Page 1 of 1

fake scope

Posted: Fri Mar 20, 2015 7:27 pm
by jannie1
naand manne
Julle sal almal onthou van die herrie wat september laasjaar hier was rakende teleskoop wat ek gekoop het en toe ek dit monteer geblyk het fake te wees. Met samewerking van baie lede hier en ook admin was die verkoper gespoor en met hom in gesprek getree. Ek het probeer om die ou post te spoor en daarop n update te gee, maar kry dit nie.

Hiermee my terugvoer soos belowe. Die verkoper het sy woord gestand gedoen en binne ses maande die volle koopprys terugbetaal.

Ek noem nie name nie, maar baie dankie aan almal hier op site vir jul samewerking en ook die privaat boodskappe wat hierdie saak beredder het. Dit wys net weereens dat hierdie site nie ninsens duld nie.

Dankie vir die verkoper wat sy reelings nagekom het. Intussen het ek Rudolph skoop monteer en sien uit na my jagsessie hierdie jaar