Page 1 of 1

Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 5:07 pm
by Giepie
Ek het 'n ander teleskoop gekry met ringe wat klaar ge"lap" is. Kan ek dit net so op my geweer sit, of moet dit eerder weer op my geweer gelap word? My beperkte logika reken dat dit op elke geweer nuut gelap moet word omdat die basisse kan verskil. Ek hoop eintlik dat ek verkeerd is. ;)

Ek sien nie dat "scope lapping tools" maklik beskikbaar is hier nie. Waar kan ek daarna soek? Hoeveel kos dit om die ringe te laat lap?

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 5:10 pm
by cassie_calvinia
lap maar weer.
kannie baie kos nie.

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 6:26 pm
by Jacquesb
Lap hom weer dan is jy seker dat die scope mooi in die ringe pas.

Die puriste moet my maar afslag. Ekt n ou stukkende teleskoop gevat. En hom met n vicegrip gebruik om my ringe te lap.
Giepie, as jy naby Pretoria is kan jy hom kom leen.

Groete
Jacques

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 7:21 pm
by Baasvark
Ek het 'n search probeer maar kry niks nie.
Hoe lap jy 'n scope se ringe?

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:08 pm
by cassie_calvinia
search op you tube.
sscope mount, scope ring lap, daar is baie

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:29 pm
by Gawie(13mm)
Baasvark wrote:Ek het 'n search probeer maar kry niks nie.
Hoe lap jy 'n scope se ringe?
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=77&t=36853
Dit is nie heel volledig nie, maar die voor en na sal die die prentjie inkleur.

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:44 pm
by Baasvark
Thanks Gawie, ek het vergeet dat google ook heel handig is :)

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:54 pm
by joe rocket
Gawie lap ook.

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Thu Mar 19, 2015 9:44 pm
by alecjohnson
Ek sien nie dat "scope lapping tools" maklik beskikbaar is hier nie. Waar kan ek daarna soek? Hoeveel kos dit om die ringe te laat lap?



Ek het vreeslik gesoek na lapping tools! Ek het toe bitjie gegoogle en rondgevra. Lapping kits was so R500 dan is dit net vir 25 of 30mm nie albei.

Ek gaan toe na staal plekke opsoek na ronde bright mild steel. Koop toe twee stukke van 40cm lange 25mm en 30mm bright mild steel en koop valve grinding paste by midas hele ketoetie was R100 vir die "lapping kit"

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Fri Mar 20, 2015 7:06 am
by BRNO (Pierre)
Kontak vir SJ hier op die. Sy lapping tool is baie maklik en eenvoudig om te gebruik.

Gillie, jy is ook meer as welkom as jy die gereedskap wil gebruik.

http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/023.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/022.jpg

Re: Lapping van Ringe op ander geweer

Posted: Fri Mar 20, 2015 7:27 am
by Giepie
Het by Morkel en Krause by S&O Pta gaan uitvind. R550 om die ringe te pas, lap, teleskoop op te sit en waterpas te maak. Een dag se werk.