Page 1 of 2
Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 2:44 pm
by Capt. Yoda
Yes manne
Dit is nou daai tyd van die jaar waar die blare mooi bruin begin raak en jou tuin ingeneer lekker besig hou.My laaiti vra my nou elke dag hoe koud moet dit nou word voor ons gaan jag.
Daar is nou al n wanne gaan jy jag en watse wild gaan jy jag draat so kom se vir ons watse geweer, kaliber en koel gaan jy die jaar gebruik op jou jag.Jy is welkom om n foto ook by te sit van jou geweer.
Blesbokke gaan die jaar 243 kry.
Sako 243
Rudolph V1 6-24x50
95gr Nosler Ballistic tips
Koedoe en rooibok in die bosvled
Sako 375H&H
Zeiss conquest 4.5-14x44
270gr Swift A-Frame
Sal die roer se eerste bok wees as hy saam gaan
Gemsbokke
Sako 30.06
Rudolph V1 6-24x50
175gr Berger (nog nie 100% besluit watse een)
Miskien Springbokke in Griekwastad
Sako 300WM (hoor daai SB staan nie naby nie)
Rudolph V1 6-24x50
180gr Swift
en bq varke met die 243 en Kriek koels en as hul mooi ver wil staan Bergers.
Dit is die plan maar ek het al beplan om met paar gewere te skiet ander winters ook en op die einde skiet net die 243 en 30.06
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 2:56 pm
by VdWalt
Die 300 het nou die dag sy kans gekry met die blesbok en die 165gr GMX.
Eerste keer wat ek regtig vleis skade met hulle gekry het, maar ek het hom op die
skouer knop geskiet - ek dink die stukke bene was die skuldiges gewees.
BWB met die 6.5 en 140gr North Fork - weet nog nie waar nie.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:11 pm
by Swede
VdWalt wrote:Die 300 het nou die dag sy kans gekry met die blesbok en die 165gr GMX.
Eerste keer wat ek regtig vleis skade met hulle gekry het, maar ek het hom op die
skouer knop geskiet - ek dink die stukke bene was die skuldiges gewees.
BWB met die 6.5 en 140gr North Fork - weet nog nie waar nie.
Hopelik deur die hart of brein

.
Gaan die 150gr TTSX probeer vir die eerste keer in die 30-06, Kudu en rooibok.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:15 pm
by VdWalt
Swede wrote:VdWalt wrote:
BWB met die 6.5 en 140gr North Fork - weet nog nie waar nie.
Hopelik deur die hart of brein

.
Ek het nogal gedink ek maak my oop vir 'n hou hier .... beslis hart of
longe of hart en longe. Ek bewe te veel om kopskote te skiet.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:20 pm
by Swede
VdWalt wrote:Swede wrote:VdWalt wrote:
BWB met die 6.5 en 140gr North Fork - weet nog nie waar nie.
Hopelik deur die hart of brein

.
Ek het nogal gedink ek maak my oop vir 'n hou hier .... beslis hart of
longe of hart en longe. Ek bewe te veel om kopskote te skiet.
Ek is ook maar huiwerig vir die kopskote

Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:25 pm
by tripodmvr
VdWalt wrote:
BWB met die 6.5 en 140gr North Fork - weet nog nie waar nie.
Waar kry jy die NF koeƫls in die hande en teen watter prys?
Ek gaan my 30-06 en die 7x64 volgende week skiet om ladings te ontwikkel. Gaan met Barnes jag - beide 150gr. Sal ook na GS se koele in 7mm kyk.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:45 pm
by VdWalt
Ek koop hier by Wim (African Leadwood) op die forum. Ek kan nie presies
onthou wat ek vir hulle betaal het nie maar dit was duur, maar hulle werk!!
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 3:54 pm
by Heinz Petersen
Vir die Springbokke en Koedoes 243AI met 87gr vmax.
Vir afleiding op die Dassies .22
Vir windgat en spog, die TOMBI om bel afstand teikens te skiet.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 4:17 pm
by Hein22
Die Jaar is dit ek en my 7x57 se jaar. Gaan skiet met 155gr Frontier Spartans. Sal maar nog kyk wat waag voor ons verby loop.

Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 6:58 pm
by RugerBoy
Die 45-70 staan nog net in die kluis, sal sy eerste trip jagveld toe wees die jaar.
Ruger No 1
350gr Hornady's teen 2050vps
Leupold VX 2 3-7x33
2xBWB!!!
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 7:12 pm
by joe rocket
30-06 165 grein gmx'e. Teleskoop zeiss 5x25x50. Bokke, Gemsbok,springbok,Blesbok en enige iets anders wat verby kom. Miskien n kudu bulletjie met die 54 cal lyman,gelaai met 85gr. Ffg 250 grein lood balletjie.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 7:18 pm
by Baasvark
Bosveld:
Kudu, rooibok, vlakvark en bosbok - .375 en 7x64.
Vrystaat:
Swb, blesbokke, rooihartebees - .243 en 7x64.
Later bwb - .375.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 7:21 pm
by Finfan
Ekt darem in die laaste 2 weke 1 Sprinhbok en 3 Belsbokke gekap met Sako 243 met Leupold VX3 6.5-20x50 met 87 Berger VLD. Ongelukkig is dit al wat ek voor kans gaan he aangesien ek volg week terug Oz toe vir 6 maande.

Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 8:24 pm
by Supacow
Shock hulle!
243 plesier
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 8:33 pm
by henning
Julle moet maar lekker skiet in julle dingese in want ek kan nie verlof kry om hierdie jaar te skiet nie maar, ek gaan julle skiet saam julle geniet.
groete
Henning
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 9:01 pm
by Baasvark
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 10:10 pm
by Cornelius
Manne hoop nou nie julle gaan my uithaal weens kaliber nie maar hier is my planne...
My eerste jag in Vaalwater se wereld wil ek my 500 Jeff oop visier met Bertram 535gr inlyf op BWB Bul of twee. Hopelik ek dan al my kaartjie. Daarna wil ek CZ 375 H&H laat saam ry na Baltimore met 300gr TSX. Daarna my Bowtech Destroyer boog na Pongola en dan laastens maar nie die minste my CZ 7 mm Rem Mag met 150gr TTSX na Noord Kaap vir Springbok en Gemsbok.
Die draad maak my lus vir jag nou!!
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Wed Mar 11, 2015 10:38 pm
by Heinz Petersen
Cornelius wrote:Manne hoop nou nie julle gaan my uithaal weens kaliber nie maar hier is my planne...
My eerste jag in Vaalwater se wereld wil ek my 500 Jeff oop visier met Bertram 535gr inlyf op BWB Bul of twee. Hopelik ek dan al my kaartjie. Daarna wil ek CZ 375 H&H laat saam ry na Baltimore met 300gr TSX. Daarna my Bowtech Destroyer boog na Pongalo en dan laastens maar nie die minste my CZ 7 mm Rem Mag met 150gr TTSX na Noord Kaap vir Springbok en Gemsbok.
Die draad maak my lus vir jag nou!!
Ek wil jou nie uithaal nie, maar ek sien jy wil seker maak jou bokke gaan val, al skiet jy voor hulle in die grond vas.

Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 6:10 am
by vossie1
Ek is nou in nuwe jagwereld. Bosveld
Eerste keuse sal wees.
375 H&H vir Bwb 300 gr Peregrine
300 H&H. Vir rooibok. 168gr barnes ttsx
260 rem vir teiken en as ek kans kry op blesbok en springbok
222rem vir ape en ongediertes
303 vir varke
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 6:50 am
by JvB
Ek gaan die jaar vir die eerste keer my cz 375 H&H gebruik, ek skiet met barnes X 235 gr TTSX. Die wild wat ek gaan skiet is
'n zebra, bwb en koedoe. Die 308 gaan ek skiet met barnes X 168 gr TTSX en die wild is vlakvark en rooibok.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 7:43 am
by FrancoisW
Die draad maak my lus vir die veld!!!! lekker kondensmelk koffie voor die son sy gesig uit steek.....
Ons eertse jag is n Mcnab in die Vrystaat. 12br vir voels, 222 vir springbokke en 30-06 vir swartwildebees
Later is bosveld jag. 375 vir eland bul.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 7:58 am
by Eduard Venter
Eland en rooihartbeeste/koedoe en rooibokke met .308 en .30-06 met 180gr Afrian Elite. Baie varke met .243 100gr PMP bruin pak. En natuurlik die haelgeweer vir die stoute diere soos die ystervarke en vlakvarke ook met slugs. Dis nou alles in die bosveld op my pa se plaas. Dan ook dalk so 1 of 2 springbokkies in die vrystaat. Ek is genooi om hulle verniet te skiet maar sal kyk of ek tyd kry. Sal die .243 saamvat of met die oom se .223 skiet.
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 8:45 am
by 30-0Kwes
Hier is my plan:
Rooibokke - 30-30 met 170gr Sierra Pro Hunter
SWB - 30-06 met 165gr Sierra Game kings
Blesbokke - 243 met 85gr Sierra Game Kings
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 9:12 am
by JohanvB
375 Ruger Hawkeye Alaskan...250gr Frontier Spartans...sal nog sien wat voor hom gaan inloop
300WM....180gr Frontier Spartans...ja...wat my ookal wil aanval..
Solank ek die jag geniet is al wat saak maak..
Re: Watse yster ry saam die jaar?
Posted: Thu Mar 12, 2015 9:35 am
by Omnia
25 06 , 117 gr Siera's (47gr) , Boat tail Gamking . Springbokke , Rooibokke en as moontlik 'n mooi 3 draai horingtjie.