie. Watse doppe lading en primers gebruik jy. Was dit kopskote of het jy die enjinkamer uitgehaal.
Groete
Spekieries,
Dit is n 22 K Hornet. Ek het hom ge upgrade toe ek nuwe loop by Truvelo laat bou het 7 jaar terug.
Jammer man ek het die K in die opskrif vergeet.
Ek persoonlik skiet nie kop skote tensy ek baie baie naby is nie.
Al 4 bokke het dubbel long skote gekry.
Re: 22 Hornet
Posted: Thu Apr 28, 2011 6:38 am
by Gerhard
243Songdaug wrote:
Netjies mater!
Ek siewn dis kwaai plat waar jy gejag het. Maak die bekruip net sdo bietjie meer interesant.
Geniet jou Hornet, skoonpa het een wat op 'n vollengte Pre 64 gebou is, waarop hy erg heilig is - miskien die kleinman voorhou as verskoning om die Hornet na my kluis te laat verhuis.
Jy sal maar met skoonpa moet praat jong...
Ek moes maar dooie grond en klippe gebruik om te bekruip, man moet net geduldig wees.
Die "knee pads" kry 'n behoorlike "work out"
Maar hulle is elke sent werd
Re: 22 K Hornet
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:09 am
by spekieries
Gerhard
Wat behels die K Hornet? Is dit iets soos AI waar mens net die kamer kan sny, en dus die geweer na die tyd kan verander. Kry mens doppe of moet 'n man fire form?
Groete, klink of jy op 'n beter plek as 'n klomp van ons is.
Re: 22 K Hornet
Posted: Thu Apr 28, 2011 7:22 am
by Gerhard
spekieries wrote:
Gerhard
Wat behels die K Hornet? Is dit iets soos AI waar mens net die kamer kan sny, en dus die geweer na die tyd kan verander. Kry mens doppe of moet 'n man fire form?
Groete, klink of jy op 'n beter plek as 'n klomp van ons is.
Ja,
Die 22 K is soos n AI vir ander kalibers.
Die nekkie is nou nie meer so lank nie en jy kry bietjie meer kruit in.
Ek gebuik Winchester doppe en laai 12gr S265 vir 40gr Sierra Varminter vir jakkalse.
11.7gr vir 45gr PMP
Jy skiet jou gewone Hornet patroon en dan fire form jy hom.
Ek skiet sommer jakkalse wanneer ek fire form.
Ek het die week verlof in gesit en is my weg kom uit die stad vir die jaar...

Re: 22 K Hornet
Posted: Thu Apr 28, 2011 11:08 am
by Pvdw
Mooi geskiet Gerhard! As ek nog 'n lisensie kon kry sal ek ook een van daai Perdebye koop. Hoe meer ek van hulle sien hoe meer hou ek van hulle.
Peet