Page 1 of 1

Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:15 pm
by Dirkvh
Was bietjie plaas toe (Suid Vrystaat) vir so twee weke. My nuwe Howa .308, Dakspyker, saamgevat om te gaan speel.

Verlede keer wat ek daar was het ek koedoe mis in die agterste rante gekry. Skoonpa het my toestemming gegee om hul te gaan soek aangesien hul nou in die droogte redelik vreet op die spilpunte.

Oggend vroeg uit en het na so uur en 'n half hierdie koei gekry. Het ook later die week 'n vlakvark op 302m geklop. Lekker geweer hierdie!!!

Ek heg sommer ook 'n foto van my vrou wat met dakspyker skiet, nogals 'n cool foto.

Re: Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:27 pm
by ruaanb
Lekker man jou vrou lyk heel tuis agter die roer

Re: Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:29 pm
by G-force
Geluk maar daai gun pas meer by jou vrou,jy sal moet n ander een koop.

Re: Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:30 pm
by Dirkvh
G-force wrote:Geluk maar daai gun pas meer by jou vrou,jy sal moet n ander een koop.
Sy nie so erg oor die .308, maar ek dink die .204 gaan nie lank myne wees nie... :(

Re: Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:31 pm
by sako 30-06
Goed gedoen,daai geweer gaan jou nog baie plesier gee.Dis nou as jou vrou hom nie oorneem nie.

Re: Eerste bloed vir .308

Posted: Fri Mar 13, 2015 2:00 pm
by Baasvark
Lekker man!

Hoop daar is nog vele meer!