Page 1 of 1
Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 11:27 am
by NJ_v_N
Ek het die photo op n ander forum raakgelees, kan nogal lekker werk op daai pro-varmint kolwe...
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 12:17 pm
by Skywalker
Ja jinne ek dink dit kan baie lekker werk.
Daai profile pic (Gif) van jou hipnotiseer my

ek kan die heeldag na hom staar.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:00 pm
by Fanta300
Is hulle al hier beskikbaar?
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:26 pm
by Geno
Fanta300 wrote:Is hulle al hier beskikbaar?
Teen $60 net vir die wangstuk, gaan jan Alleman in SA nie die kolf kan invoer nie.
Ons as Boyds handelaars se permitte is wel reg om dit te bring.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:36 pm
by NJ_v_N
Geno, so sou n mens n boyds soek met ekstra lop + checkering + al die lekker additional opsies kan julle dit so bestel?
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:39 pm
by Geno
Ons kan ja. Ons het paar mooi goed al ingebring.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 2:25 pm
by Fanta300
Geno, my vraag was eintlik aan julle gerig

Wat gaan julle prys wees? K98 aksie.
Hoe lank gaan dit vat?
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 2:40 pm
by Geno
As ek moet skat, R3500.00 vir 'n plain kolf met die cheekpiece.
Wagtyd van 6-8 weke
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Thu Mar 12, 2015 9:49 pm
by Charles.308
Hi Geno
Kan jy prys gee vir RSA enkelskoot met verstelbaar cheeck en het julle al of dank voorbeeld.
Dankie
Charles
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Fri Mar 13, 2015 11:17 am
by NJ_v_N
Charles, ek het dieselvde idee as jy, boyds doen ongelukkig nie inletting vir die RSA nie, so dit sal n uninlet een moet wees. Dan moet n kolfmaker maar die inletting doen.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Fri Mar 13, 2015 11:23 am
by Geno
Vir 'n RSA aksie sal man 'n uninletted kolf moet inbring.
Dan kyk jy in totaal so na die som:
Kolf: R2200.00
Cheekpiece: R900.00 ($60 x R13+ 14% Vat)
Inletting in SA: +-R1000.00
Finishing: R1000.00
Bedding: Hang af of jy glass, pillars of watokal soek.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Fri Mar 13, 2015 11:45 am
by JacquesT (Stompe)
Geno wrote:Vir 'n RSA aksie sal man 'n uninletted kolf moet inbring.
Dan kyk jy in totaal so na die som:
Kolf: R2200.00
Cheekpiece: R900.00 ($60 x R13+ 14% Vat)
Inletting in SA: +-R1000.00
Finishing: R1000.00
Bedding: Hang af of jy glass, pillars of watokal soek.
Wat is die finishing kostes? Is dit om die kostes om die kolf te mount? Doen julle dit of het julle iemand waarna julle, jul kliente verwys? Ek wil oor so maand of wat deur julle 'n kolf vir my inbring.
Re: Boyds maak nou adjustable combs
Posted: Fri Mar 13, 2015 12:03 pm
by Geno
As mens 'n uninletted kolf by Boyds bestel, kom hy rof gevorm hier aan. Finishing is die glad skuur en olie/vernis behandeling.
Rondom Gauteng stel ons vir Boomslang by riflestocks.co.za voor.
Weskaap MG Riflestocks
Ooskaap Beyers hier op die forum.
Noord Kaap vir 243Songdaug hier op die forum.
Groete