Page 1 of 1

Geweer Permit vir Zim

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:26 pm
by Benji93
Hi Manne

Wil net gou hoor, watse SAPS dokumentasie het mens nodig om geweer in zim in te vat?

Julle terugvoer sal waardeer word,

Groete

Re: Geweer Permit vir Zim

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:36 pm
by henning
Benji93 wrote:Hi Manne

Wil net gou hoor, watse SAPS dokumentasie het mens nodig om geweer in zim in te vat?

Julle terugvoer sal waardeer word,

Groete
Uitvoer, invoer permit by jou naaste polisie stasie.

Groete

Re: Geweer Permit vir Zim

Posted: Wed Mar 11, 2015 9:09 pm
by Benji93
Dankie Henning,
Ruik hulle hom dadelik uit? Of hoe werk dit?

Re: Geweer Permit vir Zim

Posted: Wed Mar 11, 2015 9:42 pm
by Pappabeer
Benji93 wrote:Dankie Henning,
Ruik hulle hom dadelik uit? Of hoe werk dit?
Hang af hoe vuil jou plaaslike polisie stasie is, kan die uit ruik noggal n tyd vat.

As hulle eers die vorms in hulle hande het, is die uitryk gewoonlik binne n dag klaar. :laugh:

Wouter of Kopskoot was nou daar, hulle kan bevestig, maar as dit soos Namibiƫ of Botswana is het jy n jaguitnodiging uit Zim nodig met n adres op, sowel as die datums wat jy daar is, plus jou ID, lisensie en bevoegdheid, en afskrifte, en dan ryk hulle die tydelike in en uitvoer permitte uit. Jy kry dan jou tydelike Zim permit op die grens.

Re: Geweer Permit vir Zim

Posted: Thu Mar 12, 2015 11:02 am
by Johan van Wyk
Jy is veronderstel om `n tydelike uitvoerpermit binne 21 dae te kry. In baie gevalle wag jy egter langer. Plan B is om by die betrokke grenspos op te daag en te hoop die lid agter die toonbank is lus om jou te help met die permit. Ek sal liefs maar eerder lank voor die tyd aansoek doen en dinge in orde kry.

Aan die Zim kant is daar ook `n vorm of twee maar dit doen jy sommer op die grenspos. Gewoonlik gaan dit verbasend vinnig. Toe ek laas daar was moes mens vier afskrifte van die vorm voltooi, so maak seker jou pen het genoeg swart ink in.

Re: Geweer Permit vir Zim

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:31 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Johan is reg. As ek reg onthou is dit nou 21 werks dae voordat jy dit soek. Ek het laasjaar meer as 28 dae gewag en moes hom self gaan haal by John Vorster Plein. Ek het dit al gedoen by die lughawe oppad uit. Dit neem so 'n half uur.

Jy het 'n uitnodiging om te jag nodig aan die kant, of iets wat jou jag en reis datums bevestig. Dit is belangrik dat jou brief die reis datums ook wys omdat ek al gesukkel het om te verduidelik dat dit my twee dae se reis sou neem om by die jag kamp te kom en weer terug en dat die permit dus vir 'n langer tyd as net die jagdae moes wees.

Ek het al gehoor dat dit 'n dag kan neem maar ek vermoed daardie stasies reik die permitte self uit en dit is nie mer hoe dit "veronderstel" is om te werk nie. Destyds het die DFO op stasievlak uitgereik en dit is net by Pta op die stelsel gesit. Deesdae word dit deur Pta uitgereik en provinsiale kantoor toe gestuur waar jou stasie dit weer afhaal. Soos ek dit het....

In Zim vul jy 'n vorm in en wys jou uitnodiging en hulle reik daar uit by die grenspos. Neem jou eie vorms saam - jy kan van die net aflaai. Vul dit sommer vooraf in. As jy ry het nie al die grensposte die papiere nie. Ek dink dit is drie afskrifte.