Page 1 of 1

Billike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 3:57 pm
by weleehum
So, nou al lank gesukkel, maar kry nie 'n billike jagplek nie. Ek is opsoek na iets met goeie pryse op klein diere. Stel net belang in Rooibokke, Sringbokke, V varke, Blesbokke en ribbokke. As die pryse baie goed is, kan ek dalk vir 'n gemsbok of B wildebees ook gaan. Mens eet nie horings nie, so soek 'n plek vir biltong jagters. Dalk goeie ooi pryse

Walk en stalk is my ding. Pryse kan bietjie hoër wees, as dit in Mpumalanga is, maar indien dit ver is, moet pryse goed wees. Wil nie graag meer as 400km ry nie. Het gedink aan plekke in Hoedspruit of omliggende area vir bos jag, of dalk lothair, carolina se kant toe vir vlakte.

Ek is in Nelspruit. Enige verwysings sal baie waardeer word. Moet begin contacts opbou.

Dankie ouens!!

Re: Bullike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:41 pm
by Boesman10
Hi Weleehum - Met al daai kondisies wat jy stel het jy nie al gewonder hoekom jy nog nie n plek gekry het nie :-) Voorspoed en moet asb nie die plek se naam vir jouself hou as jy hom gekry het nie.... :-) :-) ;-)

Re: Bullike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 4:47 pm
by Nickvn
Is dit n BULlike jagplek waar jy net bulle jag of net n billike plek waarna jy soek? >:+ >:+

Trek net jou been..... ;D

Re: Bullike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 5:09 pm
by DWB
Probeer Holnek game farm op Lothair

Re: Bullike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 6:56 pm
by Dries101
DWB wrote:Probeer Holnek game farm op Lothair
Met daai naam gaan pryse taai wees....Betaal n man deur die h@l of deur die nek.?

Re: Bullike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:21 pm
by Johan Nel
Dries101 wrote:
DWB wrote:Probeer Holnek game farm op Lothair
Met daai naam gaan pryse taai wees....Betaal n man deur die h@l of deur die nek.?
Nee...as die bok hol na die skoot dan betaal jy deur jou nek... >:D
Alle grappies op 'n stokkie, Holnek is 'n lekker jagplek. Ek dink net as hy nou nog nie daar bespreek het nie gaan hy nie hierdie jaar daar regkom nie. Hulle is vroeg reeds volbespreek.
Nickvn...jy sê niks...of is jy skrikkerig... :angel:

Re: Billike Jagplek

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:47 pm
by James Wilson
Maater die jagplek wat jy beskryf, is soos die tuin van Eden. Jy het n paar voorwaardes, hoop jy kom reg. Laat weet as jy n plaas kry wat by jou pas. Ek gaan ook daar wil jag

Re: Billike Jagplek

Posted: Mon Mar 16, 2015 7:48 am
by weleehum
Dankie Julle. Holnek lyk na 'n lekker plek. Sal uitvind of hulle dalk nog 'n naweekie oop het vir ons. Enige ander plekke dalk? Lekker bosjag in Hoedspruit?

Re: Billike Jagplek

Posted: Mon Mar 16, 2015 8:44 am
by Johan Nel
In ManMagnum tydskrif is daar 'n plek in Balfour wat jagte adverteer.