Page 1 of 1

200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 3:57 pm
by Roger
Hi

Wat sal die kenners reken is n goeie teleskoop vir die volgende aplikasie:

200m groepering kompetisie
308win kaliber
Jag van tyd tot tyd
Maks van R8-10k

Dankie,
Roger!

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:00 pm
by FCLoretz
koop my tasco 4x40. Ek sal jou goeie deal gee. Heelwat minder as jou voorgestelde budget. :):D

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:01 pm
by Capt. Yoda
Hang maar af van watse minimum vergroting jy gemaklik is om meer te jag. EK sou se 6-24 sou mooi werk
Dalk die bul http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=19&t=39189

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:12 pm
by Roger
FCLoretz wrote:koop my tasco 4x40. Ek sal jou goeie deal gee. Heelwat minder as jou voorgestelde budget. :):D
Ek het ook een, sit hulle by mekaar dan het ek n 8x80?

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:16 pm
by FCLoretz
Roger wrote:
FCLoretz wrote:koop my tasco 4x40. Ek sal jou goeie deal gee. Heelwat minder as jou voorgestelde budget. :):D
Ek het ook een, sit hulle by mekaar dan het ek n 8x80?
Ek hou van hoe jy dink.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:19 pm
by NEGE3
200 meter is nou nie so ver nie. 'n Goeie 3-9 of 4-12x50 behoort te werk.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:23 pm
by Roger
Dankie julle.

Watter maak? Ek kyk na Vortex of Rudolph dalk?

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:25 pm
by NEGE3
Altwee baie goed.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:28 pm
by FCLoretz
Roger wrote:Dankie julle.

Watter maak? Ek kyk na Vortex of Rudolph dalk?
Ek sal Vortex koop, of 'n leupold en selfs Zeis as dit binne die prysklas val.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:31 pm
by Reggie Gerber
Roger

Min 16x met lekker 50mm voorste lens. Vortex bied goeie opsies

Groete

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:48 pm
by Roger
Dankie, ek kry Vortex teen goeie pryse, so ek dink aan die Viper 6.5-20x50 30mm SF MOA

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 5:03 pm
by joe rocket
Koop n hawke 8x32x56 op 200m sien jy die teiken baie mooi prys so R 6300

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 5:13 pm
by tripodmvr
Ek wou die 6-24x44 voorstel. (R3500). Ek kon my 243 se gate op 300m sien. Baie scope vir min geld. Koop sommer 2 in jou begroting. 'n Objektief van 56 is vir donker toestande in woude. Met 'n skietlig is 44mm heel voldoende en ook goed genoeg vir normale ligtoestande in SA.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 5:28 pm
by Fanta300
Het ook Hawke 6-24. Werk baie lekker en jy gaan kleingeld oor hê

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 5:35 pm
by Roger
Ek het n 8,5-25x42 tactical. Werk goed, maar van 20x vergrooting raak dit melkerig.
Ek het hom nou terug gestuur om te laat regmaak of vervang. Ek soek nou ietsie bietjie beter.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 7:58 pm
by tripodmvr
Jy sê nie wat se maak dit is nie?

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:36 pm
by Roger
Hawke

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:39 pm
by joe rocket
Hawke ruil n scope om maak dit nie reg nie.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:44 pm
by henning
Roger wrote:Dankie julle.

Watter maak? Ek kyk na Vortex of Rudolph dalk?
Ek het Leupold gehad en toe na Vortex gegaan, baie meer waarde vir jou geld en daar is glad nie so n groot verskil in kwaliteit nie.
Soos die jagters maar is verkies hulle die een scope bo die ander maar feit is dat die verkillende maake nogal redelik na aan mekaar perform en jy nie n duidelike skeid lyn kan trek tussen moderne scopes nie.
Nou moet julle my maar pak gee as ek dit nodig het.

Groete
Henning

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:46 pm
by Roger
Ek het Leupold VXL 4,5-14x56 Varmint reticle op my 338.

Baie goeie scope.

Re: 200m groep

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:46 pm
by Roger
joe rocket wrote:Hawke ruil n scope om maak dit nie reg nie.
Bly om dit te hoor