Page 1 of 1

Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:39 am
by Carl
Vriend van my se seun het hierdie groepering op 40m geskiet ;D Hy wil weet wat moet hy doen om die groepe oop te maak, want so gaan dit hom baie geld kos. ;)

https://lh4.googleusercontent.com/iEI37lqbUlHSfJ1Ftk5UvSN-B_yugmP7yMTmKx2uuLw=w508-h903-no

Re: Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:45 am
by Skywalker
Jo kan nie mooi sien nie maar lyk soos n Robin Hood op 40m :):

Knap Gedaan

Re: Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:46 am
by Eugene
Goeie groep daai!

Laat sy seun so halftree na links of regs gee tussen pyle.... ;) Kan duur storie raak daai, terwyl jou bors swel van trots, krimp jou beursie met pyn.....

Re: Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 5:47 pm
by Carl
Dit was 'n Robin Hood. Ek het nou 'n beter foto op.

Re: Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 5:53 pm
by BeesBreet
Kry n spyderweb teiken met 4 bulls/ of vitals... skiet 4 pyle op 4 verskillende bulls. Dit is baie goeie skietwerk maar ook n probleem want dit kos ongeveer R100 elke keer as dit gebeur... en as hy so aan hou gan pappa se beursie bloei! Ha ha àwesome

Re: Groepering vraag

Posted: Tue Mar 17, 2015 7:08 pm
by HennieC
Kry pool noodles en sny ringe van so 20mm dikte en sit hulle op verskillend plekke vas met paperclip draaidjie.
Die noodle met gat binne in werk vir my die beste en die geel kleur natuurlik.

Re: Groepering vraag

Posted: Wed Mar 18, 2015 9:21 am
by JacquesT (Stompe)
Laat hy sy ponde op maks vasmaak, die een pyl moet die ander een heeltemal deur split en vol penetreer.

Re: Groepering vraag

Posted: Wed Mar 18, 2015 3:31 pm
by Boesman10
Kry ander pyle wat jou sal toelaat om 'n "Pin Nock" in te sit. Dit deflekteer die inkomende pyle sodat jy nie pyle beskadig nie en is baie goedkoper en makliker om te vervang as heel pyle.