Page 1 of 1
Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 10:59 am
by Smirre
More
Wat is die twist van die loop?
Lees hulle praat van 1:8
maar my maat sn meet 1: 7
Boeke praat van 1:7,8
Smirre
Ps my tikka meet 1:8.25
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:05 pm
by Fanta300
Soos jy meet so is hy
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:08 pm
by Smirre
Fanta,
Die geweer sukkel om met 140g te groep
sal moet kyk na swaarder...maar kry mens?
160g in US of A maar nog nie hier gesien
Smirre
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:17 pm
by VdWalt
Ek het al 160 Hornady by Camdix gekoop, 156gr Norma by Camdix en Rosenthals.
Sierra het ook eens 160gr Pro Hunter gemaak maar het ongelukkig op gehou. Hy was sterker
as die Hornady. Jy kan ook Claw en Rhino in 150 en 160gr kry.
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:22 pm
by Smirre
TNX
sal n paar soek sodat ons kan prober
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 1:54 pm
by Pvdw
160 is net so lank soos die 140s. Net die ogief se vorm verskil.
Webblad sê 1:8
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 3:32 pm
by VdWalt
Smirre wrote:Fanta,
Die geweer sukkel om met 140g te groep
sal moet kyk na swaarder...maar kry mens?
160g in US of A maar nog nie hier gesien
Smirre
Watter 140gr het julle al probeer en teen watter spoed? (Gemiddeld)
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 4:22 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Smirre
Gebruik 'n "stability calculator" dan weet jy waar jy staan. Gaan na JBM Ballistics se site toe. Hulle het daar lengtes ook vir koeels wat jy nie het om te meet nie. Kanse is gewoonlik dat 'n groefdraai te stadig is as te vinnig as jy nie op kort afstand (100-200m) gropereer nie. Ek het al gehoor van ouens wat met Howas 120's skiet met sukses.
Hoe vinnig trek die koeels en watter koeels is dit en hoe lank meet hulle?
Ek het nou sommer gou daar gekyk...
0.264, 140gr Hdy Spire Point - 1.258" lank. Teen 2600 fps is die "stability factor" 2.147. Volgens hulle moet dit tussen 1.3 en 2.0 meet vir optimale resultate. Ek het geen ervaring met "over stabilising" nie. Ek weet die ouens wat ver skiet sê dat dit die hoek van die koeel nadelig affekteer op lang afstand. Rofweg 1.290" sal teen 2600fps 'n faktor van 1.995 gee. oh alles in 'n 1 in 8" (JBM Ballistics).
v d Walt, help gou asb, wat meet jou 140gr North Forks? Ek is verlee om te erken ek het nooit die lengte neergeskryf toe ek die laaste pakkie verkoop het nie. Agv die soliede skag mag hulle effe langer wees. Terloops, die besending is al oppad....
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:12 pm
by VdWalt
Dit is goeie nuus! Dis vir die shipment wat inkom.
Hulle is 33.95mm lank.
Hulle het 'n langer dunner punt as bv die Hornady Interlock want hulle
max TPL is 1mm langer.
Re: Twist in HOWA 6.5 x 55
Posted: Mon Mar 16, 2015 2:03 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Dankie v d Walt.
So, die North fork 140gr soos vd Walt hom meet is 1.3366" lank.
Twist 1 in 8. Spoed 2600vps (wat minder krities is) gee stabiliteitsfaktor van 1.799 wat binne die optimale area is volgens JBM Ballistics.
Weereens is die berekening met JBM Ballistics se sagteware gedoen wat gratis aanlyn beskikbaar is.
Temperatuur en atmosferiese druk is hulle standaard syfers (wat waarskynlik vir standaard toestande op seevlak is).