Page 1 of 1
Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 2:00 pm
by WynandM
Goeie middag almal...
Ek is tans in die mark vir n nuwe herlaai skaal, en het my oog op een van die "fancy" gedoentes wat self kruit gooi en af meet.
Sal graag wil weet wat julle van die Lyman 1200 dink?
RCBS maak ook een, maar is omtrent dubbel die Lyman se prys.
Jagters groete!
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 3:19 pm
by JPS
Hi WM,
Search die site, die 1200 DPS is al bespreek.
Groete
JP
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 4:05 pm
by WynandM
Dankie JP, sal so maak

Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 4:44 pm
by Francois Marais
WM
Hier is die topic wat al op was oor die Lyman skaal.....
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9
Mooi loop
Francois
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 4:51 pm
by 243Songdaug
WM, ek kan nie praat vir of teen die Lyman nie - ek het 'n RCBS.
Al wat ek kan s?: Die RCBS is elke sent werd wat jy vir hom betaal. Ek het maar Hendrik van Rensburg(Safari and Outdoor/Die akkurate ketting) en Chuck Hawks se raad gevolg toe ek vir my 'n elektroniese dispencer gekoop het.
Moet net nie jou balk/beam skaal wegmaak nie......
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 5:12 pm
by Francois Marais
Jaco
Ek moet net met jou my RCBS Chargemaster ondervinding deel, het ook op 6mmbr.com gelees dat die RCBS die beste is, en een gekoop, toe ek die 3de een teruggee he ek genoeg gehad en maar n Lyman gekoop.......
Myne het nooit langer as n maand of twee gehou nie, dan raak sy dispenser se syfers deurmekaar, plak jy die skaaltjie uit, werk hy 100%, maar druk jy 1 wys die display 3 en so, ek weet van ten minste nog drie skale wat ook teruggestuur is oor dieselle kwaal....
Mooi loop
Francois
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 6:26 pm
by Christo
My lyman werk mooi. Ek kan hom enige tyd aanbeveel.
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 7:46 pm
by 243Songdaug
Naand FM.
Maat laat voel jy my nou oordentlik sleg! My dispencer het presies dieselfde gedoen! Ek het woensdagaand nog 'n paar 243's gelaai vir die naweek se jag en toe ek sondag weer wil laai toe mmaak hy soos jy s?.
Ek het die dom-es-tic verskriklik uitgek....! Sy laat val alewig goed uit haar hande uit, dinges alleen sal weet hoekom. M&H in Klerksdorp was darem baie behulpsaam en het die RCBS omgeruil voor jy kon s?: Stukkende RCBS!
So behalwe vir die een probleempie het ek nog niks klagtes rondom die RCBS nie.(Nie eers geweet dis 'n sagteware fout nie!!!) Arme aosie!
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 8:50 pm
by WynandM
Dankie vir julle input... My mind is op gemaak.
Ek verneem dat die Lyman stadiger werk en moeiliker skoon maak as die RCBS, maar dis darm nie te ernstig nie.
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 8:57 pm
by Christo
WM wrote:
..............die Lyman stadiger werk ...............
Waarskuwing uit ondervinding, moet nie dink jy kan die skaaljie help deur met 'n Lee maatlepel by te gooi om tyd te spaar. Dit gee erg ongelyke afmetings. Laat daai skaaljie maar al die die werk doen.
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 9:13 pm
by Ja3
Hello FM
Hoop dit gaan goed met jou ook.
Ek het baie baie vertroue in die RCBS Chargemaster. Het die Lyman probeer, en was nie gelukkig met veral sy skaal nie.
Seker jy't nie miskien die 110v een gekoop nie? haha grappie
Interessant dat mens sulke uiteenlopende opinies kry ne!
Baie grte
Ja3
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Mon Apr 25, 2011 11:38 pm
by Francois Marais
Ja3
Hi mater, gewonner wat van jou geword het........
Mooi loop
Francois
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Tue Apr 26, 2011 7:41 am
by Stefan764
WM wrote:
Dankie vir julle input... My mind is op gemaak.
Ek verneem dat die Lyman stadiger werk en moeiliker skoon maak as die RCBS, maar dis darm nie te ernstig nie.
Hallo Mater en welkom op die forum
Uit ondervinding as n trotse eienaar van die DPSIII, net kommentaar op jou 2 stellings. No1, Die Lyman werk so vinnag as wat jy n knoppie kan druk, die kruit in doppie gooi en die bullet seat. Of dis maar my manier. No2, dai lyman maak baie maklik en sonder moeite skoon. Jy maak net n geut oop en die kruit stroom by jou blik in. Maklik genoeg sou ek reken, in elkgeval vir halfte van die prys soos jy genoem het...
Groete
Stef
Re: Lyman 1200 DPSH
Posted: Tue Apr 26, 2011 2:03 pm
by Francois Marais
WM
Jy is reg, die Lyman is stadiger, hy het n 30 min opwarming nodig voor jy kan beginne gooi, en hy maak moeilikker skoon as die RCBS, by die RCBS draai jy n kraan oop en elke korreltjie kruit loop uit, by die Lyman moet jy sy tuit uitdraai om die bakkie waarin die kruit is uit te kan trek om die ordenlik te kan skonnmaak, MAAR ten minste werk die ding na drie maande steeds asof hy nuut is, kyk gerus ook na die filters wat die ander forum lede onder bespreking het, hulle maak blykbaar n groot verskil op die skaal se stabiliteit....
Mooi loop
Francois